Herken En Weerstaan Die Sonde Van Bevooroordeeldheid 

deur WhitneyD | Januarie 31, 2018 | Jakobus

My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. – Jakobus 2:1

Ons staan regop en ons is vinnig om dit te ontken. Dit kan nie ons wees nie. 

Partydigheid.

Vooroordeel.

 Diskriminasie.

“Definitief nie ek nie,” sê ons saggies, terwyl ons senuweeagtig rondskuif, vroetel en wegkyk, soos ons probeer om die gesprek te vermy.

Maar hoe graag ons dit graag onder die tapyt wil invee, is dit ‘n saak wat baie dringend aangespreek moet word. Die Kerk van vandag word ongelukkig geteister met dieselfde bedorwenheid as dié in Jakobus se tyd, wat toegelaat het dat hulle persoonlike voorkeure liefde oorskadu. Die probleem? Hierdie broers waarna Jakobus verwys, was meer besorg oor hulle eie glorie as die Here se glorie, en ons is dikwels nie veel anders nie.

Ons vlees smag om in lyn te wees met dié mense wat verhoogde sosiale stand, skoonheid en invloed het. Maar o wee, hoe word my hart gevul met die nederige oortuiging wanneer ek onthou dat Jesus in die oë van die wêreld nie een van hierdie dinge was nie. Inteendeel, Hy was presies die teenoorgestelde. Hy was ‘n man met geen reputasie nie, iemand wat homself verneder het deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem (Filippense 2:7). Hy het geen fisiese skoonheid gehad wat ons na Hom toe sou getrek het nie, en Hy is deur mense verag en verwerp (Jesaja 53:2-3) … selfs tot die dood toe.

Jesus het Homself verneder.

Laag genoeg om die glorie van die hemel te verlaat om ten volle God, en tog ten volle mens te wees. 

Laag genoeg om in ‘n stal gebore te word, en ‘n krip as Sy eerste bed te hê. 

Laag genoeg om aan die melaatse te raak, met die tollenaar te eet, en genade te toon aan die owerspelige vrou. 

Laag genoeg om die dissipels se voete te was. 

Laat genoeg om die gespoeg, die houe en die spykers in ons plek te vat.

Laag genoeg om Sy gees op te gee en begrawe te word. 

Laag… sodat Hy uiteindelik kan opstaan… in triomfantelike oorwinning!

Neem die vorm van ‘n dienskneg aan om opofferend diegene wat deur die wêreld verwerp is lief te hê?

Daar is nie ‘n mooier posisie nie. Dit is hoe ons in ons Verlosser se voetspore wandel – deur onsself nederig onder God se kragtige hand te plaas sodat Hy ons op die bestemde tyd kan verhoog. (1 Petrus 5:6).

Die mense wat die wêreld klassifiseer as gebroke en verlate – God sê dat ons hulle moet bystaan. 

Die mense wat die wêreld arm en waardeloos noem – God sê dat ons aan hulle moet aandag gee en hulle moet eer.

Die mense wat die wêreld sê ons geen notisie van moet neem nie, teen moet diskirimineer en demoraliseer, sê God ons moet soos onsself liefhê. 

As gevolg van die kruis, seëvier barmhartigheid oor oordeel.

Is jy vasgevang in die sonde van partydigheid? Moenie nog ‘n minuut langer wag om te bely nie, jouself te verneder en vandag soos Jesus lief te hê nie.

As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. – Jakobus 2:8

By Sy voete,

 

 

 

 

 

Kom ons praat: Wie sluit jy dalk uit deur jou aksie, deur wat jy nié doen nie, of jou gesindheid? Wat is een stap wat jy VANDAG kan neem om barmhartigheid en liefde uit te reik? 

___________________________________

Word ’n Fasiliteerder

Dit is LGG se visie om kleiner groepe te hê, elk met hulle eie fasiliteerder, sodat die vrouens ‘n nouer gemeenskap kan vorm wat saam uit die Bybel leer en mekaar ondersteun, eerder as om net een groot groep met honderde lede te hê. Sal jy dit oorweeg om ‘n fasiliteerder van ‘n LGG groep te word? ‘n Fasiliteerder kan weekliks ontmoet met haar LGG Bybelstudiegroep in haar huis of by die kerk, of sy kan ‘n private groep hê op Facebook, WhatsApp, of met e-mail, waar sy dan daagliks tydens die LGG studies die versies en haar SOAP deel met haar groep. Daar is baie hulpbronne en ondersteuning beskikbaar vir fasiliteerders.

Sal jy dit biddend oorweeg om deel te word van hierdie ongelooflike bediening wat God vir ons gegee het, deur ons te help?

Indien julle belangstel, stuur asseblief vir ons ’n epos by [email protected]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse