Inleiding tot Galasiërs!


Inleiding tot Galasiërs!

by Angela | Sep 6, 2015 | Love God Greatly

Galasiërs is ‘n kort boek in die Bybel wat ongelooflik kragtig is. Dit is ‘n boek wat ons tot aangesig bring met die boodskap van die evangelie. Terwyl menigte aangeneem het dat “die evangelie” hoofsaaklik iets vir ongelowiges was, wys Paulus vir ons dat die nie die geval is nie.

Tim Keller sê in sy boek Galatians For You:

In hierdie kort brief, lê Paulus die ongelooflike waarheid uit dat die evangelie die A tot Z is van die Christelike lewe. Dit is nie net die manier om in die koninkryk van God te kom nie, maar dit is die manier om te leef as deel van die koninkryk. Dit is die manier hoe Christus mense, kerke en gemeenskappe verander.”

Ons gaan leer van Paulus se aanmaning aan die jong Christene in Galasiërs (ook bedoel vir ons). Hy vertel vir hulle dat die enigste ding wat belangrik is – die enigste ding wat hulle nodig het – is die evangelie… die goeie nuus. Tim Keller sê, “Die evangelie – die boodskap dat ons slegter is as wat ons ooit kon dink, maar meer geliefd en aanvaar in Christus is as wat ons ooit op kon hoop – skep ‘n radikale nuwe dinamiek vir persoonlike groei, vir gehoorsaamheid, vir liefde.”

En dit laat ons harte sing!!! Galasiërs som die evangelie en wat dit vir ons harte beteken, op. Dit, vriende, is lewensveranderend.

Soos ons begin, neem ‘n oomblik om hierdie vers uit die geliefde boek Galasiërs te oordenk:

Ek is saam met Christus gekruisig en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.” (2:20).

Hier is ‘n paar feite wat jy moet weet oor die boek Galasiërs:

Skrywer:

Die apostel Paulus. Voordat Christus Paulus se hart verander het, was hy ‘n Fariseër, wat Christene vervolg het.

Geskiedenis:

Paulus het heel moontlik hierdie brief geskryf rondom A.D. 48.

Aan wie is dit gerig, en hoekom:

Die Galasiërs. Valse leraars het die kerk van Galasië geïnfiltreer. Hulle het baie van die Galasiërs oortuig van onder andere die noodsaaklikheid van die besnydenis, en op die manier het hulle verdeling in die kerk gebring. Paulus se antwoord vir die kerk was om hulle te vermaan om na die evangelie alleen terug te keer.

___________________________________________________________________________

Net 'n paar herinner !

1. Moenie vergeet om Maandag ons YouVersion - Galasiërs Leesplan (net in Engels beskikbaar) PLUS M-V dagstukkie te begin nie.! Wag asseblief tot Maandag om met die plan te begin sodat jou herinner saamval met ons Galasiërs lees skedule !!

2. Moenie vergeet om jou SOAP en beelde met ons te deel op Facebook of Instagram ... Ons is lief vir die pragtige gemeenskap wat God bou in en deur Love God Greatly! Moenie vergeet om ons #LoveGodGreatly hashtag te gebruik sodat ons saam met jou volg.

Sluit aan by ons groeiende #LoveGodGreatly gemeenskap op Instagram en begin om you beelde van jou tyd in Galasiërs met ons te deel!

3.Koop of druk ons Galasiërs Sudie Joernaal …. dit is ‘n wonderlike hulpbroon om te hê soos ons grawe in hierdie wonderlike book van die Bybel oor die volgende 6 weke!

Kan nie wag nie ….. ons studie begin MORE!!!


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse