God Is In Beheer

God is in beheer

Deur Cortney / 11 Mei 2020 / Vrees en Angs

Ek is verslaaf daaraan om in beheer te wees, maar ek is in die herstelproses. Miskien sukkel jy ook op hierdie gebied. Die begeerte om in beheer te wees kan dikwels ‘n bron van vrees en angs in ons lewens word. Ons kry ‘n obsessie oor ons opvoeding, loopbaan, familie, fiksheid, finansies en meer. Wanneer ons vooropgestelde rigting verander, voel ons die noodsaaklikheid om ons greep te verstyf en te klou aan dié besluite wat ons wel nog kan neem.

Dikwels is die resultaat hiervan ‘n maalkolk van lyding vir beide onsself en ons geliefdes.

Ons is bekommerd omdat ons daarna streef om in beheer te wees. Ons martel onsself deur te dink dat die toekoms afhang van hoe akkuraat ons elke detail kan bestuur. In ons vrees en bekommernis sien ons dikwels net raak wat ontbreek, eerder as om te sien wat reeds voorsien is. Ons begryp ​nie ten volle dat ons ‘n liefdevolle Vader het wat sy perfekte plan vir ons lewe ontwerp het nie. Hy het ons lief en gee onmeetlik baie vir ons om. Elke haar op ons hoofde is getel. Ons dae het Hy reeds vasgestel. Hy het goeie dinge vir ons voorberei. Hy wil hê dat ons Hom moet geniet op sy reis. Hy wil hê dat ons moet deel wees van sy koninkryk.

Wanneer dinge verkeerd gaan, ervaar ons angs, omdat ons bang is dat ons beheer oor ons situasie verloor het. God leer ons deur Sy Woord dat Hy in beheer is van alle dinge (Lukas 12: 22-31). Jesus verduidelik aan sy dissipels hoe God vir die geringstes van sy skepping voorsien en benadruk dat die Vader selfs nog beter vir Sy geliefde kinders sal voorsien. Christus leer sy dissipels om nie bekommerd of angstig te wees nie. Dit is nie ‘n blote voorstel nie, maar eerder ‘n duidelike oproep tot aksie. Dit is ‘n opdrag om te vertrou; om geloof te hê. Dit is ‘n opdrag om te erken dat die Here in beheer is en daardeur oor te gee aan die Een wat hulle gemaak het, die Almagtige God.

Ons klou vas en streef na wat bekend is, na wat veilig is; terwyl ons Hemelse Vader wil hê dat ons moet laat los en Hom vertrou op ons reis. Wanneer ons God erken en vertrou vir ons voorsiening, ons leiding en ons doel, verdwyn die kommer en vind ons rus.

As tiener was ek deel van ‘n sendingreis na Montego Bay, Jamaika. Oral waar ons getoer het, is ek met gasvryheid en genade begroet. Voor die reis het ek aangeneem dat almal wat ek sou ontmoet, gebroke, hartseer, angstig en neerslagtig sou wees. In plaas daarvan het ek gesigte van vreugde en geloof gesien. Terwyl ons aanbid het, het ons liedere van danksegging en seën gesing. Ek het gesien hoe die mense in armoede geleef het, maar God vir hul oorvloed geprys het. In hulle materiële gebrek was daar ‘n oorvloed van geloof. As ‘n sestienjarige het ek die ervaring oorweldigend gevind. Hoe kon mense soveel vreugde hê terwyl hulle so min materiële besittings gehad het? God het my gewys dat die antwoord in sy beheer oor hulle lewens gelê het. Die gelowiges in Jamaika was nie bekommerd oor hulle daaglikse voorsiening nie, omdat hulle geweet het dat hulle Hemelse Vader sy hand oor hulle gehou het. Hulle het gewilliglik gedeel wat hulle gehad het, omdat hulle verstaan ​​het dat dit nie aan hulle behoort nie. My hoop was om eendag met dieselfde vryheid te leef wat hulle gevind het.

Soos ons hierdie week ingaan en vertrou op God se beheer oor ons lewens, moedig ek jou aan om ‘n lofsang wat ons in Jamaika gesing het te oordink. Wanneer ek angstig voel en die leisels uit God se hande wil neem, onthou ek hierdie woorde: “Ek is geseënd. Ek is geseënd. Elke dag van my lewe, is ek geseënd. Van die oomblik dat ek wakker word, tot ek my kop weer op die kussing laat rus, is ek geseënd. Ek is geseënd.”

Vertrou Hom.

Cortney

Week 3 Uitdaging: Soos ons hierdie week daaraan werk om God te vertrou met ons lewens en te sien hoe lief Hy ons het, soek geleenthede deur die dag om Hom te loof en te dank vir hoe Hy vir jou sorg.

Week 3 Memoriseervers: 

Week 3 Leesplan:

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse