Induktiewe Bybelstudie

Induktiewe Bybelstudie

Deur Melissa / 15 Januarie 2020 / Nader tot God

Het jy al ooit die Bybel gelees en gedink, “Ek het geen idee wat hierdie beteken nie”?

Jy is nie alleen nie.

Ons doel met hierdie reeks is om te leer hoe om die Bybel te bestudeer op ‘n manier wat beide effektief en maklik is om te doen. Ons hoop dat jy aan die einde van die ses-weke lange studie ‘n tipe gereedskapskis vol gereedskap en hulpbronne sal hê om jou te help om God se Woord te bestudeer.

Kom ons begin!

Induktiewe Bybelstudie is ‘n metode van Bybelstudie wat die Bybel toelaat om die Bybel te interpreteer, sonder om op kommentare of ander mense staat te maak om jou te vertel wat die Skrifgedeelte beteken. Dit is ‘n manier om die Bybel sorgsaam te bestudeer deur die observasie of waarneming van die Skrifgedeelte. Die SOAP metode wat ons gebruik is ‘n vorm van Induktiewe Bybelstudie.

Alhoewel dit makliker kan voel om iemand anders se kommentaar of interpretasie van ‘n Skrifgedeelte te lees, leer dit ons nie om God se Woord op ons eie te interpreteer nie. Hierdie kommentare en boeke is nie die geïnspireerde, onfeilbare woorde van God nie, net die Bybel is. Deur te leer om die Bybel effektief te bestudeer, word hierdie addisionele hulpmiddels selfs meer bruikbaar.

Induktiewe Bybelstudie is belangrik want:

  1. Dit moedig ons aan om vir onsself te dink.
  2. Dit laat ons toe om die gedagtes van ander te evalueer.
  3. Dit gee ons die vreugde van persoonlike ontdekking.
  4. Dit help ons om lief te word vir die Outeur.

Ons sal elke week kyk na tegnieke van waarneming, interpretasie en toepassing. Jy het net jou Bybel en ‘n pen nodig! Daar is ‘n paar dae waar ons jou sal verwys na addisionele hulpbronne, maar ons probeer dit eenvoudig hou.

Neem jou tyd. Moenie moedeloos raak nie. God het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien (2 Petrus 1:3), en dit sluit sy Woord in. As jy in Christus glo, leef die Heilige Gees in jou. Dit beteken dat dieselfde Gees wat Christus uit die dood uit opgewek het, aktief in jou lewe werk en gewillig en in staat is om jou te help om die Bybel te verstaan. Hy wil hê dat jy dit moet verstaan! Vertrou dat Hy jou sal lei om sy Woord korrek te verstaan.

Weet jy wat nog? Jy mag maar foute maak! Moenie bang wees nie, maar wees ontvanklik en gewillig om te leer. Toets wat jy geleer het of tot gevolgtrekking gekom het, met die res van die Bybel. Is dit in lyn met die res van die Bybel? Stem dit ooreen met waarhede wat op ander plekke in die Bybel gevind word? Wees gewillig om jou oortuigings en gevolgtrekkings te verander soos die Heilige Gees jou leer en jou laat groei in jou wandel met God.

Ons is opgewonde om vir die volgende ses weke saam met jou te wandel soos ons daarna streef om ons verhoudings met God te verdiep.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse