Jesus, Redder van Sy Mense


Jesus, Redder van Sy Mense

Deur Jen Thorn|18 Des

Vroeër hierdie week het ons ‘n pragtige deel van die Kersfeesverhaal gesien. Te midde van verwardheid en skok, vertroos die engel vir Josef oor die baba wat Maria gaan hê (Mat.1:21). ‘n Baba wat nie syne is nie, maar hy is veronderstel om hom lief te hê en groot te maak as sy eie. Hy gee ook vir Josef die naam wat hulle hierdie kind moet noem.

Jesus!

Dit is ‘n pragtige naam, want dit openbaar wat hierdie kind eendag sal doen. Hy sal sy mense van hulle sonde red.

Pragtig! Maar dit vereis van ons dat ons nooit na die Kersfees verhaal kyk sonder om ook na die kruis te kyk nie. Die geboorte van Jesus sou niks beteken het as hy nie gesterf het nie. Jesus het nie opgegroei en later in sy lewe besluit dat hy gaan ly en sy lewe aan die kruis gaan verloor soos ‘n gehate krimineel nie. Dit was die plan REG van die begin af (Gen 3, Jes.53, Hand. 2:23).

In ons verse vir vandag sien ons die radikale liefde van God. Hy het niks teruggehou nie, selfs nie eers sy enigste geliefde seun nie.

Redding is nie ‘n idee, ‘n ingesteldheid of ‘n manier van lewe nie. Dit is nie ‘n werk of selfs gelowige aktiwiteite nie. Redding is ‘n person.

Jesus is gebore om te red, maar redding het met ‘n baie groot koste gekom. Hy het liefgehad, het genees en onderrig, sodat hy aan dié rondom hom, en nou ook aan ons, kan wys dat HY daardie redding is.

Hy is gebore vir jou! Hy het homself aan ‘n kruis laat hang vir jou!

God die vader het sy enigste, geliefde seun gegee, en die seun het homself gewilliglik vir ons gegee. Ek is nie seker dat ons ooit ten volle die afskuwelikheid van wat ons eers was en die oorweldigende liefde van God, wat ons nog steeds liefgehad het, sal verstaan nie.

Kersfees is ‘n tyd van feesviering. Ons vier die geboorte van ‘n kind. In ons huis versier ons soos vir ‘n Koning. Ons sing en loof die grootheid van God wat vlees geword het. Ons gee geskenke vir mekaar as ‘n klein herinnering van die goedgunstigheid wat God aan ons uitgestort het.

In die midde van ons Kersfeesvierings moet ons ‘n oog op die kruis hou. Dit is ons sonde wat veroorsaak het dat ons ‘n redder nodig het, en dit was die vader se liefde wat sy seun gestuur het om daardie redder vir ons te wees.

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Johannes 3:16

Ons feesvierings moet die volgende insluit: vreugde dat Jesus gebore is, hartseer dat ons sonde so ‘n groot koste gedra het, en weereens vreugde dat God mens geword het en ‘n naam geneem het wat pyn, lyding en ‘n uitmergelende dood sou beteken.

Jesus is die oorwinnaar, die verlosser, en die redder van sy mense. Hoe wonderlik is dit dat ons elke jaar tyd kry om hierdie wonderlike waarheid te onthou, dat Jesus sy mense red van hulle sonde!

Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die KNIE SOU BUIG en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. Fil 2:9-11

Wens u ‘n Geseënde Kersfees,

110415_1718_Bekendstell3.png

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse