Deur Jen Thorn | Julie 27, 2018 | Waarheid Oorwin
Dink oor jou lewe, of meer spesifiek jou dag en maak ‘n lys van dinge wat jou gelukkig maak. Nou, wat as al daardie dinge van jou weggeneeem word, kan jy steeds gelukkig wees? Sal dit ‘n goeie of ‘n slegte dag wees? Sal die lewe steeds die moeite werd wees? Ek is bevrees dat baie van ons daardie vrae sal beantwoord met ‘n onomwonde “nee.”
Terwyl daar dinge is wat ons gelukkig maak, word die mees ware en die hoogste vorm van geluk gevind in ons drie-enige God. Maar lank gelede is ‘n giftige saad diep in die samestelling van ons weses geplant wat wortels gemaak het en die vrugte van ongelukkigheid geplant het. Daardie saad was die leuen dat ons iets anders as God nodig het om in hierdie lewe gelukkig te wees.
Ware geluk kan nie sonder God gevind word nie
Daar is natuurlik baie ateïste, Moslems, Buddiste en ander mense wat nie glo nie, wat geluk in hierdie wêreld gevind het, terwyl hulle die God van die Bybel verwerp. Ek sê nie dat daar geen geluk sonder Jesus is nie, maar dat ware geluk, die diepste en mees bevredigende vorm van geluk, nie sonder die Here gevind kan word nie.
As geluk ‘n tevrede plesier is, ervaar almal van ons ‘n vorm daarvan op verskillende tye van ons lewens. Maar as ons geluk sonder God gevind word, dan moet dit gevind word in die wêreld, ons omstandighede, onsself en hierdie dinge is broos, vlugtig en dikwels bedrieglik. Die enigste geluk wat ons sonder God kan hê is tydelik, wat ons blootstel aan teleurstelling en selfs wanhoop wanneer dit verdwyn. Ek weet ek het dit menigmaal ervaar.
Ware geluk kan nie sonder God gevind word nie, want plesier wat sonder Hom is, is nooit tevrede nie en is altyd bekommerd. Ware geluk kan nie in verhoudings, rykdom, status of bekwaamheid gevind word nie, want al hierdie dinge kan baie vinnig ongedaan gemaak word.
Ware geluk kan slegs in God gevind word
Ons God is ewig, sy doel is perfek en ons is vir ewig Syne. Ons vind plesier in die God wat ons gemaak het, wat ons alles gee en alles ten goede laat meewerk. Ja, ons verbly in die geskenke wat Hy ons gee, maar wat hierdie geskenke so spesiaal maak is nie wat gegee is nie, maar die Een wat dit gee. Selfs al word die geskenk weggeneem deur moeilike omstandighede, bly die Gewer vir altyd met ons.
Die lewe verander, maar God en sy genade is bestendig. Dit is hoekom Job kon sê, “Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” en hoekom Jakobus kon sê, “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom,” en hoekom Jesus kon sê, “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” Ons ware en diepste geluk word gevind in God, nie sy geskenke nie.
As ons gelukkig wiI wees, waarlik gelukkig, dan moet ons verby die geskenke wat ons geniet kyk wanneer die dae maklik is, na die God wat hulle gee. En wanneer dae donker is, moet ons verby ons pynlike omstandighede kyk na die God wat ons liefhet en ons versterk.
Om ware geluk te vind moet jy na die Here Jesus kyk, skoonheid vind in sy karakter, lief word vir sy werk, in verwondering staan oor wat Hy vir jou gedoen het en die toekoms wat jy in Hom het. In Hom het ons onuitspreeklike vreugde, veral te midde van beproewinge en versoekings.
Kyk na Jesus,