Maak Tyd vir God

Maak Tyd vir God

deuAngela | Jun 16, 2015 | Love God Greatly PostsPsalms 119


Ek sal regtig eerlik met jou wees - ek kan nie sê wanneer ek nie in God se Woord was soos ek moet wees nie.

Stres en vrese begin my gedagtes oorrompel en in plaas daarvan om te mediteer op die Skrif, begin ek peins oor die"wat as" van die lewe. Die fokus van my lewe begin weg skuif van God na my toe.

Soos my blik weg draai van God, so ook my vertroue, my moed, en my hart.

Om verbind te wees aan die gewoonte om daagliks in die Skrif te wees is 'n spel verandering vir my. Om in God se Woord te wees bring my terug na wat regtig saak maak in die lewe en Wie werklik in beheer is... en dit is nie ek nie.

My persoonlike gebed vir hierdie studie is dat ek na hierdie agt weke in Psalm 119 meer verlief is met God se Woord as toe ek begin het. Ek wil liefhê, waardeer en mediteer op die Skrif soos hierdie Psalmdigter .

Soos ons kyk na Psalm 119: 10-16, sien ons hoe die skrywer met die Skrif interaksie gehad het deur die woorde of frases wat hy gebruik het. Woorde soos :

Ek soek…

Ek kryp weg…

Ek lof…

Ek tel oor…

Ek juig…

Ek mediteer…

Ek verheug…

Die punt is, hy het tyd gemaak om in God se Woord te wees. Dit was 'n keuse wat hy elke dag gemaak het.

Ten einde God te soek, Hom loof, en vreugde in Hom vind… moet ons, tyd maak vir God in ons besige lewens

Vir sommige beteken dit om 'n bietjie vroeër op te staan. Vir ander, sal dit beteken om bietjie later op te bly. Dit kan beteken om die TV af te skakel, ons selfone of rekenaars, en in plaas daarvan ons Bybels oop maak.

Wat dit ookal vir jou beteken, die waarheid van die saak is, ons nodig het om in die Skrif te wees.

” Ek het nog nooit ‘n sterk Christen geken wat nie veel Skrif gememoriseer het nie. Daar is ‘n rede hiervoor. God het geloof ontwerp om die hele dag lank te voed aan die beloftes van die Skrif . “- John Piper .

Daar is meer dae as wat ek wil erken waar ek myself vind, tyd spandeer op soek na die lof van my maats eerder as Syne. Dae waar my genot meer gefokus is op die wêreld eerder as op wat die ewige is .

As ek ‘n nalatenskap van geloof vir die volgende generasie wil nalaat om te volg moet ek God se Woord bewaar in die hede. Ek het nodig om nou tyd te maak vir dit… nie later nie.

Om tyd in God se Woord te belê het die grootste persentasie van opbrengs: ‘n lewe wat groei in heiligheid wanneer die Skrif nie net gelees word nie, maar ook geleef word. Hoe kan ‘n vrou haar pad suiwer hou? Deur lewe volgens jou woord ( vs. 9 , geparafraseer ) ..

Vandag Ek wil graag net 'n paar eenvoudige maniere met jou deel van hoe jy God se Woord voor jou die hele dag kan hou:

1. "Safe" ons LGG memoriseer verse op jou selfoon.

2. Druk ons memoriseer vers kaarte uit en vertoon dit in die huis rond . (Hier beskikbaar)

3. Hou jou Bybel oop in jou kombuis en lees daaroor terwyl jy kook.

4. Plak die memoriseer verse of "Post-it" notas aan jou badkamer spieël .

Hoe kan JY God se Woord hou aan die voorkant van jou? Neem ‘n foto en deel dit op Facebook, Twitter of Instagram ( en maak seker om ons te “tag” … #LoveGodGreatly ) !

Hierdie is net ‘n paar voorstelle … Ek is seker dat julle almal baie meer het. Deel jou idees in ons kommentaar afdeling – ek sou graag wil sien wat jy by hierdie lys byvoeg!

Gebed

Liewe Jesus

Dankie vir U Woord. Dankie vir hoe Jy met ons praat deur dit. Help ons om na dit te dors, na dit te soek, dit weegstek, mediteer daaroor en verheug daarin. Groei ons liefde vir U Woord deur middel van hierdie volgende agt weke. Help ons om dieper te grawe in die Skrif … die verborge skatte te soek wat slegs aan die lig gebring word deur tyd goed bestee.. Help ons om meer tyd met U te begeer, as die afleidings van hierdie wêreld. Mag ons harte sag wees en ons oë gefokus op U. Groei ons begeerte vir U en U Woord.

Love God Greatly!



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse