Hy Bedek Ons Met Sy Deernis

Deur Lyli Dunbar | Oktober 2, 2018 | Jona – Liefde Sonder Vooroordeel

Vriendinne, ek moet bely dat ons Jona studie in die laaste vier weke baie sterk tot my gespreek het. Om Jona se verhaal te lees, was soos om ‘n spieël voor die bedorwe, stout kind in my hart te hou.

  • Ek kla wanneer dinge nie na my sin is nie.
  • Ek wonder hoekom God nie wil doen wat ek wil hê nie.
  • Ek wens dat dinge anders was.
  • Ek bestee heeltemal te veel tyd om nukkerig te wees oor dinge wat my teleurstel.
  • Ek het dikwels ‘n skewe perspektief en ek moet wakker geskud word.

God is so geduldig met sy kinders, en Hy het aangehou om uit te reik na sy verlore profeet om hom te help om ‘n spieël voor sy selfsugtige hart te hou. God het nooit opgegee op Jona nie.

God het ons so lief dat Hy sy genade oor en oor aan ons uitreik. Hy bedek ons met sy deernis en nooi ons uit om rus te vind wanneer ons oorgee en bely.

God wil hê dat ons, soos Jona, sien dat Hy meer besorgd is om ons karakters te louter, as om te reageer op ons gemak.

God sal sy genade aan ons bewys – nie gebaseer op ons verdienste nie – maar omdat Hy getrou is om sy beloftes te hou. Hy word nie gou kwaad nie en reageer nooit op ons slegte harte met enige iets anders as ‘n bevestiging van sy standvastige liefde nie. Hy mag toelaat dat ons ongemak ervaar, maar altyd omdat Hy ons terugtrek in die sirkel van sy beskerming in.

Voordat ons ons studie van die boek Jona afhandel, moet ons diep kyk in die spieël van God se Woord en sien waar ons nie God se barmhartige hart het nie.

  • Neem ons maklik aanstoot?
  • Gee ons op met ander mense wat moeilik is om lief te hê?
  • Het ons onsself geïsoleer van ander omdat mense ons teleurgestel het?
  • Het ons opgehou om daar te wees vir ons vriende wat seer het, net om op die kantlyn te sit?
  • Kla of loof ons harte vandag?

God wou hê dat Jona deernis met die Nineviete moes hê – omdat Hy die wêreld liefhet. Hy is lief vir elke enkele persoon wat nou asemhaal en op die aarde wandel.

Kom ons mis nie die boodskap van Jona nie. God handel nie met ons op grond van wat ons sonde verdien nie. Elke oggend ontvang ons nuwe genade wanneer die son opkom om ons te groet.

As mense wat God se deernis ontvang het, moet ons sy boodskap uitdra deur met ‘n mop op te daag om skoon te maak en kos te bring na gebroke plekke. Ons moet sonder vooroordeel gaan en ‘n verskil maak.

Kom ons veg teen die versoeking om op die kantlyne te sit en kla.

Vra God om jou ‘n nuwe perspektief te gee van hoe jy ‘n moeilike persoon met sy deernis kan oordek.

Ons kan vandag oorbegin. Ons kan opdaag selfs wanneer dit ongemaklik is. Ons kan in die moeilike plekke dien. Ons kan lewe spreek oor diegene wat Hom desperaat nodig het.

Ons is op ‘n missie van deernis.

Behou die geloof,

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse