In Sy Krag – Vandag: JoAnne se Verhaal

Ek is trots op my Italiaanse herkoms! Heerlike kos, pret, mense vir wie menseverhoudings baie belangrik is, pragtige kuns, kultuur en gewoonlik ‘n diepe liefde vir God. Alhoewel ek eers in my tienerjare vir Christus as my Verlosser aangeneem het, was ek altyd lief vir Jesus.

Een van my verre voorsate word hoog aangeskryf in Handelinge 10. Kornelius was ‘n godvresende man wat ‘n belangrike posisie as ‘n Kaptein gehad het in die Italiaanse regiment en hy was hoogs gerespekteer deur die Joodse volk waar hy gestasioneer was. Kornelius het homself omring met godvresende mense, hy het gereeld gebid, gevas en baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help.

Hy het egter nie vir Jesus geken nie.

Dit sou egter verander toe God aan hom gedink het, wetende wat ‘n kragtige man hy vir die Koninkryk sou word.

God het ‘n engel na ons Italiaanse vriend gestuur en aan hom gesê om ‘n man te soek wat hom sou vertel hoe om gered te word. Petrus se oë en hart is geopen toe God hom geleer het dat die evangelie vir alle mense is, insluitende die Nie-Jode. Nadat hulle gehoor het hoe Petrus die Goeie Boodskap van Jesus gepreek het, het die gawe van die Heilige Gees op Kornelius, sy familie en vriende gekom, net soos dit op die dag van die pinksterfees in Handelinge 2 gebeur het. Die hele groep het Jesus as Verlosser aangeneem.

My liewe vriend, glo dit of nie, maar Kornelius is soos miljoene Moslems vandag!

Hulle volg hulle god, bid, vas en gee aan die armes.

Maar hulle ken ook nie vir Jesus nie.

Net soos die Vader na Kornelius gestreef het met ‘n bonatuurlike ontmoeting, doen Hy vandag met die Moslems. Hulle het ongelooflik baie drome, visioene en wonderwerke! Hulle gee ook hulle lewens oor aan Jesus.

Ontmoet vir Jamila. Sy is dierbaar en vurig, en het ‘n stralende glimlag. In die hitte van die Siriese oorlog het ‘n vriend vir Jamila vertel dat Jesus na Moslems toe kom in drome. Sy het selfs een keer gedink, “Ek is ‘n Moslem, ek wens Jesus wil na my toe kom.”

Jamila was gedwing om vir maande sonder haar bloeddruk medikasie te wees. As gevolg daarvan het ‘n massiewe beroerte haar in ‘n koma en verlam gelaat. Haar familie het in die hospitaal rondom haar bed gestaan en hulle was platgeslaan toe die dokter sê dat sy waarskynlik nie die nag sou oorleef nie.

Jamila het gesê dat sy alles kon hoor wat rondom haar in die hospitaal gebeur het, maar die woorde wat sy geskree het om vir hulp te vra, was net in haar gedagtes.

Skielik het Jesus in ‘n glinsterende wit kleed voor haar gestaan.

“Jamila, Ek is Jesus! Ek hoor jy het na my gesoek. Ek gaan jou genees vir my glorie.”

Toe Jesus haar verlamde arm aanraak, het hitte deur haar liggaam gespoel. Jamila het haar hand opgelig om Hom aan te raak. Sy het die harde slag gehoor toe haar ma se stoel die vloer tref. “Jamila het haar hand opgelig!” Maar toe die dokter gekyk het, was Jamila onheilspellend stil. Gedurende die volgende paar dae het Jamila meer beweging gewin elke keer as Jesus haar liggaam aangeraak het, totdat sy eendag haar oë oopgemaak het, heel en volkome genees. Jamila kon elke deel van haar liggaam beweeg en haar bloeddruk was konstant normaal.

Jamila het almal wat sy ontmoet het vertel van Jesus en hoe Hy haar wonderbaarlik genees het. Soos die oorlog feller geraak het, het haar hele familie na Jordanië gevlug. Daar het sy begin soek vir antwoorde oor wie Jesus werklik was. Ten einde laaste het sy ‘n vrou gesien wat ‘n kruis-hangertjie gedra het en Jamila het haarself aan die vrou voorgestel deur haar dadelik haar wonderwerkverhaal te vertel. Jamila en Maria het begin om gereeld te ontmoet en Maria het al Jamila se vrae beantwoord deur die waarheid van God se Woord.  Jamila kon nie langer Jesus se liefde ontken nie en sy het haar lewe aan Hom gegee. Met tyd het Jamila se hele familie ook vir Jesus aangeneem!

Jamila se wonderbare verhaal is een van die ontelbare goddelike ontmoetings wat Moslems met Jesus het.

Gebeur wonderwerke soos in Handelinge, vandag?

Definitief!

Die vraag is, verwag ons dit?

Wanneer mense desperaat en soekend is, leef in ‘n kultuur waar Jesus nie bekend is nie, of die Woord van God nie geredelik beskikbaar is nie, gebeur wonderwerke!

“Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie; Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” – 2 Petrus 3:9

JoAnne

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse