[INSPIREER] vroue saam met ons, deur die fasilitering van ‘n Love God Greatly Afrikaans groep.

deur Angela | Januarie 8, 2018

Drie doelgerigte woorde dryf ons missie hier by Love God Greatly Afrikaans…

Inspireer.

Bemoedig.

Toerus.

Op die blog hierdie week gaan ons die drie dae toewy aan hierdie drie woorde. Of jy nou al ‘n ruk hier by ons is en of jy splinternuut by LGG is, wil ons tyd neem voordat ons volgende aanlyn Bybelstudie begin om ons passie oor ons missie te deel, asook om jou te nooi om ‘n gemeenskap rondom jou te begin bou met die ongelooflike vroue in jou lewe, deur ‘n fasiliteerder te word van ons volgende studie in God se Woord.

______________________________

Vandag fokus ons op Deel Een van ons missie. Love God Greatly Afrikaans bestaan om:

Vroue te [INSPIREER] om elke dag hulle harte vir God oop te maak deur middel van ons Bybelstudie hulpbronne, en om te help om pragtige gemeenskappe van vroue te bou in elke woongebied… in elke land. 

Kom ons wees eerlik, die wêreld wil ons weerhou van die Waarheid. Met die verantwoordelikhede wat ons dra as vroue, plus alles wat aangaan in die wêreld rondom ons, het ons vriende nodig om ons te INSPIREER om met die Woord gevul te word voordat ons die wêreld in die gesig staar. Die Bybel is die geïnspireerde Woord van God (2 Tim 3:16), opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees (Romeine 15:4).

Nou meer as ooit, het ons die Waarheid nodig. Ons het hoop nodig. Ons het Jesus nodig. Ons het mekaar nodig.

Dit is hoekom ons doen wat ons doen.

En die wete dat God se Woord oor die wêreld deur grense breek en vroue van binne af verander, is wat maak dat ons voortgaan. 

Hoekom behoort JY dit te oorweeg om ‘n Love God Greatly Afrikaans groep vir ons volgende studie te fasiliteer?

WAT ONS DOEN:

Love God Greatly Afrikaans bestaan uit ‘n pragtige gemeenskap van vroue wat die deur na die Here elke dag vir mekaar oophou. Ons begin met ‘n eenvoudige Bybelleesplan, maar dit eindig nie daar nie. ‘n Getroue groep vroue skep biddend die volgende hulpbronne wat ons LGG lesers versterk: dagstukkies, blogs, inspirerende prente, oordenkingsvrae, memoriseerverse en meer. Sommige vrouens kom bymekaar in hulle huise of plaaslike kerke, terwyl ander aanlyn skakel met vroue regoor die wêreld.

Waar ons ookal is, ons omvou liefdevol ons arms in waarheid, krag en genade en verenig vir een doel… om God Groots Lief te hê met ons lewens.

WAT IS ‘N Love God Greatly Afrikaans FASILITEERDER? 

‘n LGG fasiliteerder is ‘n vrou wat gevul is met God se genade en wat ‘n passie het om te sien dat dit uitbrei na ander. Sy is ‘n vrou wat weet hoe belangrik dit is om God se Woord in ons gedagtes en ook diep deurdrenk in ons harte te hê. 

‘n LGG Fasiliteerder sê JA vir God deur Sy liefde te stort in die lewens van vroue in haar lewe. Sy help hulle om nader aan God en aan mekaar te groei, deur ‘n veilige en bemoedigende plek te skep. Sy motiveer hulle om te deel wat hulle leer (dikwels via sosiale media, deur e-pos of SMS, of by ‘n weeklikse bymekaarkoms) en gee ondersteuning tydens een van ons Love God Greatly Afrikaans Bybelstudie sessies.

HOEKOM FASILITEER? 

God is nie net ons Redder en Hemelse Vader nie, maar Hy is ook ons vriend en het elkeen van ons geskape vir ‘n gemeenskap van vriendskap. God het ons geskape om te lewe in verhouding met Hom en met dié mense rondom ons. Ons het mekaar nodig en ons leef die lewe beter saam.

In vandag se vinnige tegnologie gedrewe wêreld, is dit maklik om God se Woord te bestudeer in ‘n geïsoleerde omgewing wat nie aanmoediging en ondersteuning bied nie, maar dit is nie die doel van Love God Greatly Afrikaans nie. Ons weet dat die wêreld verander word wanneer mense kies om te leef as die hande en voete van Jesus. 

God het hierdie bediening voete gegee deur ‘n skatkis van vertaalde Bybelstudie hulpbronne wat oor ses kontinente strek. En God het vroue in ons lewens geplaas wat moet weet dat God hulle liefhet in hulle buurte, skole, werkplekke en huise. Vroue wat nodig het dat jy die hande van Jesus sal wees en hulle sal ontmoet reg waar hulle is…soos Jesus. 

HOU DIT EENVOUDIG:

By Love God Greatly Afrikaans sal jy ware vroue vind wat plek in hulle lewens maak vir ‘n egte verhouding met God. Ons is onvolmaak, maar vergewe. Ons begeer minder van onsself, en baie meer van Jesus. Vroue wat verlang om God te ken deur sy Woord omdat ons weet dat die Waarheid ons harte van klip sagmaak, ons vernuwe, herbou, herstel, versterk, en herinner aan Wie ons behoort.

Ons weet dat jy besig is, so ons versadig onsself met God se Woord op eenvoudige maniere. Ons materiaal is ongekompliseerd, ons gemeenskap is ongelooflik ondersteunend, en ons metode is duidelik: inspireer, bemoedig en rus toe!

Ons vra jou om by ons getroue LEËR van vroue aan te sluit wat in die hele wêreld in sal gaan (Markus 16:15) en vroue rondom hulle INSPIREER om God groots lief te hê met hul lewens.

Sal jy biddend oorweeg om ‘n deel van hierdie ongelooflike missie te wees deur ‘n LGG Fasiliteerder te word? Ons hoop jy sal!

Beplan om Woensdag weer by ons aan te sluit om meer te leer oor die rol van ‘n LGG fasiliteerder. Vrydag sal ons dan praat oor die praktiese hulpbronne en ondersteuning wat ons aanbied om te verseker dat al ons LGG Fasiliteerders toegerus is met alles wat hulle nodig het!

 

____________________________

Sluit by ons aan vir ons nuwe studie Jakobus wat op 22 Januarie 2018 begin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse