God Sal Jou Lei

God Sal Jou Lei

Deur WhitneyD | Oktober 29, 2018 | Beloftes van God

Toe sy vier was, vol grappies en alles behalwe broos, het my jongste haar eerste gehoorapparaat gekry. Ons het deur ‘n baie lang proses gegaan om dit te kry, en laat ek julle vertel … ons was almal so opgewonde soos kan kom.

Interessant hoe gehoor jou laat besef hoeveel jy op uitgemis het.

Ek onthou daardie eerste dae van verwondering asof dit gister was. Sy sou my elke oggend, sodra haar ogies oopgaan, smeek om haar gehoorapparaat in te sit. Sy het sommer gou geleer wat daardie apparaat vir haar doen en die vreugde wat dit gebring het en het doodtevrede aanvaar dat om te probeer om op haar eie te hoor, tevergeefs is. Vir die eerste keer het sy na my gedraai wanneer ek haar naam roep. In plaas daarvan om my oor en oor te vra om die musiek harder te sit, het sy begin saam sing. Sy het aan die ontbyttafel na haar asem gesnak van opgewondenheid wanneer sy haar broer se stem hard en duidelik kon hoor. Ons kon letterlik ‘n hele boek deurlees sonder dat sy “Huh?” sê. Deeglik beïndruk sou sy my in die middel van my sin stop – ‘n paar keer deur die dag – net om te sê: “Ma, EK … HET … NOU … NET … DIT … GEHOOR! Haar lewe het meer betekenis gekry en sy het geleer om nie een enkele klank as vanselfsprekend te aanvaar nie.

O, lieflike dogtertjie.

Sy is gebore met ‘n gebrek, maar sy word nie teruggehou nie, omdat sy verbind is aan die bron van hulp wat sy benodig.

Soos ons hierdie nuwe hoofstuk van ons lewens aangepak het, het ek baie geleer oor die wonderlike tegnologie agter so ‘n klein toestelletjie. Tess se gehoorapparaat bevat ‘n mikrofoon en mikroskyfies wat die geluide vertaal en “sorteer” volgens prioriteit. Met behulp van ‘n verwerker wat geprogrammeer is volgens haar persoonlike instellings, word klank verdeel in verskillende groepe – byvoorbeeld, menslike stemme word onderskei van verskillende vlakke van agtergrondgeraas. Omdat Tess se gehoorapparaat gestel is om voorkeur te gee aan die stem van die persoon reg voor haar, word die spreker se stem versterk, terwyl die steurende agtergrondgeraas verminder word. Absoluut ongelooflik.

“Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.” Jesaja 58:11

Net soos my dogtertjie haar gehoorapparaat moet instel, moet ons, as ons God se stem wil hoor, ons ook daarop instel en sy stem prioritiseer.

Ek word elke oggend wakker en besef my behoefte om ingeskakel te wees by die Bron van die Lewe – Jesus. Ek het die voorsiening en vreugde ervaar van om Hom te ken, en ek erken dat ek niks is sonder Hom nie. Hy roep my by die naam en ek draai na Hom – terwyl ek troos vind in die wete dat ek sy kind is. Ek kan lofliedere sing met die seker wete dat my Verlosser leef. Ek is oorweldig deur opwinding omdat sy stem hard en duidelik na my kom deur sy Woord. Ek het myself selfs gevang waar ek in die middel van ‘n sin stop … oorweldig deur sy liefde en die feit dat “GOD … DIT … NOU … NET … GEDOEN … HET.” Ek het geleer dat wanneer ek prioriteit gee aan Jesus as my Gids, dan eers word die agtergrond geraas van hierdie wêreld stiller sodat ek die stem van my Redder duidelik kan hoor.

God het belowe om ons te lei …

Deur sy soewereine hand.

Deur sy Woord.

Deur sy Gees.

Deur die wyse en goddelike raad van ander.

Die hele mensdom het ‘n tekort, omdat sonde die wêreld binnegedring het. Maar, loof God, as gevolg van Jesus, hoef ons nie langer teruggehou te word en van God geskei te wees nie.

Hy red steeds.

Hy praat steeds.

Hy het ons nie op ons eie gelaat om rond te dwaal nie.

Hy is nie ‘n veraf God nie.

Is jy gekoppel aan die Bron?

Interessant hoe gehoor jou laat besef hoeveel jy op uitgemis het.

By sy voete,

 

 

 

* Kom ons gesels: Waar moet jy vandag van die geraas van hierdie wêreld wegdraai, sodat jy sy stem duidelik kan hoor?

Week 2 Uitdaging: Kies een ding om “af te skakel” hierdie week (voorbeelde: vereenvoudig jou skedule, vas van elektroniese / sosiale media, verwerp die leuens van die vyand) sodat jy beter kan inskakel by God as jou Gids.

Week 2 Leesplan

Week 2 Memoriseervers

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse