Inleiding tot: Sy Naam Is

Deur Angela | Desember 1, 2017 | Sy Naam Is 

 “Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef  en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is…”

– Filippense 2:9

Die verlossingsverhaal begin in die eerste boek van die Bybel. In die vroeë dele van Genesis, nadat Adam en Eva ongehoorsaam was aan God deur die verleiding van die slang, het God belowe dat ‘n Verlosser sal kom wat die kop van die slang sal vermorsel (Genesis 3). Dit was die eerste aanbieding van die “goeie nuus” van God se reddende genade. Soos die jare verbygegaan het, het God nougeset mense en gebeure op so ‘n manier geplaas wat die koms van hierdie slangvermorselaar teweeggebring het.

Toe die tyd reg was, het God twee gewone mense, Maria en Josef verenig. Hulle sou die laaste dele van die verlossingslegkaart word. Toe hierdie twee verloof was, het ‘n engel gekom en aangekondig dat God vlees sal word en soos dié wat redding nodig gehad het, sal word (Lukas 1). Hierdie engel het baie spesifieke opdrag gee wat die kind se naam moet wees.

“Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” – Matteus 1:20-21

Jesus—want Hy sal Sy mense red.

Hierdie naam moet vir ons die mees kosbare naam wees. In hierdie naam is ons van sonde vergewe en is ons met God versoen.

Reg deur die Woord sien ons die belangrikheid van name. Name sê dikwels iets van ‘n persoon se karakter. Soos Jakob byvoorbeeld, wie se naam “bedrieër” beteken. Ander kere reflekteer ‘n naam ‘n persoon se roeping, soos toe Abram se naam verander is na Abraham, wat “die vader van die nasies” beteken.

Wanneer dit by God kom, is een naam net nie voldoende om te vertel van Sy groot karakter en magtige krag nie. Een naam kan eenvoudig nie ons Verlosser beskryf nie.

Sluit by ons aan tydens hierdie Kersfees seisoen soos ons kyk na vier name wat aan ons die grootsheid van Jesus openbaar.

Sy naam is…

Die Alfa en Omega. Alhoewel Jesus gebore is soos alle mense gebore word, het Hy waarlik geen begin of einde nie, Hy is die Een in wie alle dinge hulle begin en hulle einde het.

Die Helder Môrester. Die Kersfeesster het die wyse manne gelei na die Verlosser van die nasies, maar dit is Jesus Self wat ons Helder Môrester is, wat ons lei na die Koninkryk van God, waar ons waarde, lewe en vryheid van sonde mag vind.

Die Goeie Herder. Die werk van ‘n herder was moeilik. Jy moes waaksaam wees en jy moes gewillig wees om jou lewe te waag vir die skape. Jesus is die Goeie Herder. Sy sorg vir Sy mense is konstant. Hy waak nie net onophoudelik oor Sy skape nie, maar Hy het sover gegaan as om Sy lewe te gee, sodat Sy skape veilig kan wees.

Die Vredevors. In die wêreld en in ons eie harte, is vrede nie iets wat baie maklik gevind word nie. Wanneer dit lyk of ons ‘n bietjie daarvan het, kan dit onstabiel wees en ons kan dit maklik verloor. Maar Jesus vertel ons dat Hy die Vredevors is. In Hom kan ons ‘n vrede hê wat alle verstand te bowe gaan (Filip. 4:7).

Ons gebed is dat jy hierdie Kersfees dieper sal kyk na die persoon van Jesus deur ‘n dieper ondersoek van Sy name. Mag God ons laat groei in geloof en aanbidding deur ‘n ware kennis van Sy Seun.

________________________________________________________________

Vriende, sluit by ons Maandag aan soos ons ons “Sy Naam Is” …. ‘n 4 week Kersfees studie begin.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse