Terwyl ek groot geword het, het ek nooit gevoel of ek enige spesiale talente gehad het nie. Daar was niks waarin ek uitgeblink het nie. Ek het nie van sport gehou nie, akademies was ek gemiddeld, by die huis was ek ‘n bietjie slordig. Ek is nie kunstig of super uitgaande. Vir jare het ek geen idee gehad wat “geestelike gawe” God vir my gegee het nie.
Maar elkeen van ons is gebore met ‘n spesiale gawe, iets wat ons oor passievol is, iets waarvan ons hou om te doen en goed is daarmee. Hierdie talente of gawes gebeur nie net per ongeluk nie; hulle is aan ons gegee deur God. Matthew Henry verduidelik dat sommige van ons sal “gewone” gawes ontvang, terwyl ander van ons “buitengewone” gawes gegee sal word.
Nou God doen nie dinge sonder ‘n doel nie. Hy gee nie vir ons hierdie gawes vir die pret daarvan nie, alhoewel hulle vreugde en pret in ons lewens bring. Hierdie gawes moet gebruik word om te help en diegene rondom ons te seën. In hierdie manier bring ons eer aan God .
The rule is that whatever gift, ordinary or extraordinary, whatever power, ability, or capacity of doing good is given to us, we should minister, or do service, with the same one to another, accounting ourselves not masters, but only stewards of the manifold grace, or the various gifts, of God.
Matthew Henry
Die moeilikheid wat ons het is om uit te vind watter gawe of gawes God vir ons gegee het. Geestelike gawe toetse is ontwerp om Christene te help om uit te vind wat dit is. Ek het jare gelede een geneem, en volgens die resultate was my geestelike gawes, oordeelkundigheid en pastorale. HA! Terwyl hierdie toetse nuttig kan wees, is hulle nie altyd akkuraat of nodig nie.
Hier is ‘n paar maniere om jou te help om uit te vind met watter gawe God jou mee geseën het.
-
Wat is jou passie?
Wat is die dinge waarvoor jy regtig lief is? Wat kry jy opgewonde? Wat bring jou vreugde wanneer jy dit doen? Wat kom natuurlik vir jou?
-
Waarmee is jy goed?
Terwyl jy probeer om uit te vind waaroor jy passievol is, wel ‘n goeie begin is, is dit nie altyd akkuraat nie. Jy kan passievol wees oor sing maar kan ‘n nie noot dra nie. So die volgende vra wat jy jouself kan vra is, waarmee is ek goed?
ALMAL is goed met iets omdat God almal ‘n gawe gegee het. Dit beteken nie dat jy ‘n kenner is nie. Dit beteken eenvoudig dat jy dit goed doen en dat jy vrugte sien.
-
Vra iemand
Soms is dit moeilik vir ons om te sien waarmee ons goed is Dit is dan wanneer ons nodig het om iemand te vra. Vra jou eggenoot, jou vriende, of familielid. Watter talente of gawes sien hulle in jou lewe?
4.Laat jou kerk jou help deur in te skakel
Een van die beste maniere om jou gawe te vind is deur die beoefening daarvan. As jy daarvan hou om te kook, bak en vir mense omgee, skakel dan in by ‘n gasvryheid bediening. As jy van babas en kinders hou, skakel dan in by ‘n kinder bediening. As jy van onderrig hou, kan jy dalk met ouer kinders werk, die jeug of self ‘n vroue Bybelstudie lei. Is jy musiekal? Sluit dan aan by ‘n aanbidding span. As jy daarvan hou om te organiseer en te lei, vind dan uit waar in jou kerk Kn jy hiedie gawes gebruik.
As jy nog steeds nie seker is nie, sien dan waar jou kerk hulp nodig het en skakel in. Jy kan dalk verbaas wees hoeveel jy daarvan hou om te dien in die area wat jy regtig nie veel oor gedink het voorheen nie.
Onthou dat die gawes wat aan ons gegee is, is nie gegee dat ons dit vir onsself hou of hulle te gebruik net binne die grense van ons eie vier mure nie. God het vir ons gawes, talente en belange gegee om te gebruik om ander te help en ander lief te hê en Sy naam te verheerlik.
Kyk na Jesus,