Deur Whitney Daugherty | Februarie 16, 2018 | Jakobus
Die wêreld sal jou vertel dat jy kan leef met een voet in die wêreld en een voet in die lewe vir die Koninkryk.
Maar Jakobus wys ons die Weg, die Waarheid en die enigste pad na ware lewe.
Dit is ‘n alles-in verhouding met Jesus wat ons van binne af verander.
Dit is die volheid van Hom wat frustrasie en futiliteit vervang met vrede en ‘n doel.
Dit is ‘n hoop wat diep in ons siele afsink, en nie kan help om die aandag van die wêreld rondom ons te trek nie.
Ons is geskape vir net een Here, en Jakobus roep ons om die middelweg te los, en God alleen in algehele oorgawe te volg.
Mag ons gekonfronteer word met ons tekortkominge en dit bely, bemoedig word deur Christus se oorvloedige genade, en gemotiveer word om goddelike lewens te lei deur Sy krag en vir Sy glorie. – Jen Thorn (Jakobus Inleiding)
Wanneer ons onsself verdiep in die waarheid van die evangelie en ons swakheid verruil vir Christus se krag, sal ons vind dat ons voete ferm geplant in Koninkryks grond.
In hierdie laaste vier weke het Jakobus ons geleer:
- Volhard– Wanneer ons beproewings ervaar. Om wysheid te bekom. Om nederigheid te ontwikkel. Om vrede uit te strooi. Om die liefde vir geld te weerstaan.
- Wees geduldig – In lyding. Met ons woorde. Soos ons ander liefhet. Soos ons God met ons toekoms vertrou.
- Projekteer die Vader – Om die wêreld te wys dat ons geloof werklik is, deur ons liefde, ons woorde, ons diens… ons getuienis.
- Bid – In tye van vreugde. In tye van teëspoed. Want gebed is kragtig. Want dit is effektief.
- Streef na God in volle oorgawe. Bly in Hom. Met waarheid en in liefde, streef dié wat weggedwaal het na
… en so. baie. meer.
Jy wat moeg is van die middelweg, hoor jy Hom roep?
Kom huis toe.
Moet nie nog ‘n dag wag om in te tree in ‘n alles-in, lewensegte lewe vir Jesus nie. Die Begin en Voleinder van ons geloof het belowe om Sy genade te voorsien vir die reis. Vat dit van Jakobus… dit is ver beter as enige iets wat hierdie wêreld kan bied.
By Sy voete,
Kom ons Praat: Watter van die vyf “P” woorde is vir jou die moeilikste? Wat is die een les van Jakobus wat jy nie wil vergeet nie? Hoe kan ons vir jou bid soos jy jouself daartoe verbind om lewensegte geloof na te streef?
Vandag is die laaste dag van vier wonderlike weke in die boek van Jakobus! Ons het elke minuut geniet om te sien hoe God vroue uit alle hoeke van die aarde nader trek in een pragtige gemeenskap!
Here, dankie vir hierdie gemeenskap van vroue wat die Bybel in die hoogste agting hou. Dissipels word gemaak deur die lees en leef van God se Woord … en ons is so trots op julle!
Ons gebed moet altyd deur die Skrif getransformeer word. Is jy deur ons Jakobus studie verander? Het jy opgehou om te wag dat vye van ‘n olyfboom val? Neem jy jou roeping aan om meer ernstig te leer? Is dit makliker om in beproewinge te volhard wanneer jy weet dit is vir Sy glorie?
Deel asseblief vandag jou Jakobus getuienis met ons en hoe God deur hierdie studie in jou lewe gewerk het.
Sluit by ons aan vir ons nuwe studie Angs en Vrees wat 5 Maart begin