Immanuel – God By Ons

Immanuel – God By Ons

Grpahic

Dierbare Paige, Addie, & Brinnley

Ahh hoe lief het ek elkeen van julle! Julle is almal daarbo vas aan die slaap, ingesteek in die bed en ek is hier onder op die rekenaar en smeek vir God om deur my te praat, want ek voel ek het nie enige woorde oor om te se vir hierdie pos vanaand nie…

Dit was ‘n lang dag… en ek is moeg.

Nee nie van julle nie Ek is moeg van hierdie wêreld. Ek is moeg van al die malligheid van ons wêreld… die nuus, die hartseer, die wêreld se gebrokenheid, my eie gebrokenheid.

Ek voel vanaand moeg.

En dit is altyd in die moegheid dat dit lyk of vrees wil insluip.

Ek vrees nie regtig vir my nie. Ek vrees meer vir julle.

En ek weet ek moenie, Ek WEET dat in my gedagtes ek moenie…. Maar ma’s is geneig om hiermee te sukkel wanneer hulle dink oor hulle kinders en hoe die wêreld sal wees vir hulle soos hulle groot word.

En dit is hoekom ek vir God se beskerming bid oor julle ELKE aand wanneer ons ons aand gebed en rugvryf doen

Ek weet nie of julle ooit die gebede wat ek oor julle gebid het sal onthou nie, en dit is “okay”, dit maak regtig nie saak nie, Ek weet God hoor hulle.

Elke aand bid ek vir julle harte om altyd teenoor Hom sag te wees,

Ek bid dat daardie soet voete van julle sal tyd stewig in Sy Woord gegrond wees.

Ek bid dat daardie pragtige oë van julle sal sien soos Jesus… mense wat seer het en wat ‘n woord van bemoediging nodig het.

Ek bid dat julle lewens sal lewe tot die volste, wetende dat God is ons Immanuel.. God is met ons.

Ek wil hê dat julle moet nooit vergeet nie… God is altyd met jou.

Vanaand lees ek oor Josef in Mattheus 1 en ek het dit interessant gevind dat die engel van die Here vir Josef vertel het om nie bang te wees om Maria as sy vrou te vat nie.

Vrees

Van alle mans op die aarde, was Josef die een gekies om die aardse vader te wees vir Jesus en tog was sy reaksie vrees.

Ohhh meisies daar gaan tye in jou lewe wees wanneer God jou kan roep tot ‘n daad van gehoorsaamheid, ‘n stap van geloof en jou eerste reaksie sal dit van vrees wees… net soos Josef.

Vrees van die onbekend.
Vrees van wat ander mense sal dink.
Vrees van faal.

En in daardie oomblikke, wil ek hê julle moet onthou dat ons ‘n God dien wie belowe het dat Hy ons nooit sal los of verlaat nie.

Ons God se naam is Immanuel en Hy is met ons.

Wees braaf

In daardie dae wanneer vrees dreun op jou hart, klou aan Immanuel, na sy Woord en bid asof Hy reg voor jou is… want Hy is.

Ja, die wêreld kan ‘n bang plek wees. Maar dit is ‘n wêreld in nood van Jesus

En ek wonder miskien, net miskien gee al hierdie gebrokenheid en vrees in ons wêreld ons die geleentheid om saam dapper te wees, om dieper lief te hê … en om lewens te lewe wat demonstreer ons is ‘n volk wat weet ons God is met ons.

Soete meisies, moet NOOIT vergeet julle lewens is in Sy hande.

Hy is die Goeie Herder
Ons Vredevors.
Ons Ewige Vader
Ons Kragtige God.

Vrees, jy het geen plek hier nie.

Ons sal braaf wees ten sypte van u.
Ons sal vertrou wanneer ons gevoelens ons faal.
God, ons sal U vat by U naam: Immanuel… U is met ons.

Vanaand my dierbare meisies, neem ek my eie advies. Ek gaan my hart bewaar en my vrese omdraai in gebede, wetende dat God is hier met my.

Ek het die Here altyd by my:
omdat Hy by my is,
sal ek nie struikel nie – Psalms 16:8

Met al my liefde

Ma

Kom ons praat

Met watter vrese sukkel jy mee vandag. Laat ons mekaar oplig en hulle saam beveg deur gebed.

Spesiale Aankondiging :

Gebruik julle tans die YouVersion plan? Daar was ‘n fout tydens die oplaai proses en nie al die inhoud is gepubliseer nie. Die inhoud is nou alles daar, maar julle sal sien dat die datums is verkeerd. VANDAG SE LESING BEGIN NOU OP November 29. Ons is so jammer vir die verwarring, en ons sal ons bes doen om te verseker dat dit nie weer in die toekoms gebeur nie. Dankie vir julle geduld!

Lief God Grootliks!


My persoonlike Name van God studie joernaal)

Hey dierbare vriendinne!

Vandag ek wou net vir julle ‘n bietjie iets wys wat ek doen vir my meisies tydens hierdie studie. Aan die einde van elke week, in my Name van God joernaal, het ek ‘n brief geskry aan my dogters met behulp van My Reaksie bladsye. In die brief deel ek met hulle wat ek geleer het die week van tyd spandeer in God se Woord. Ek is lief om dit te doen, want nou voel ek, ek skep ‘N joernaal vir hulle wat hulle sal bewaar wanneer hulle ouer is … tog is dit baie maklik om te inkorporeer in ‘n gewoonte wat ek reeds doen.

Wou net hierdie idee met julle deel in geval julle iets soortgelyk vir julle kinders, kleinkinders en vriende wil doen!


Week 5 Video:

Week 5 Uitdaging:

Hierdie week bestry doelbewus jou vrese met God se Woord Memoriseer Jesaja 41:10 en elke keer wanneer ‘n vrees in jou gedagtes inkruip, draai jou vrees in ‘n gebed.

Week 5 – Leesplan


Week 5 – Memoriseer Vers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse