LGG Reis Na Europa

LGG Reis Na Europa

Deur Amanda Cunningham

Ons missie om alle vroue te help om God groots lief te hê, reik oor die hele wêreld. Die gewildheid van ons Engelse studies en die goedgunstigheid van vroue hier in Amerika, help ons bediening om die tyd en die hulpbronne te hê om ons studies te vertaal en dit gratis na meer as 100 lande te versprei. Maar somtyds beteken hulpbronne niks nie, tensy daar mense is wat dienswillig is en wat deurdruk. En dit is hoekom ons vertalers van onskatbare waarde is vir die werk waartoe God ons hier by Love God Greatly geroep het. Hulle werk nie net saam om ons studies te vertaal nie, maar hulle lei ook die takke van hulle verskillende tale en ook studiegroepe!

Sonder hulle sou daar in meer as 99 lande minder hulpbronne wees.

God praat alle tale. Ons wil ook vroue van alle tale bedien.

Vir 51 weke ‘n jaar kommunikeer ons vertalers deur middel van Facebook, Zoom oproepe, e-pos en ander aanlynmetodes te midde van die beperkings van verskillende tydsones. Hulle maak seker dat dit goed gaan met mekaar, hulle bid vir mekaar en spoor mekaar aan! Maar daar is niks beter as ‘n bemoedigende drukkie of ‘n oor wat luister terwyl julle vroeg in die oggend ‘n koppie koffie drink nie.

Deur die genade van God, en die goedgunstigheid van ons lesers, sien ons vertalers uit na een week elke tweede jaar, wanneer hulle van reg oor die wêreld bymekaar kom op een gemeenskaplike plek. Hulle geniet elke dag wat hulle opleiding kry en die aande wanneer hulle kan gesels en saam eet. Die skedules tydens hierdie dae baie intens. En die nagte is gevul met lag en gesprekke wat in so baie verskillende tale plaasvind, dat ons soms nie kan bybly nie! En elke vrou wat teenwoordig is, arriveer ‘n bietjie onseker of skrikkerig, maar gaan gevul met God se beloftes en sy hoop huis toe!

Dankie dat julle vir ons bid! Elkeen van ons vertalers wat beplan het om te kom het gearriveer (dit het nie verlede jaar gebeur nie – as julle onthou), en het weer veilig by die huis gekom. Ons wil graag hê dat julle van ‘n paar vertalers hoor wat gewillig is om te vertel wat die Leierskap Opleiding vir hulle beteken het.

Kom ons begin met Gloria, ons Italiaanse vertaler.

“In Duitsland moet dit mos koud wees,” het ek gedink toe ek by die venster uitkyk. “Dit is mos in die middel van September!”

Maar toe ek na 20 ure se ry op Frankfurt se stasie van die bus afklim, is dit so warm dat ek voel of ek op die strand is! Ek hoor allerhande vreemde geluide op hierdie plek waar ek nog nooit vantevore was nie, maar net die glimlag op Petra, ons Tsjeggiese vertaler se gesig, laat my besef ek is tuis!

Een vir een verwelkom die ander vroue my met hulle rustigheid en entoesiasme. Ons het mekaar ‘n jaar laas gesien… maar dit voel soos gister. Daar is dieselfde begrip, dieselfde eensgesindheid en dieselfde liefde as ‘n jaar gelede…Dit is inderdaad ‘n geleentheid om daardie vriendskappe wat oor die afgelope jaar gesnoer is, te verdiep.

Dit is wonderlik om te luister hoe die bediening in die afgelope jaar gegroei het, dit is wonderlik om weer te hoor van die verskillende persoonlikheidstipes waarvan ons verlede jaar in Texas geleer het en dit is wonderlik om nuwe feite te leer oor hoe om goeie leiers te wees wat nooit ophou om te leer nie en wie se enigste doel is om mense na Christus toe te wys: Hy is die enigste een wat waarlik die harte en die ewigheid van mense kan verander.

Ek bewonder die visie en passie van Love God Greatly in elke land waar dit teenwoordig is.

Ek staan in verwondering oor die manier hoe Angela en die ander vrouens vir ons as vertalers sorg. Hulle maak seker die ons altyd bewus is van hulle ondersteuning en gebede vir elkeen van ons.

Ek bewonder die manier hoe ons daaraan herinner word dat ons nie alleen is nie, dat ons alles kan doen in die Een wat ons sterker maak en niks is te moeilik as ons toelaat dat God ons lei nie.

Ek is lief vir die entoesiame waarmee hulle ons laat voel soos susters in Christus en geliefde vriendinne… wat nie so algemeen onder gelowiges is nie.

Ek is lief vir hierdie bediening en waardeer die dae wat Angela Perrit en haar span aan ons bestee ongelooflik. Dit is kosbare dae, ‘n vooruitskouing na die hemel, waar daar nie na name, moedertale of ekonomiese stand gekyk word nie… ons is vroue wat ander vroue wil bereik met wat God vir ons gegee het: ons taal en sy Woord, een vertaling, een vrou, een lewe op ‘n keer!”

En hier vertel Charissa, een van ons Nederlandse vertaler vir ons meer.

“Ons het ‘n wonderlike tyd as vertalers saamgehad. Ons het twee dae van opleiding gehad, ervarings met mekaar gedeel en mekaar aangemoedig. God is getrou en seën ons! Die kleinste dingetjies het gewys dat Hy alles in sy hande gehou het. ‘n Kaartjie met ‘n bemoedigende boodskap wat presies was wat jy nodig gehad het… ‘n hand op jou skouer en ‘n ‘ek verstaan jou’… ‘n Geskenk wat perfek by jou pas… Opleiding in presies die area waar jy moet groei…

Wat het ons as vertalers geleer? Ons spanne is besig om te groei of het ‘n begeerte om te groei, sodat ons meer vroue in ons lande met ons gratis Bybelstudie materiaal kan bereik. Dit vereis leierskap van ons. Maar die oorgang van vertaler na leier is ‘n groot stap. Ons het opleiding daarin ontvang en ons is so dankbaar dat ons vroue met baie ervaring het wat ons kan oplei. Ons het geleer van dienaarsleierskap, om vroue te help om te groei en hoe om ons fokus op Jesus te hou.

Daar was ook tyd vir ontspanning en om die pragtige Duitsland beter te leer ken. Ons het bietjie geskiedenis geleer, heerlike Duitse disse geëet, die pragtige Frankfurt gesien en die gasvryheid en stiptelikheid van ons bure aan die ooste beleef.

Op die Saterdag het ons ‘n konferensie in Frankfurt gehad. Ons het meer as ‘n honderd Duitse vroue verwelkom. Angela, Simone, Jen and Edurne het ons bemoedig uit God se Woord en uit hulle eie lewenservaring. Dit was so goed om te weet dat, ongeag van waar ons kom; ons is in sy beeld geskape, God wil ‘n persoonlike verhouding met ons hê en Hy stort sy liefde en seëninge oor ons uit sodat ons vir die mense om ons tot seën kan wees. Hoe wil Hy dit in ons lewens doen? Ons moet elke dag op Hom fokus, in elke fase van ons lewens. Deur ons kruike soos die vrou in 2 Konings 4: 1-7 leeg te maak en deur Hom gevul te word. Hy wil oorvloedig gee. Kyk ons elke dag na Hom? Lees ons sy Woord? Ons kan Hom gehoorsaam. Dit is hoe sy lig deur ons kan skyn.”

Om meer te lees oor ons Vroue Konferensie, gaan HIER. Vir meer verhale oor ons tyd in Duitsland, volg ons op INSTAGRAM en klik op die #LGGTravelstoEurope hashtag! Ons het so ‘n wonderlike tyd gehad en is reeds besig om volgende jaar se opleiding te beplan!

Jy kan al ons Beloftes van God se vertalings hier vind.

Indien jy wil help om God se Woord te versprei, deel asseblief ons hulpbronne met diegene wat mense in verskillende tale bedien! Indien jou kerk, pastoor, sendelingvriend of vriend wat oorsee bly ons hulpbronne kan gebruik, sal ons so dankbaar wees as jy ons met hulle in aanraking kan bring! Stuur vir ons ‘n e-pos by: [email protected].

Indien jy wil help om Bybelhulpbronne te vertaal en vroue oor die wêreld heen in hulle eie tale te bereik, los ‘n kommentaar hier onder en laat ons weet in watter taal jy wil vertaal! Ons vertalers vertaal nie net Bybelstudies nie, maar hulle verleen ook ondersteuning d.m.v. sosiale media bladsye en groepe, blogs en MEER! Hulle benodig jou hulp as jy in staat en gewillig is! As jy tweetalig of drietalig is, of vaardigheid het met grafiese werk, tegnologie en raadgewing, sal ons graag saam met jou wil werk!

Help vroue oor die wêreld heen om God se Woord te bestudeer deur ons Bybelstudies! Ons LGG Takke kan by die volgende skakels bereik word.

1.AFRIKAANS

– Blog: https://liefgodgrootliks.wordpress.com
– Facebookbladsy: https://www.facebook.com/Lief-God-Grootliks-717623225000335/
– Instagram / Pinterest: https://za.pinterest.com/liefgodgrootlik/      https://www.instagram.com/liefgodgrootliks/
– Studiegroep: https://www.facebook.com/groups/velia.basson/
– You Version: https://www.bible.com/…/reading-plans/13038-beloftes-van-god
– E-pos: [email protected]

  1. BULGAARS

Facebookbladsy: Обичай Бог Всеотдайно – LGG Bulgaria 

  1. TSJEGGIES

Facebookbladsy: Miluj Boha Nesmírně http://Facebook.com/MilujBohaNesmirne

  1. CHINEES

Chinese Facebookbladsy: 愛主更深事工

  1. NEDERLANDS

– Blog: https://lovegodgreatly-nederlands.blogspot.nl/
– Facebookbladsy: https://www.facebook.com/LGGNL/ 

  1. FRANS

Facebookbladsy: https://www.facebook.com/ToutPourJesusLGG
Blog: https://toutpourJesusLGG.blogspot.com

  1. DUITS

Facebookbladsy: Am Herzen Gottes  https://www.facebook.com/AmHerzenGottes/ 

  1. GRIEKS

Facebookgroep: https://www.facebook.com/groups/826563960806227/

  1. HAUSA

Facebookbladsy: https://mobile.facebook.com/lovegodgreatlynigeria/

WhatsApp groepe kontak: +2348039561559

Instagram: @lovegodgreatlynigeria

  1. HONGAARS

Webblad: https://www.szeresdnagyonistent.hu/

Facebookbladsy: Szeresd Nagyon Istent – LGG Hungary  https://www.facebook.com/Szeresd-Nagyon-Istent-LGG-Hungary-131310280372910/

  1. INDONESIES

Blog: www.cintatuhansesungguhnya.wordpress.com

Facebookbladsy: Cinta Tuhan Sesungguhnya – LGG Indonesia www.facebook.com/LGGIndonesia

Instagram: www.instagram/lggindonesia

Twitter: www.twitter.com/lggindonesia

YouVersion studies is beskikbaar in Indonesies

  1. ITALIAANS

Facebookbladsy: Ama Dio Grandemente

Instagram: lovegodgreatlyitalia
Pinterest: AmaDioGrandemente

  1. POOLS

Facebook: https://www.facebook.com/KochajBogaNiezmiernie/
Instagram: https://www.instagram.com/kochajboganiezmiernie/
E-pos: [email protected]

  1. PORTUGEES

Facebookbladsy: Amando a Deus Grandemente

  1. ROEMEENS

Facebookbladsy: Love God Greatly România https://www.facebook.com/lLoveGodGreatlyRomania/?ref=br_rs

  1. SLOVENIES

Facebookbladsy: Ljubi Boga močno – https://www.facebook.com/Ljubi-Boga-mo%C4%8Dno-899084280167235/?fref=gc&dti=311456562366311&hc_location=ufi

  1. SPAANS

Webblad: www.amaaDiosgrandemente.com

Facebookbladsy: https://www.facebook.com/AmaaDiosLGGespanol/

——————-

LGG Spaans vir jong meisies

Webblad: www.jovenesadg.com

Facebookbladsy: Jóvenes ADG – https://www.facebook.com/JovenesADG/

——————-

LGG Spaans Kinders

Facebookbladsy – Chicos y chicas ADG –

https://www.facebook.com/chicosychicasADG/

Jy kan AL die vertaalde BELOFTES VAN GOD Bybelstudies in ons LGG Winkel vind of dit kan gratis afgelaai word op ons Bybelstudie bladsy.

___________________________________________________

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse