Liefde Sonder Vooroordeel … ‘n Oproep Tot Aksie

Deur WhitneyD | Oktober 5, 2018 | Jona – Liefde Sonder Vooroordeel

Die oomblik toe ek my voete op die bus gesit het, het sy leë oë my aandag getrek.

Terwyl ons oppad was na ons uitstappie, het dit gelyk asof ek die een was wat misplaas was in die giggelende en energieke wêreld van graad drie leerlinge. Maar ek het dadelik besef dat hy eintlik die een was – ’n nege-jarige oppad negentien toe – wie se lewensomstandighede hom na ‘n heeltemal ander plek geneem het.

Geen metgesel by haar volle verstand sou aanbied om hierdie een aan te vat nie.

Hy was rusteloos en moeilik en opstandig. Onverbiddelik daarin om aandag te soek. Hy het na liefde gesoek op die enigste manier wat hy geweet het hoe.

Wanneer die groep in een rigting beweeg het, het hy die teenoorgestelde rigting ingeslaan.

Toe die onderwyser vir stilte vra het, het hy sy stem na ‘n hele nuwe vlak geneem.

Wanneer die klas probeer het om vordering te maak, het sy minagting elke keer enige vordering teruggehou.

Maar om een ​​of ander rede kon ek my oë nie van hom afneem nie. As niemand gekyk het nie, het hy net lank genoeg sy front laat sak sodat ek die stille verlange in sy oë kon sien.

Die verlange om gered te word. Om gesien te word, om geken te word, en om liefgehê en aanvaar te word ten spyte van alles.

Moenie oogkontak maak nie. As jy dit doen, sal dit net ingewikkeld raak.

Maar die Gees van God – soos Hy so dikwels sagkens werk – wou my nie laat wegkyk nie. Jesus sou ook nie weggekyk het nie.

Ek het tot op my knieë afgesak, in sy verlore oë gekyk en saggies gefluister: “Haai, ek sal graag vandag met jou wil deurbring.”

Hy was onseker.

Het iemand ooit uit vrye wil gevra om in sy wêreld te wees?

Maar bietjie vir bietjie is goedgunstigheid betoon.

Die lag sou kom.

Vertroue sou gewin word.

En woorde van die swaar en die seerkry het uiteindelik begin oorloop uit hierdie seun wat al meer in sy negejarige lewe ervaar het as wat ek in al my vier en veertig jaar gehad het.

Dit was nie gerieflik nie.

Dit was nie maklik nie.

Dit was nie populêr nie.

Maar dit was presies waar God wou hê ek moet wees …

Die Here is genadig en barmhartig, lankmoedig en oorvloedig in vaste liefde. Die Here is goed vir almal, en sy goedertierenheid is oor alles wat Hy gemaak het. “- Psalm 145: 8-9

Teen die tyd dat ons op die bus was oppad huistoe het, het sy persoonlike ruimte vernou en hy het nie gehuiwer om in die klein spasie van die die sitplek tussen my dogter en my te wriemel nie.

Toe hy vra wat ons die naweek sou doen, was my antwoord dat ons familie kerk toe sou gaan

My ouma vat my soms kerk toe,” het hy gesê, sy oë helderder as tevore.

En net daar en dan het God gedoen wat Hy die beste doen – om deure oop te maak met die mense en op plekke wat ons soms die minste verwag.

Ons het gepraat oor Jesus en Sy liefde vir alle mense …

Die Een wat die ons van verdrinking red.

Die Een wat sien en medelye het vir die rebelse mense.

Die Een wat barmhartigheid uitreik, na selfs die wreedste van oortreders.

Die Een wat ons ken, ons vergewe, en ons weens sy groot genade, liefhet en aanvaar.

En net daar te midde van die giggelende en energieke wêreld van graad drie leerlinge, het hy sy kop laat sak en nederig gefluister: “Ek glo …”

____________________________________

Drie dae in die maag van ‘n vis sou Jona se hart nie heeltemal verander nie, maar daar sou nog drie dae wees wat alles verander het …

Waar Jona van sy vyande weggevlug het, het Jesus het na syne toe gehardloop.

Jona het oorlewing nagestreef, maar Jesus het as ‘n offer gekom.

Deur Jesus se dood, begrafnis en opstanding het sy genade, wat verlossing bring, aan alle mense verskyn (Titus 2:11). Halleluja, wat ‘n Verlosser!

Nou is dit ons beurt. Met die krag van God saam met ons, kom ons wees onvoorwaardelik lief …

By sy voete,

 

 

 

Kom ons praat: Wat het God vir JOU deur Sy Woord gewys terwyl ons die boek Jona saam bestudeer het? 

__________________________________________ 

 

Ons nuwe studie: Beloftes van God begin 22 Oktober, 2018

Terwyl ander beloftes mag maak en dit weer breek, doen God dit nooit nie. Wat Hy belowe, doen Hy.

God verbreek nooit sy beloftes aan ons nie. Deur die geskiedenis heen het God gedemonstreer dat Hy uiters betroubaar is. – R.C. Sproul

In hierdie komende studie is ons hoop en gebede dat, soos jy leer oor die beloftes wat God aan jou gemaak het, jy ook sal leer om Hom meer te vertrou. En soos jy leer om Hom meer te vertrou, sal jy in jou geloof groei terwyl jy begin om te “lewe deur geloof, nie deur sien nie.”       (2 Korintiërs 5:7)

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse