Here Oor Almal

Here Oor Almal

Deur Angela

Hiskia het gedoen wat reg is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg. – 2 Kronieke 29:2

Op my ouderdom het ek reeds ‘n paar presidente se inhuldigings deurleef. Sommige presidente, op grond van hoe hulle ons land bestuur het, het nader aan God geleef as ander.

Die eerste president wat ek as kind onthou, was Ronald Reagan … Ja, ek is ‘n kind van die tagtiger jare. Ek onthou steeds sy toespraak aan die Amerikaanse publiek een aand op my oupa se ou televisiestel. Ek het dié betrokke aand daar oorgeslaap. Ek onthou dit nog soos gister, terwyl my ouma my in die bed gesit het daardie aand het sy vir my gesê: “Angela, jy moet altyd vir ons presidente bid. Dis baie belangrik dat ons vir hulle bid, vir hulle beskerming en dat God hulle die wysheid sal gee om ons land te lei.” Ek is nie seker waarom daardie kort gesprek so ‘n groot impak op my gemaak het nie, maar dit het.

Miga begin deur vir ons baie belangrike inligting te gee. Eerstens noem hy dat wat hy van plan is om te deel, van God is, hy is net die boodskapper. Dan gaan hy voort deur te deel waar hy vandaan kom en om ons te vertel van die drie konings wat gedurende sy jare as ‘n Ou-Testamentiese profeet in die 8ste eeu V.C. geregeer het. Ons leer dat Miga uit ‘n boerderygemeenskap kom. Hierdie inligting is belangrik om te weet wanneer ons verder lees in die boek Miga. Later sal ons sien dat die meer welvarende praktyke van die gemeenskap waarin Miga opgegroei het, sowel as in Juda en Israel, diegene wat minder welvarend was, afgeknou het.

Die drie konings waarvan Miga melding maak, was ook baie verskillend van mekaar, hoewel twee van hulle dieselfde vader gehad het … Koning Dawid.

Jotam (750-735) was min of meer onverskillig teenoor God. Hy het in die openbaar deur die godsdienstige rituele gegaan, maar sy hart was nie daarin nie. Agas (735-715), was BAIE boos. Hy was nie onverskillig soos Jotam nie, hy was blatant uitdagend teenoor God. Hiskia (715-686) was presies die teenoorgestelde. Hy het God liefgehad en daaraan gewerk om God se mense terug te keer na Hom.

Terwyl ek lees oor elkeen van hierdie drie konings, herinner dit my aan die wysheid wat my ouma so baie jare gelede met my gedeel het: ons moet vir ons leiers bid. Maak nie saak of ons tydens die regering van ‘n ‘Jotam’, ‘Agas’ of ‘Hiskia’ leef nie, ons moet vir hulle bid en kies om ons lewens so te leef dat ons God eerbiedig net soos Miga. Ons word geroep om te veg teen die onderdrukking wat vandag voorkom en in stede daarvan, te leef – soos Miga ons oproep – deur vriendelikheid uit te straal, geregtigheid toe te staan en nederig met God te wandel.

Moet nooit vergeet dat God soewerein is en dat Hy aan die werk is tydens die heerskappy van konings wat Hom liefhet en die wat kies om Hom nie lief te hê nie … God is Here oor ALLES!

Week 1 Uitdaging: Dra my ouma se wysheid oor aan jou geliefdes. Neem tyd hierdie week om te bid vir ons president en diegene wat ons land, stede en gemeenskappe lei. Dis ons verantwoordelikheid om ons jonger geslagte die belangrikheid van hul gebede te leer.

Kom ons gesels: Bid jy doelbewus vir die leiers van ons land en dié in jou lewe? Was dit vir jou as kind geleer?

Hê God Groots Lief,

Week 1 Leesplan

Week 1 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse