Grenslyn Gelowiges
Deur Angela | Julie 12, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning
Om te verstaan hoekom Ruben, Gad en die helfte van die Manasse stam die verkeerde keuse gemaak het om te vra of hulle hulleself aan die Oostekant van die Jordaan kan vestig, moet ons Numeri 32 lees.
In die hoofstuk, lees ons dat hulle ‘n groot aantal vee gehad het. Toe hulle die land van Jaser en Gilead sien, het hulle gedink dat dit ‘n goeie plek vir hulle vee sou wees en het toe besluit om te vra of hulle daardie land as hul erfporsie kan ontvang.
Moses het besef dat dit nie ‘n goeie idee was nie en was bang dat die twaalf stamme sou besluit om aan dié kant van die Jordaan te bly in plaas daarvan om die rivier oor te steek en die land te verower soos God hulle beveel het. Hy het toe ingestem vir hulle versoek, maar het ‘n verdrag met hulle gemaak. Hulle moes saam met die ander stamme veg aan die anderkant van die Jordaan en ná die geveg kon hulle terugkeer na hulle erfporsie aan die Ooste van die Jordaan.
Soos ons later in die boek van Josua sal lees, was hierdie besluit dalk ‘n goeie een vir die vee gewees, maar dit was veseker die verkeerde besluit vir die nageslagte. Hul posisie het hulle uiters kwesbaar gelos en hulle is vinnig blootgestel aan goddelose invloede wat uiteindelik sou lei tot hulle ballingskap deur die Assiriërs. (1 Kronieke 5:25-26).
“Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet word en bring Ek verskrikking oor hulle. Toe Ek geroep het, het niemand geluister nie; hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie. – Jesaja 66:4
Wanneer ons “grenslyn gelowiges” word, is ons die hele tyd in die versoeking om ‘n aardse lewe te soek inplaas van ‘n goddelike lewe.
Hierdie stamme het besluit om God te gehoorsaam op ‘n manier wat hulle gepas het. Hulle was opsoek na gemak en het ‘n besluit geneem gebaseer op wat hulle gesien het.
God het wonderlike planne vir ons lewens (Jeremia 29:11). Hy het vir ons goeie dade geskep (Efesiërs 2:10). Maar nogsteeds dink ons ons weet van beter. In plaas daarvan om net gewilliglik te aanvaar wat Hy vir ons beplan, maak ons ander planne.
Een van die eerste lesse wat ek as weergebore Christen geleer het, is dat daar nie ‘n meer gevaarliker plek is as die van buite God se wil nie. Dit kan dalk lekker gerieflik en maklik lyk of “goed vir die vee” wees, maar deur hierdie plek te kies, sal ons uitmis op die wonderlike goed wat God vir ons beplan.
Ek wil hê God moet in my lewe verheug. Dit het my na plekke gelei wat ek nooit uit my eie sou gekies het nie. As ek net aan my eie gemak en welstand gedink het, sou ek nooit gekies het om in Venezuela te bly nie. Dit is ‘n land van skaarsheid en onsekerheid, en definitief nie die plek wat ek sou kies om my kinders groot te maak nie.
Maar, so gevaarlik en ongemaklik as wat dit is volgens menslike standaarde, is dit die plek waar God wil hê ons moet leef, floreer en Hom dien. Om die land te verlaat sonder dat God vir ons aanwys om dit te doen, sal die verkeerde besluit wees.
Om ten volle gehoorsaam te wees aan God se bevele is nie altyd maklik nie. Maar ons moet weet dat wanneer ons Sy wil gehoorsaam, Hy na ons sal omsien op wyses wat ons nooit gedink het Hy sou kon nie.
Neem vandag ‘n bietjie tyd om te sien waar jy is. Is dit die plek waar God jou wil hê? Of is jy by die grens van Sy wil?
Tevrede in Sy diens,