God se wysheid: Ons grootste skat, of ons laaste opsie
Deur WhitneyD|Dec 2, 2015
Veronderstel jy was siek en daar was ‘n bewysde medisyne wat jou sal help.
Jy is bewus daarvan dat hierdie medisyne bestaan, maar jy vra nie daarvoor nie.
Dit is nie dat jy nie beter wil word nie. Inteendeel, jy begeer om genees te wees van hierdie siekte sodat jy ‘n produktiewe lewe kan hê. Dit is net dat…
Jy is seker jy kan hierdie siekte op jou eie oorkom. Jy is trots daarop dat jy sterk en in staat is en jy hou nie regtig daarvan om van enige iemand of enige iets afhanklik te wees nie.
As jy na die dokter sou gaan, sal hy tien teen een net vir jou sê dat jy beter moet eet en moet oefen, en jy voel regtig nie lus om weer daardie lesing te hoor nie.
Die medisyne is bekend daarvoor dat dit werk, maar jy twyfel dat dit vir jou persoonlik effektief sal wees. Jy het dit vantevore probeer, met geen onmiddelike resultate nie.
Selfs al het jy die medisyne nodig, het jy regtig nie tyd om dit te gaan kry nie. Met al die ander eise in jou lewe, wie wil nog een ding hê om te doen?
Hierdie medisyne kan nie die enigste oplossing wees nie, nê? Daar is baie opinies oor ander behandeling wat dalk kan werk.
So jy vra nie vir dit nie.
Die resultaat? Jy was siek vir baie langer as wat jy hoef te gewees het, en die medisyne – wat jy maar net van die begin af moes geneem het – was op die ou end die enigste effektiewe oplossing.
Ek wonder of hierdie somtyds is hoe ons daaroor dink om vir God te vra vir wysheid wanneer moeilike tye kom.
Kyk of jy kan assosieer met enige van hierdie…
Vir sommige van ons is dit trots: ons dink ons kan probleme op ons eie oplos, so ons gaan aan in ons eie krag en ons los God heeltemal uit die prentjie. Sommige gelowiges dink dat as hulle na God gaan, dan gaan Hy net ‘n lys van hulle sondes gee, en hulle verdoem omdat hulle hulself in hierdie gemors laat beland het. Ander twyfel of God se wysheid enige iets in hulle lewens sal verander, want hulle het vantevore gevra, en die resultate het nie op hulle tyd en op hulle manier gekom nie.
En selfs wanneer ons erken ons het ‘n oplossing buite onsself nodig?
Ons is dikwels nie gewillig om die tyd en energie te belê om na God se wysheid te soek nie, so ons swig voor wêreldse denke en God word maklik ons laaste opsie.
Ons is bewus dat hierdie wysheid bestaan, maar ons vra nie vir dit nie.
Vader, vergewe ons.
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” -Jakobus 1:5-6
God, dankie dat U Wonderbare Raadsman is. Ek loof U dat ons deur Jesus enige tyd en enige plek volle toegang tot U teenwoordigheid kan hê. Vergewe ons, Vader, wanneer ons trots ons verhoed om te vra na U wysheid. Help ons om na U te kom, want ons leef in die vryheid wat U vir ons gegee het: dat daar nou geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie. Vader, dankie dat U U wysheid mildelik gee wanneer ons daarvoor vra. Help ons om U troon te nader in nederigheid en vertroue, dat ons erken dat U weë hoër as ons s’n is, en dat U wysheid en doeleindes sal seëvier. O God, vergewe ons wanneer ons twyfel aan U! Bemagtig ons om U wysheid meer na te streef en hoër te ag as die wysheid van die wêreld: om daarna te soek soos silwer en dit op te spoor soos ‘n verborge skat. God, help ons om na U te hardloop as ons eerste liefde en grootste skat in plaas van ons laaste opsie.
“Met die goedheid van God wat ons hoogste welsyn verlang, die wysheid van God om dit te beplan, en die krag van God om dit te bereik, wat kom ons kort? Verseker is ons die mees belangrikste van al die wesens.” -A.W. Tozer
Ontbreek jy wysheid?
Moenie nog ‘n dag wag nie. Vra God, ons Wonderbare Raadsman…
By Sy voete,
*KOM ONS PRAAT: Wat verhoed JOU om God vir wysheid te vra?