In elke oomblik, God met ons..


In elke oomblik, God met ons..
Deur Jen Thorn | Dec 10, 2015

Immanuel

Dit is ‘n pragtige naam. ‘n Naam wat ons laat sing en jubel, want dit vertel ons dat God met ons is!

In die tyd van Jesus het soveel mense nie ‘n idee gehad dat wanneer hulle na Hom gekyk het, het hulle na die gesig van God gekyk. Dat die hande wat vir hulle iets gegee het om te drink, almagtige hande was nie, en die woorde wat Hy gespreek het, woorde van redding was nie. En toe Maria haar baba vasgehou het, het sy geen idee gehad watter pyn hierdie God-man op Homself sou neem uit liefde nie – liefde vir Sy mense.

Immanuel – God MET ons!


Die verskeidenheid name en titels wat God het is nie leë name nie, maar name wat gevul is met betekenis. “Immanuel” is een van die name waarvan ons nooit die diepte van kan bereik nie.

Ons vind dikwels troos in die feit dat God met ons is wanneer ons bang of angstig is. Dit is ‘n goeie ding. Maar God is nie ‘n gees wat ons volg nie, of in dieselfde kamer as ons is nie. Sy teenwoordigheid is baie meer ongelooflik – baie meer persoonlik.

God het mens geword en het Sy woning gemaak tussen die mense wat Hy geskape het. Sy koms het ‘n pragtige en ontnugterende doel. Hy het gekom om te sterf. Sy dood het ‘n band gesmee tussen Christus die Verlosser en die sondaars vir wie Hy gekom het om te sterf.

Ons noem dit die groot uitruiling. Sonde is verruil vir geregtigheid, dood vir lewe, haat vir liefde, vyandskap vir vriendskap en leegheid vir die teenwoordigheid van God.

Immanuel – God met ONS!

Jy, geliefde gelowige, is gekruisig met Christus! Dit is nie meer jy wat leef nie, maar Christus wat nou in jou leef!

Immanuel beteken God is met JOU! Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie en Hy het Sy woning in jou gemaak. En Hy is in jou, want Hy het jou lief!

en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Galasiers 2:20

So waar kan ons gaan om hierdie teenwoordigheid te ontvlug? Nêrens nie, want ons kan Hom nie van ons harte skei nie, en niks kan ons van Sy liefde skei nie. (Rom 8:38,39). Wat kan ons doen om te veroorsaak dat Hy ons verlaat? Niks nie, want Sy liefde is sterker as enige van ons sonde.

Die groot verlosser leef en Hy leef in jou!

Kyk na Jesus,

110415_1718_Bekendstell3.png

 

 

Soos 2015 tot ‘n einde kom, nooi ons u om by ons aan te sluit in 2016 wanneer ons die nuwe jaar begin, gefokus in gebed….

Ad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse