Deur Angela | Desember 12, 2017
Liewe vriende, baie van julle is nou al ‘n paar jaar saam met Love God Greatly, maar ander van julle is nuut, so vir diegene wat nuut is by Love God Greatly, wil ek graag hierdie video deel wat die hart en passie van hierdie ongelooflike bediening verduidelik.
Hier is ‘n paar belangrike feite oor Love God Greatly vir ons nuwe vriende:
Ons is meer as net ‘n vroue Bybelstudie bediening…
Ons streef daarna om gemeenskappe van vrouens te bou wat gesentreerd is rondom God se Woord hier in Amerika en reg oor die wêreld.
Sover het ons meer as 20 Bybelstudies wat in 18+ tale vertaal is…alles met die hoop en gebed dat vrouens rondom Sy Woord sal bymekaarkom in hulle eie tale en gemeenskappe sal bou wat mekaar liefhet, mekaar ondersteun, en die belangrikste, ‘n passie sal hê om God op ‘n dieper vlak lief te hê.
Love God Greatly breek taal struikelblokke en finansiële struikelblokke af, struikelblokke wat vroue daarvan weerhou het om toegang tot God se Woord te hê, deur Gratis Bybelstudies in meer as 18 tale te voorsien.
In die komende weke sal julle getuienisse lees van die ongelooflike impak wat Love God Greatly nie net hier in Amerika het nie, maar reg oor die wêreld. Soos julle hierdie getuienisse lees, wil ek hê dat julle die volgende moet weet… dit is as gevolg van JULLE en al die ongelooflike vrouens by Love God Greatly! Vroue wat saam met ons staan deur hulle gebede en donasies vir L.G.G. of wat ons ondersteun deur ons Bybelstudie joernale te koop! DANKIE!!!
SAAM het ons ‘n ongelooflike impak op die lewens van vroue reg oor die wêreld, met God se hulp! Sluit by ons aan soos ons vier wat God alles in 2017 gedoen het!