Kies Gebed Bo Bekommernis
deur Angela | Jan 26, 2016 |
Ek neig om te sukkel met bekommernis.
Eerlikwaar, ek probeer om dit nie te doen nie…dit gebeur sommer net.
Daar is selfs dae wat ek myself kry dat ek bekommerd is dat ek te veel kommer…!
En glo my, ek is ‘n regte kwelgees.
Ek bekommer my oor groot dinge, soos wêreldsake, en klein dingetjies, soos of ek onthou het om melk te koop toe ek by die winkel was…waarvan die antwoord menige male “nee” is.
Nogtans, ten spyte van my geneigdheid tot kommer, weet ek die genesing vir my angs is gebed en smeking.
Ek verander my bekommernisse in gebede en fokus op die waarheid dat God in beheer is, nie ek nie.
Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
–
Filippense 4:5-7
God is naby.
Wat ‘n wonderlike herinnering wat ek ELKE DAG nodig het!
Moet oor niks besorg wees nie…dit klink onmoontlik, nê?!!!
Baie kere voel ek dat die meer korrekte woorde moet wees: “wees net oor ‘n paar goed besorg” …in my opinie klink dit ‘n bietjie meer realisities.
Want werklik…ons het so baie waaroor ons besorg moet wees, nê?
Ons is bekommerd oor hoe hierdie mal wêreld sal wees wanneer ons kinders of kleinkinders groot is.
Ons is bekommerd oor hoe ons die huurpaaiement of huispaaiement hierdie maand gaan betaal.
Ons is bekommerd oor die uitslae van die doktersverslag.
Ons is bekommerd oor daardie seun waaarmee ons dogter verlede week begin uitgaan het.
Ons is bekommerd oor hoe ons gaan betaal vir kollege of universiteit…of watter kollege of universiteit ons kinders na toe sal gaan.
Ons is bekommerd oor die toestand van ons land.
Ons is bekommerd oor ons huwelik.
Ons het bekommernisse gedurende elke ouderdom en fase van ons lewens.
Bekommernisse sal met ons bly elke dag en ons blydskap van ons steel…as ons dit toelaat.
Tog herinner Paulus ons dat God naby is en ons moet nie besorg wees nie, maar eerder bid.
Bid.
Dit klink amper te maklik om regtig enige verskil te maak, nê?
Jy bedoel, praat met ‘n onsigbare God asof Hy wesenlik is? Asof Hy reg hier voor my is…aan die ander kant van hierdie tafel?
Jy bedoel, praat met God asof Hy…naby is?
Ja.
Vanaand, terwyl ek hier in my huis sit en dink oor die gebede wat ek vandag gebid het.
Die gebede wat ek oor my dogters, my vriende, my familie en my land gebid het…ek wonder.
Miskien is ‘n deel van gebed, ‘n deel van om ons bekommernisse in gebede te verander, miskien is dit God se manier om sy kinders te help om Hom te sien.
Miskien is daar ‘n seëning in die keuse waarvoor elkeen van ons elke dag staan…sal jy gebed kies bo bekommernis?
En miskien, deur ons spesifieke, daaglikse, eenvoudige gebede, ontvang ons die seëning om God te sien in ons lewens.
Snaaks, sonder die keuse van bekommernis of gebed, mag ons die opwinding van om te sien hoe God in ons lewens werk heeltemal mis…en so ook die kans dat ander mense rondom ons Hom ook kan sien.
Verlede week het ek ‘n boek gelees oor ‘n vroue sendeling in Egipte, Lillian Trasher. Voordat ek hierdie boek gelees het, het ek nog nooit van haar gehoor nie, maar hierdie beginsel van om gebed bo bekommernis te kies, straal uit haar lewe. As ‘n alleenlopende Amerikaanse Chistenvrou in Egipte in die vroeë 1900’s, was daar baie dinge in haar lewe wat haar kon bekommer het.
Uit die wêreld se oogpunt, het sy nie eers die finansies gehad om na Egipte toe te gaan waarna God haar geroep het, wat nog te sê om ‘n bediening te begin.
Haar persoonlike veiligheid was altyd ‘n bekommernis vir diegene wat nie wou hê sy moes na Egipte toe gaan en daar tussen die mense woon nie.
Nogtans het Lillian elke keer gebed bo vrees gekies, en vertrou dat God sal intree.
Deur die beproewinge, verdrukking en worstelinge, het Lillian ‘n pragtige verhouding met God ontwikkel soos wat sy gesien het hoe Hy aktief haar gebede beantwoord.
Beteken dit dat elke gebed wat sy gebid het beantwoord was met ‘n “Ja”? Nee.
Beteken dit dat sy nooit met hartseer, pyn of teleurstellings geworstel het nie? Nee.
Wat ek wel in hierdie verhaal gesien het terwyl ek dit vir my dogters gelees het, en hulle my gesmeek het om “nog net een hoofstuk te lees, mamma” is hierdie pragtige “U is so werklik vir my, Jesus, dat ek amper kan uitreik en U aanraak” verhouding wat Lillian met God gehad het.
Deur Lillian se keuse om te bid en God te vertrou, het die realiteit van Sy nabyheid kristal helder geword.
En in die nabyheid…is God se vrede ervaar.
Miskien is dit waar danksegging ook ‘n rol speel. Miskien is dit die geleentheid om gebed bo bekommernis te kies en wanneer ons dit doen, ervaar ons die seën om God in aksie te sien.
Hy is naby, liewe vriendin. Kies vandag gebed bo bekommernis…en ek sal ook!
Lief God Grootliks!