God het jou gekies …

Deur Angela | Junie 1, 2018 | 1 & 2 Tessalonisense

Laat hierdie waarheid diep in jou hart in sink.

Ek weet nie wat hierdie afgelope week vir jou in gehou het nie. Miskien is jy oorgeslaan vir ‘n bevordering … alweer. Miskien is jy uit die bloute gekonfronteer met ‘n egskeidingsbevel wat jy nie sien kom het nie. Dalk flits daar gedagtes in jou kop van vriendinne wat saam kuier op ‘n meisiesaand, wat ‘n kuier reël waar almal se kinders kom saamspeelof wat vir koffie bymekaarkom, maar jou uitnodiging blyk nooit te kom nie.

Jy voel oor die hoof gesien, ongewens en geïgnoreer.

Jy dink verkeerdelik dat wat ander van jou dink, God se gedagtes oor jou weerspieël.

Maar jy kon nie verder van die waarheid wees nie.

As ons kyk na 2 Tessalonisense 2:13, is jy, my liewe vriendin, nie net geliefd deur God nie, jy is ook uitverkies.

Ongeag hoe ander jou sien, God het jou van die begin af gekies. (Efesiërs 1:4)

Voor die grondlegging van die wêreld, het God jou al geken, liefgehad en gekies.

Selfs al sien niemand ooit jou waarde nie, doen God wel.

Hy het jou nie net baie lief nie, Hy het jou geroep. (2 Tessalonisense 2:14) Daar is ‘n groot doel met jou lewe … groter as wat jou beperkte gesigsvermoëop hierdie oomblik kan sien.

Al wat jy sien is jou foute, jou tekortkominge en die redes waarom dit lyk of jy altyd oor die hoof gesien word, ongewens is en geïgnoreer voel. Maar wanneer God na jou kyk, sien Hy iets heeltemal anders. Hy sien sy pragtige dogter, en Hy hou daarvan om te kyk hoe jy groei tot sy gelykenis, soos die Heilige Gees in jou lewe werk, en jou dag na dag heilig.

Jy sien, mense se menings verander soos die aarde roteer … voortdurend, maar God se mening verander nooit.

Van die begin af het God jou liefgehad en jou gekies, staan ​​dus vas in hierdie waarheid. Ongeag hoe ander jou behandel, kies om jou gedagtes op God se waarheid te fokus en op wat Hy van jou sê, nie wat ander van jou sê nie. Hou jou oë gefokus op Hom. Hou op om regs of links te kyk, kyk eerder op.

Jou waarde kan nie gemeet word in hoe ander jou sien, behandel of liefhet nie, maar slegs in Jesus se liefde, want Hy het gekies om in jou plek aan die Kruis te sterf.

Jy, my liewe vriendin, was die moeite werd om voor te sterf.

Dus, ongeag wat ander van jou dink, staan ​​vas in jou geloof en weet dat jy baie geliefd is en doelbewus gekies is.

Kom ons gesels:Hoe beïnvloed die feit dat jy weet jy is geliefd en gekies die manier hoe jy oor jouself dink?

Wees heelhartig lief vir God!

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse