Luister na Hom

Luister na Hom

Deur Jen / 12 Maart 2021 / Markus

Kan jy jou voorstel dat jy saam met ’n paar vriende teen ’n berg opgaan en skielik begin een van jou vriende se klere blink skyn?! Dan verskyn daar twee ander mense uit die bloute en ’n stem begin uit die lug praat? Dit klink soos iets wat jy in ’n fantasiefliek sou vind.

Dit is wat Petrus, Jakobus en Johannes beleef het die dag toe hulle saam met Jesus ’n berg opgegaan het. Skielik het Jesus se klere intens wit geword, “spierwit soos niemand op aarde dit kan maak nie.” (Markus 9:3). Toe verskyn Moses en Elia en hulle begin met Jesus praat. Wens jy ook dat ons geweet het waaroor hulle gepraat het?

Die mees ongelooflike was die stem wat uit die hemel gekom het, die stem van God die Vader wat oor sy Seun praat. Daar is soveel dinge wat die Vader oor Jesus kon gesê het, maar wat Hy gesê het, was eenvoudig en tog so belangrik.

“Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.” Markus 9:7

Dit is My Geliefde Seun.

Onmiddelik het God die Vader, Jesus as sy Seun verklaar. Daar is nie meer gewonder of geraai wie Jesus is nie. As Petrus, Jakobus en Johannes steeds enige twyfel in hul harte gehad het, sou dit dadelik uitgewis gewees het. Jesus is die Seun van God, die groot EK IS, Skepper van alles en Heerser oor wat Hy gemaak het.

God het Hom verklaar en daarom moet ons ook. Ons moet bid dat God enige twyfel wat ons mag ervaar oor wie Jesus is, sal uitwis. Ons moet vasstaan op die wete dat Jesus Christus die Verlosser van die nasies is, sodat ons dit met vrymoedigheid aan diegene wat God in ons lewens plaas, kan verkondig, en dat ons geloof nie geskud sal word nie.

Luister na Hom.

Die tweede ding wat die Vader oor Jesus gesê het, is dat ons na Hom moet luister. Ons moet noukeurig let op wat Jesus leer. Ons moet seker maak dat ons nie by sy Woord byvoeg of daarvan wegneem soos die Fariseërs gedoen het nie. Wees versigtig met reëls wat deur die mense gemaak word en wat aan ander as goddelike wet voorgehou word. Wat het Jesus geleer? Wat sê die Bybel? Dit en net dit moet ons reël vir die lewe wees. Om na Jesus te luister gaan nie net daaroor om te hoor wat Hy sê nie, maar ook om te doen wat Hy sê. Gehoorsaamheid is deel van om te luister na Jesus. Dit wys ’n hart wat lief is vir sy leer, want dit weet dat wat Jesus sê en onderrig, goed is.

Dit klink miskien eenvoudig, maar dit is moeilik. In werklikheid so moeilik dat ons dit nie alleen kan bereik nie. Die sondes in ons lewens is sterker as ons wilskrag om Jesus te gehoorsaam. Ons het sy hulp en krag nodig. Ons het ’n wonderlike God, wat ons nie net wys hoe om te leef nie en wat ’n Verlosser voorsien om ons van ons sonde te red, maar wat ons ook die krag gee om te doen wat ons geroep is om te doen.

Kyk na Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse