Hy Betoon Genade Aan Sy Kinders.

Hy Betoon Genade Aan Sy Kinders.

Angela

Maar Ek sal My oor Juda ontferm en Ek, die Here hulle God, sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens, oorlog, perde en ruiters nie. – Hosea 1:7

Hosea en Gomer se tweede kind was ‘n dogter met die naam Lo-Rugáma (Hosea 1:6-7), wat beteken “onbetreurd” of “nie geliefd.” God het sy volk liefgehad en dit op baie maniere bewys, maar nou gaan Hy daardie liefde aan die Noordelike Ryk van Israel onttrek en nie meer genade betoon nie.

Warren Wiersbe sê “God se liefde is beslis onvoorwaardelik, maar ons genot van hierdie liefde is voorwaardelik, dit hang af van ons geloof en gehoorsaamheid.” (Sien Deut 7:6-12; 2 Kor. 6:14-7:1.)

God laat die Assiriërs toe om die Noordelike Ryk te verwoes, maar Hy beskerm die Suidelike Ryk van Juda (Jesaja 36-37; 2 Konings 19) vir nog ‘n paar jaar lank totdat hulle ook in ballingskap weggevoer word.

Vandag kry ons die eerste blik op God se genade. Ons sal baie hiervan sien in die boek Hosea! Die oordeel oor Israel was op die punt om in vervulling te gaan. Maar Hy het steeds genade aan Juda betoon. Ons het ‘n liefdevolle en barmhartige God. Ons het ‘n God wat ons liefhet, ‘n God wat vir ons omgee, ‘n God wat ons vergewe.

Hemelse Vader, ek kan U nie genoeg dank vir u genade teenoor my nie. Ek verdien dit nie. Ek staan skuldig weens my sonde, maar U het my lief en vergewe my. Dankie Here. Geloofd sy u heilige naam. Amen.

 

Angela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse