deur Jen Thorn |19 Feb 2016
Romeine 8:26-27
Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
Ek dink hierdie was een van my gunsteling weke op gebed sover. Dit is wonderlik om te leer wat gebed is, hoe om te bid, waarvoor om te bid en die verskillende tipes gebede, maar dit is alles betekenisloos as God ons nie hoor nie.
Daar is baie keer in my lewe toe ek gevoel het asof my gebede nooit die ore van die Here bereik nie. Ek weet dit is ‘n valse persepsie van my kant af, maar dit is ook ‘n aanduiding van ‘n swak hart en ‘n swak begrip van God. As jy enige twyfel het of God jou gebede hoor of nie, hoop ek dat hierdie week ‘n aanmoediging vir julle was.
Een van die rolle van die Heilige Gees is om ons helper te wees (Joh. 14:26) en oh het ons dit nodig. Hy por aan ons gewete wanneer ons in onmin met die Woord van God leef (Joh 16:8). Hy troos ons in ons pyn (Hand 9:31), en leer ons in ons onkunde (Joh. 14:26), maar Hy help ons ook in ons gebedslewe.
As jy grootgeword het in die kerk het jy waarskynlik die frase gehoor “die Gees tree in vir ons”. Dit klink wonderlik, maar wat beteken dit?
Gebed is ‘n konstante herinnering aan ons dat ons volkome en diep afhanklik van God is vir alles. Ons is gevul met swakheid en hierdie swakheid word dikwels gesien in ons gebedslewe. Ons is maklik afgelei, en laat ons skedules en bekommernisse ‘n wolk oor ons plaas in tye van gebed. Ons raak ongeduldig en jaag deur gebed, want ons te-doen-lys roep en om eerllik te wees, om te begin met die wasgoed, rondharloop en take doen, of ‘n stort neem voor die baba wakker word is meer belangrik as om tyd die spandeer om met God te praat of Sy Woord te lees
Soms weet ons nie hoe om uit te druk wat ons voel nie, want ons harte is koud of gevoelloos. Elke nou en dan haak ons net vas. Ons omstandighede verwar ons, ons voel moedeloos, of ons been moeg en weet eenvoudig nie wat om te sê nie.
Hou moed: Ons bid NOOIT alleen nie. Die Heilige Gees tree vir ons in; Hy bid met en vir ons elke keer as ons bid.
Maar presies hoe help Hy ons in ons gebede?
- Die Gees gee rigting
Het jy al ooit iemand gehad wat in jou gedagte oppop en ‘n behoefte voel om vir hulle te bidi? Dit is ‘n aanporing van die Heilige Gees. Moet dit nie ignoreer nie. Hy is ons berader wat by tye op ons harte sal neerlê die dinge waaroor ons behoort te bid. Miskien is dit ‘n persoon, miskien is dit ‘n omstandigheid, of miskien is dit ‘n aanporing om te berou. Dit is ‘n manier waarop die Heilige Gees ons help om ons gebede rigting te gee.
- Die Gees tree in wanneer ons nie weet waarvoor om te bid nie
Hoe dikwels het dinge in ons lewens gebeur wat ons laat wonder het wat het God gedoen? God se weë is nie ons weë nie, en dit kan lei dat ons heeltemal deurmekaar voel. Ons weet nie die soewereine wil van God nie, so ons weet nie of ons vir genesing, of krag, of meer geloof en geduld moet bid nie. Al hierdie dinge is goeie dinge om vir te bid, maar ons vind onsself sonder rigting in die middel van ons seer.
Wanneer ons raadop is, kan ons verseker wees dat die Gees nooit verward is oor wat ons nodig het nie. Hy weet presies waarvoor om te bid want hy ken die begeertes van ons hart en die wil van die Vader. En omdat die Gees se gebede altyd in ooreenstemming met die wil van die Vader is, word hulle altyd beantwoord. Dit is vir my verbasend! Dit moet ook ‘n groot aanmoediging vir ons wees om aan te hou bid veral wanneer ons swak voel, wanneer ons oorweldig is, of wanneer ons verwoes is.
God het gesê dat Hy ons nooit sal verlaat nie – dit sluit in ons tye van gebed. Die Gees is daar by ons in ons swakheid, en help ons bid en tree in names ons.
Nie een van ons gebede word gemors nie! God die Vader hoor hulle almal, want Hy sorg vir diegene wat gekoop is deur die kosbare bloed van Jesus en verseël is vir ewig met die Heilige Gees wat vir ons intree elke keer as ons bid. Geen wonder dat gebed so kragtig is! So bid met vrymoedigheid oor alles en nog en onthou dat God in jou werk en hoor al jou gebede.
Kyk an Jesus