Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is

Deur Whitney / 18 November 2018 / Saligsprekinge

Ons is afhanklik van U

“Die Bergrede bewys onbetwyfelbaar dat ons almal op gelyke grond voor God staan: moordenaars en mense wat in woede uitbars, owerspelers en wellustiges, diewe en dié wat begeer. Ons is almal desperaat en dit is inderdaad die enigste toestand wat gepas is vir iemand wat God wil ken. Ons het gefaal van die absolute Ideaal, en ons het geen ander plek om te land as in die veiligheidsnet van absolute genade nie.” – Philip Yancey

My drie tienerseuns is verlede maand gedoop.

Sedert ons in Januarie na Texas toe getrek het, het God in ons familie gewerk. Dit was ‘n antwoord op ons spesifieke gebed in hierdie seisoen: “God, neem ons dieper na U.”

Ons het geweet dat dit ‘n kwesbare gebed was om te bid. Hoekom? Want “om dieper te gaan” met God – om meer en meer te weet wie Hy is, en te reageer in daaglikse nederigheid en oorgawe –  maak ons meer en meer bewus van sy grootheid. En sy grootheid openbaar altyd wie ons is en herinner ons aan ons desperate behoefte aan Hom.

Dit is ‘n plek wat nederig maak.

Dit is ‘n plek wat verandering bring.

Dit is plek waar dít wat gebroke was, pragtig word.

Soos die kragtige lofprysingmusiek die kerk vul, neem groot groepe familie en vriende beurte om te gaan sien hoe nederige mans, vrouens en kinders in die groot doopfont gedoop word. Hulle gehoorsame, uiterlike uitdrukking van hoe hulle in Christus “tot lewe gebring word,” het die verandering wat alreeds in geloof in die innerlike begin het, aan die wêreld getuig.

Sterk mans wat nie meer nodig het om enige iets te bewys nie, het gekom.

Dapper vrouens met jare se skaamte wat ophef is, het gekom.

Jong kinders met verkwikkende, eenvoudige geloof, het gekom.

En trane het gevloei soos ek gesien het hoe die armes en behoeftiges met ‘n desperate behoefte aan Jesus, gekom het…

All the poor and powerless
And all the lost and lonely
And all the thieves will come confess
And know that You are holy 

And all will sing out
Hallelujah
And we will cry out
Hallelujah

And all the hearts who are content
And all who feel unworthy
And all who hurt with nothing left
Will know that You are holy

Shout it
Go on and scream it from the mountains
Go on and tell it to the masses
That He is God

  • All Sons and Daughters

 Ons kom desperaat, maar ons leef in groter hoop. Ons kom gebroke, maar ons land in ‘n see van groter genade. Ons leef in die spanning van die hede en dit wat nog nie gekom het nie, maar in Christus ontvang ons die koninkryk van die hemel.

“Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer en gesê: ‘Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.’” – Matteus 5:1-3

Sy dissipels het na Hom gekom. Jesus ons kom na U toe. O Here, mag ons nooit, ooit ophou om afhanklik van U te wees nie…

By sy voete,

Week 1 Uitdaging: Trots is dikwels versteek in ons gedagtes en gevoelens. Maak ‘n lys van al die areas in jou lewe waar trots geneig is om na voorskyn te kom. Kies een area waaraan jy hierdie week wil werk en bid daagliks dat God vir jou nederigheid sal bring.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse