Moed In Die Uithoeke Van Die Wêreld

deur amandacunningham| April 25, 2018 |

Hierdie is ‘n gesig van moed. Vicky en haar man het saam met hulle vier kinders hulle gemaklike lewe in die VSA agtergelaat in ruil vir ‘n nuwe lewe aan die anderkant van die wêreld in oproep van God se roepstem. Haar man is ‘n pastoor.  Hulle het geroepe gevoel om na Myanmar te verhuis waar hulle missie sou wees om die plaaslike Christene se geloof te help versterk.

“Ek het meer as 2 jaar gelede afgekom op Love God Greatly, terwyl ek vir ‘vers-vir-vers’ Bybelstudies gesoek het. Voordat ons na Myanmar vertrek het, het ons ‘n studiegroep begin via teks vir besige mammas wat nie kon tyd maak om ‘n Bybelstudie by te woon nie. Die groep het verbasend vinnig gegroei en kort voor lank het ons vroue uit Indiana, Ohio en Kalifornië ook in die groep gehad. Tans het ons ook vroue uit Texas, Nevada en selfs Duitsland! Ons is gek daaroor! “

Met hulle aankoms in Myanmar, het Vicky en haar gesin gou die ernstige gebrek aan ‘n stewige fondament in die plaaslike Christelike gemeenskap besef en hulle het begin soek na meer hulpbronne wat hulle kon help in die bediening van God se Woord. Hulle het ‘n Engelse studie begin vir die vroue van die plaaslike kerk, waarvan die helfte Birmaans-sprekend was en die ander helfte Engels-sprekend.  Baie van die Birmaanse vroue kon glad nie Engels praat nie.

Vicky het geweet dat dit ‘n groot onderneming sou wees vir haar span om ‘n Love God Greatly studie in Birmaans te vertaal. Sy het vroue van verskillende stamme reg oor Mianmar geken en geweet dat ‘n studie in Birmaans veelsydig sou wees en so baie van hulle sou kon bedien. Toe sy besef dat hulle Love God Greatly se  gratis hulpbronne kon gebruik en hulle vertalings maklik kan versprei deur LoveGodGreatly.com, het hulle besluit om dit te probeer!

Die verskaffing van studies wat ons teen geen addisionele kostes kon vertaal, was ‘n seëning van Bo. Daar was ander plekke wat ons toegelaat het om hulle hulpbronne te vertaal, maar ons moes betaal vir die digitale lêers. Ons kon nie ekstra uitgawes bekostig nie, omdat ons sendelinge in ‘n vreemde land is. Ons het ook geweet dat baie vlugtelinge in die VSA ook voordeel sou trek uit hierdie Love God Greatly vertalings.

In ‘n land wat hoofsaaklik Boeddhisties is met ‘n hoë vlak van godsdienstige vervolging, het Vicky en haar span die hele boek van Jakobus deur Love God Greatly vertaal en hulle het twee studiegroepe suksesvol voltooi!

“Ek is regtig baie geseënd deur die studies en so ook al my vriende. Hulle wandel met die Here is verander deur julle vers-vir-vers-studies van die Bybelboeke. Dankie dat julle ons help om ander te bedien wat honger is vir die Woord van God.”

Hulle het so baie van die studie gehou dat hulle tans bid oor die vertaling van ‘n nuwe studie! Sal u saam met ons bid vir hulle span en vir die kosbare vroue wat hulle bedien? Bid asseblief dat dit die Here se wil is vir hulle en dat Hy vir hulle deure sal oopmaak! Dankie!

_________________________________________________

Liewe vriendinne, Vicky se getuienis illustreer ons hartsbegeerte om mede-Christene, sendelinge en predikante regoor die wêreld te help deur middel van ons vertaalde hulpbronne en dit maak ons harte warm! Ons is passievol daaroor om laste ligter te maak en hindernisse tussen God se Woord en sy dogters af te breek.

As jy wil deel in die uitbreiding van God se Woord, deel asseblief ons hulpbronnen met diegene wat mense in verskillende tale bedien! As jou kerk, pastoor, sendeling vriend of dalk ‘n vriend wat in die buiteland woon, seën sal ontvang in die gebruik van ons hulpbronne, sal ons so dankbaar wees as jy ons in verbinding met hulle kan plaas!  Epos ons vir hulp by [email protected].

Alternatiewelik, as jy wil help om die Woord en Bybel hulpbronne te vertaal en sodoende vroue oor die wêreld heen in hulle eie taal te bereik, los asseblief ‘n boodskap in die kommentaar hieronder en spesifiseer in watter taal jy spesialiseer. Ons vertalers vertaal nie net die Bybelstudies nie, hulle verleen ook ondersteuning deur sosiale media bladsye, groepe, blogs en MEER!  Hulle het jou hulp nodig as jy gewillig en in staat is.  As jy twee- of drietalig of selfs meer is, dalk ‘n aanleg vir grafiese ontwerp het, tegnologie en mentorskap, sal ons graag saam met jou wil werk!

Jy kan met een van ons LGG takke in verbinding tree deur die skakels hieronder en so help om vroue oor die wêreld heen in kontak met God se Woord te bring deur middel van ons Bybelstudies.

 

  1. AFRIKAANS

Die Afrikaans studiejoernaal en leesplan kan hier afgelaai word. https://liefgodgrootliks.wordpress.com/studies/

Webwerf: https://liefgodgrootliks.wordpress.com

Facebook bladsy link https://www.facebook.com/Lief-God-Grootliks-717623225000335/

Instagram/Twitter/Pinterest links: https://za.pinterest.com/liefgodgrootlik/      https://www.instagram.com/liefgodgrootliks/

Studiegroep links: https://www.facebook.com/groups/velia.basson/

YouVersion studie is beskikbaar in Afrikaans

e-posadres– [email protected]

Die Afrikaans studiejoernaal en leesplan kan hier afgelaai word. https://liefgodgrootliks.wordpress.com/studies/

  1. BULGAARS

Facebook bladsy  – Обичай Бог Всеотдайно – LGG Bulgaria 

  1. TSEGGIES

Facebook bladsy –  Miluj Boha Nesmírně  – http://Facebook.com/MilujBohaNesmirne

  1. CHINESE

Chinese Facebook bladsy – 愛主更深事工

  1. NEDERLANDS

Webwerf –  https://lovegodgreatly-nederlands.blogspot.nl/

Facebook bladsy –  https://www.facebook.com/LGGNL/ 

  1. FRANS

Facebook Bladsy – https://www.facebook.com/ToutPourJesusLGG

Webwerf  – https://toutpourJesusLGG.blogspot.com

  1. DUITS

Facebook bladsy – Am Herzen Gottes  https://www.facebook.com/AmHerzenGottes/ 

  1. GRIEKS

Facebook groep – https://www.facebook.com/groups/826563960806227/

  1. HAUSA

Facebook: https://mobile.facebook.com/lovegodgreatlynigeria/

WhatsApp groep kontat – +2348039561559

instagram: @lovegodgreatlynigeria

  1. HONGAARS

Webwerf –  https://www.szeresdnagyonistent.hu/

Facebook Bladsy –  Szeresd Nagyon Istent – LGG Hungary  https://www.facebook.com/Szeresd-Nagyon-Istent-LGG-Hungary-131310280372910/

  1. INDONESIES

Webwerf – www.cintatuhansesungguhnya.wordpress.com

Facebook Bladsy  – Cinta Tuhan Sesungguhnya – LGG Indonesia www.facebook.com/LGGIndonesia

Instagram – www.instagram/lggindonesia

Twitter – www.twitter.com/lggindonesia

YouVersion studie is beskikbaar in Indonesies

  1. ITALIAANS

Facebook Bladsy – Ama Dio Grandemente

Instagram: lovegodgreatlyitalia

Pinterest: AmaDioGrandemente

  1. POOLS

Facebook Bladsy – https://www.facebook.com/KochajBogaNiezmiernie/

IG – https://www.instagram.com/kochajboganiezmiernie/

Kontak e-pos – [email protected]

  1. PORTUGEES

Facebook bladsy: Amando a Deus Grandemente

  1. ROMEENS

Facebook Bladsy – Love God Greatly România https://www.facebook.com/lLoveGodGreatlyRomania/?ref=br_rs

  1. SLOVENIES

Facebook Bladsy – Ljubi Boga močno – https://www.facebook.com/Ljubi-Boga-mo%C4%8Dno-899084280167235/?fref=gc&dti=311456562366311&hc_location=ufi

  1. SPAANS

Webwerf –  www.amaaDiosgrandemente.com

Facebook bladsy –  https://www.facebook.com/AmaaDiosLGGespanol/

——————-

LGG Spaans vir jong vroue

Webwerf –  www.jovenesadg.com

Facebook Bladsy –  Jóvenes ADG – https://www.facebook.com/JovenesADG/

——————-

LGG Spaans vir kinders

Facebook Bladsy  – Chicos y chicas ADG –

https://www.facebook.com/chicosychicasADG/

Die Vertaalde studies kan hier afgelaai word

https://lovegodgreatly.com/lgg/thessalonians-bible-study/

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse