Jesus Red Sondaars


Jesus Red Sondaars
Deur Joy Forney | Dec 15, 2015


“Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry. Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen”. 1 Tim.1:15-17

Dit sê dit alles reg hier, Jesus het gekom om sondaars te verlos, en ons, net soos Paulus is die grootste van hulle.

Die rede vir die seisoen.

Die koms! Hy het gekom…..vir ons!

Advent is die koms van die kosbare, onverdiende geskenk wat die God van die Heelal aan elkeen van ons gegee het. Hy het. Hy het dit vir ons gegee in ‘n soete klein krip en Hy fluister aan ons,

“Ek het gekom om jou vry te maak. Ek het gekom om jou terug te wen, en jou vir altyd, altyd lief te hê”.

Laat dit insink. Sit met hierdie gedagte vir ‘n oomblik. Asem diep in en dink wat God werklik vir jou gegee het hierdie Kersfees. Ja, dit is maklik om dit oor te slaan, dit ligteliks te benader, vir dit om verlore te raak in die chaos van die besig wees. Maar moenie dit toelaat nie. Drink dit in. Hierdie Advent onthou ons. Hy het gekom vir JOU.

En hierdie koms is net die begin. Dit wys vir ons na die Kruis. Dit wys vir ons na genade {vers 16}. Maar dit los ons nie daar nie. Dit wys vir ons daarna vir ‘n doel. Ons, soos Paulus, kan Christus vertoon aan ‘n wêreld wat kyk. Ons is beelddraers! Ons is sout en lig. Ons is die lig wat jy nie onder ‘n maatemmer kan wegsteek nie.

So hierdie seisoen, te midde van die advertensies en die gejaag, laat die wêreld ons duidelik hoor, terwyl ons saam loof:

“Aan die Koning van die eeue, onsterflik, onsigbaar, die enigste God, eer en glorie vir ewig en altyd. Amen!!”

Laat dit sing uit jou hart met ‘n dankbaarheid vir wat vir jou gedoen is. Laat dit styg van jou lippe in jou huis, die kruidenierswinkel, die partytjies, en orals. Laat ons mense wees wat die genade herken wat aan ons gegee is, en mense wees wat nie kan wag om daardie Verhaal te vertel nie.

Geseënde CHRISTUSfees van Uganda,

101415_1541_OorSaaiWeek3.png

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse