Welkom by Lief God Grootliks! Love God Greatly het ‘n nuwe webwerf, gaan kyk gerus. Dit is ‘n pragtige webwerf en hopelik sal ons eie Lief God Grootliks webwerf eendag so lyk. Ons is opgewonde oor ons komende studie en ons is opgewonde dat jy by ons aansluit! Neem asseblief ‘n oomblik en lees die volgende – ek sal my bes probeer om te verduidelik hoe die registrasie vir die huidige studie, inskryf (by ‘n private groep), en inteken op die blog werk.
Daar is verskeie manier om met Lief God Grootliks deel te neem in hierdie studie sessie!
As jy 'n Facebook –rekening het, kan jy ons Facebook-bladsy volg as ons die 'Daaglikse Lees / SOAP grafiese pos. Of miskien verkies jy om aan te sluit in die gesprek op ons Lief God Grootliks blog elke Maandag, Woensdag en Vrydag regdeur die studie. As jy op soek is vir daaglikse deelname kan jy aansluit by ons Facebook groep, en jou SOAP pos en deel in die gesprek! Laastens jy is welkom om alleen te studeer. Ons wil hê jy moet die opsie kies wat die beste vir jou werk!
Ons vra al ons lede wat deel neem in die Psalms 119 studie om:
-
Registreer vir die studie (Die registrasievorm is ons manier om bywoning vir hierdie sessie te neem, dit is soos die aanteken vir Bybelstudie by jou kerk ) .
• Skryf in op die Lief God Grootliks webwerf (as jy ‘n huidige intekenaar en ons blog se e-posse ontvang, is jy gereed) .
Skakel asseblief enige “pop -up blockers / ad –blockers” af voordat julle registreer vir die studie en in teken op die blog.
Registreer vir ons Aanlyn Bybelstudie ~ {Psalms 119}
Die registrasievorm vir ons huidige studie sal beskikbaar wees vanaf 8 Junie wees tot 12 Junie. Ons stuur nie bevestiging e-pos nie, maar na afloop van die registrasie vorm sal jy ‘n ‘dankie’ bevestiging ontvang (afhangende van jou browser). Let wel: ons registrasie vorm, is deur Google docs, maar jy het nie ‘n Google-rekening nodig om die vorm in te vul nie. Om te registreer vir die Psalms 119 studie, beweeg jou muis oor die ‘ Registrasie’ bo op die bladsy. Klik op die “Registreer” knoppie en jy sal by die registrasie bladsy met die ingeboude vorm kom. Voltooi die vorm en “submit”
Sluit aan by ‘n privaat groep:
Sluit aan by ons facebook groep (Click net op facebook groep en dat sal jou neem na die groep) let asb net daarop dat huidiglik is ons Facebook groep die enigste groep). As jy reeds deel is van ‘n groep dan is jy gereed om met die studie te begin.
Inskrywing na die LGG Webwerf ( toegang tot ons blog en gratis hulpbronne via e-pos) :
As jy reeds ingeskryf is en Lief God Grootliks e-pos ontvang, jy is gereed om te begin! Dit help as jy [email protected] by jou e-pos kontak lys voeg om te verseker dat ons blog posts e-posse in jou posbus land. As een stap misgeloop het, sal jou inskrywing nie volledig wees. Ons stel voor dat jy gebruik maak van ‘n rekenaar of laptop om hierdie proses te voltooi.
Let wel: As jy as werk of skool rekenaar of epos address gebruik, wees asseblief bewus dat jou werk of skool ons e-pos as spam kan blokkeer. Dit het te doen met hul sekuriteit opset en is buite ons beheer.
1. Om in te skryf via e-pos: Besoek LiefGodGrootliks.wordpress.com en gee jou e-pos adres met behulp van die teken in knoppie op die tuisblad. Klik op die follow knoppie
2. Jy sal 'n pop-up boodskap ontvang wat sê: "nuusbrief inskrywing: Jou inskrywing is suksesvol ingedien. Dankie! "Jy sal 'n e-pos binne 'n paar minute ontvang wat jou inskrywing bevestig . As jy nie hierdie e-pos ontvang nie, gaan asseblief na jou spam folder en kyk daar.
3. Bevestiging E-pos - Gaan jou e-pos inbox, spam folder or promotions tab (Gmail) spam vir 'n verifikasie boodskap. Kliek op die skakel Confirm Follow om jou e-pos adres te bevestig. Dit bevestig jou inskrywing.
4. Sodra bevestig, sal jy begin om e-pos van LGG te ontvang wanneer die volgende blog post gepubliseer word. Die e-pos van LGG word op Maandae, Woensdae en Vrydae uitgestuur, of met elke nuwe pos. As jy jou inskrywing op ‘n Maandag geaktiveer het, sal jy waarskynlik e-pos op Woensdag ontvang.
Jy kan ons gratis hulpbronne (Studie materiaal) aflaai deur die besoek van ons Bybel Studies bladsy onder Psalms 119 .
Ons studie materiaal sal Woensdag beskikbaar wees op die webwerb.
Indien u enige vrae oor inskrywings het, stuur ‘n epos vir my (Velia) by [email protected]