Meer opwindende Love God Greatly NUUS!!!

Meer opwindende Love God Greatly NUUS!!!


deur Angela | Aug 24, 2015 | Love God Greatly Posts

Ohhh vriendinne

Ons het so baie opwindende dinge nou hier by Love God Greatly (LiefGodGrootliks) aan die gang! In minder as ‘n maand sal ek 20 vroue by my huis in Dallas onthaal vir ‘n week lange internasionale opleiding intensief, en dit is alles as gevolg van U !

As gevolg van die groot sukses van You are Loved (Jy is Geliefd) – Bybelstudie, het ek al my opbrengste geneem en vliegkaartjies gekoop vir ons Love God Greatly vertalers en leierskap span. Hulle sal na Dallas uitvlieg vir ‘n week gevul met ongelooflike dissipelskap en leierskap opleiding – alles gerig om hulle beter toe te rus om hul nasies met God se Woord te bereik.

Hoekom?

Want dit wat ons hier by Love God Greatly doen - die verskaffing van Bybelstudies en gereedskap om vroue te help om in God se Woord te grawe en dit te lees vir hulself – is belangrik – In werklikheid, dit is lewens verandering.

Ons glo dat God ‘n nasie kan verander deur middel van EEN vrou soos sy grawe in God se Woord: vers vir vers, dag vir dag… in haar EIE taal.

Een vrou, een familie, een gemeenskap,.. een nasie.

So in plaas daarvan om in dinge te belê, kies ons om in HULLE te belê

Ons sal saam bid.

Saam Goed soek

Saam Droom

Ons sal tyd spandeer om te dink aan beter maniere om die vroue in ons lande met God se wonderlike Woord te bereik – want laat ons eerlik wees – aan die einde van die dag, is dit al wat gaan duur : Sy Woord en Sy mense. Ons wil ons tyd en hulpbronne belê in wat sal duur vir ewigheid.

Hier by Love God Greatly word al ons Bybelstudies vertaal – baie van hulle in minstens 10 verskillende tale – en word GRATIS weggegee. Ons doen dit omdat ons glo dat God se Woord verander lewens wanneer vroue leer om dit te lees vir hulself en dit toe te pas op hul lewens.

Soos altyd, sal al ons studies gratis beskikbaar wees vir aflaai en druk. Maar … julle het gepraat en ons het geluister! Na afloop van die You Are Loved(Jy is Geliefd) – Bybelstudie het so baie van julle ons gekontak en het gehou van die gerief van die aankoop van die studie in boekvorm in plaas om dit uit te druk op jou eie.

As gevolg van julle terugvoer, het ons ook ons komende studie in Galasiërs beskikbaar gemaak vir die aankoop op Amazon (Net die Engelse Studie). Weereens, sal alle winste gaan om ons Love God Greatly bediening te ondersteun.

Ons nuwe 108 - bladsy Galasiërs Studie Joernaal is in vol KLEUR en kom kompleet met :

• weeklikse Bybel leesplanne

• geheue verse

• persoonlike uitdagings

• daaglikse SOAP joernaal bladsye

• weeklikse gebedsfokus

• weerspieëling vrae en meer!


(Klik hier as julle die Engelse Galasiërs Studie Joernaal wil koop)

Ons nooi jou uit om saam met ons te joernaal gedurende hierdie ses – week studie wat op 7 September begin soos ons saam deur die boek van Galasiërs loop… lees en skryf wat God in ons harte praat soos ons Sy Woord ‘n prioriteit in ons lewens maak.

Vir diegene wat eerder ons nuwe Galasiërs Studie Joernaal wil uitdruk, sal dit volgende week GRATIS beskikbaar wees wanneer ons ook al ons Galasiërs Studie Joernaal vertalings van stapel stuur!

Meer as enigiets anders, sal ons die julle JOU GEBEDE waardeer soos ons voortgaan om voor te berei vir die komende internasionale intensief wat HIERDIE September 23-29 kom.

Love God Greatly!



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse