God se Woord vir die Lewe se Seisoene

Deur WhitneyD | Oktober 11, 2017 | 1 & 2 Timoteus

Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. – 2 Timoteus 3:14-15

Hierdie woorde is uit die hart van God, my kind, en dit is vir jou.

Van die tyd toe jy ‘n pasgebore babatjie was – in die vroeë nagure toe net jy en ek wakker was – het jy die woorde gehoor wat Hy gespreek het, gefluister in jou klein ontroosbare oor. Hoe het ek gebid dat die Gees Sy woorde sal gebruik om bonatuurlike vrede en rus te bring tydens daardie slapelose nagte wat jare geword het. En Hy het.

Soos jy gegroei het, tussen soete giggels en mors van melk en troeteling op die bank en speel met mamma, het jy Sy stem in die oggend gehoor – ons Woord van die dag. Die Woord wat ons gedra het en geleer het in die besige kleuterdae, dra en leer ons steeds vandag.

Jy het Sy Heilige woorde gehoor terwyl jy onderstebo van die bank afgehang het gedurende ons familie aanbidding; daardie dae toe jy gesukkel het om stil te sit en ek gedink het jy sal nooit jou besige hande kan stilhou nie. En net toe dit gelyk het asof dit alles tevergeefs was, het jy skielik regop gesit, net lank genoeg om ‘n waarheid tot ons gesprek by te dra – ‘n genadeteken van God dat Hy aan die werk was in klein harte, selfs toe ons dit nie kon sien nie. Daar was genadetekens wat ons herinner het om voort te gaan in Sy Woord; om getrou in die wagproses te wees.

Tussen borde wat klingel, stemme wat kompeteer, die deurklokkie wat lui en huiswerk wat wag, het ons rondom ons gehawende tafel gesit en deur die moeilike goed gestoei. Wanneer stemme van buite harder word, word Sy woorde soeter. Wanneer vrae opkom, hou Sy woorde die antwoorde. Wanneer die nuus slegter word, is Sy woorde ons toevlug. Deur die krag van Sy Gees, gee Sy woorde vir ons insig, medelye en ‘n groter begrip van hoe om te leef en te skyn in ‘n wêreld wat Hom nie ken nie. Ons het geleer dat ons soos vreemdelinge in ‘n vreemde land mag voel, maar met Sy gedagtes en Sy hart geweef deur die bladsye voor ons, is ons nooit alleen nie.  

“Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig, weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee.” – 2 Timoteus 4:2

Voordat jou voete die vloer kon raak, het ek jou arm gekielie in die kerkbank terwyl die Woord gepreek is. In kore en van die kansel af het Sy geïnspireerde woorde ons opgehef, oortuig, bemoedig, gekorrigeer en ‘n hoop gegee wat nie van hierdie wêreld is nie. En wanneer jy die warm trane sien wat saggies teen my wang afvloei? Ek is eenvoudig oorweldig deur Jesus, my liewe kind. So berouvol oor my sonde. So ootmoedig deur Sy genade. So dankbaar vir die kruis. Sy woorde bring ons na hierdie plek. Hulle bring ons na Hom.

Die tyd is hier, my kind. Dit is nou tyd vir jou om hierdie Boek vir jouself oop te maak.

“want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” – 2 Timoteus 4:3-4  

Week daagliks in Sy waarheid. Drink daagliks Sy teenwoordigheid in. Deur hierdie kosbare bladsye, leer die Een ken wat dit alles vir jou gegee het, en moet dan nooit, ooit stop om Hom beter te wil leer ken en Hom meer lief te hê nie. Ander sal van Sy woorde af wegdraai, tydelike passies volg, in plaas daarvan om blywende vryheid in Hom te vind. Maar jy – staan ferm in hierdie gesonde leer. Versteek dit in jou hart en moenie daarvan wegdraai nie. Dit is jou lewenslyn – ‘n vaste fondament in moeilike tye, en jou roeping om te volhard totdat jou geloof sig gemaak word.

Jou Bybel is nie bedoel om op ‘n rak gehou te word nie, maar bedoel om jou reguit na die Vader toe te lei.

In Gees en in waarheid, gee Hy ons alles wat ons nodig het.

Hardloop na Hom.

 Ken Hom.

 Aanbid Hom.

 Hou vas aan Hom.

En neem dan jou kruis op en volg Hom…

“Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.” – 2 Timoteus 4:5  

By Sy voete,

 

 _______________________________________________

Stel jy belang om te help met vertaling, of om ons te help om vrouens te bereik in ander lande in hul moedertaal? Los ‘n boodskap by die kommentaar en sê in watter taal jy belangstel! Ons het altyd meer vertalers nodig en ook vrouens wat ‘n gawe het in grafiese werk, tegnologie, mentorskap… in AL ons tale. Ons wil graag saam met jou werk en meer vrouens bereik met God se Woord en Bybelstudie materiaal in 2017!

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse