Geseënd is dié wat rein van hart is

Geseënd is dié wat rein van hart is

Deur Angela / 9 Desember 2019 / Saligsprekinge

Hy het Jesus vir ete genooi en nie geweet wie sy ete-gas regtig was nie.

Sy was ongenooid, maar het in elk geval na die ete gegaan om die Een wat die mag het om haar siel te red, te aanbid en te eer.

Albei was blind

Simon, die Fariseër, was blind vanweë sy trots.

Die vrou wat Jesus se voete gewas het, was op ‘n stadium blind vir die sonde van haar vlees.

Albei het na die Verlosser gesoek … net een het Hom gesien.

Simon, die Fariseër, het gedink dat hy weet wat om te soek.

Hy het die lys van kwalifikasies gememoriseer sodat hy hom vinnig sou kon raaksien … die Uitverkorene … die langverwagte Messias.

“Maar jy, Betlehem-Efrata,

jy is klein onder die families in Juda,

maar uit jou sal daar iemand kom

wat aan My behoort

en hy sal in Israel regeer.

Sy begin lê ver terug,

in die gryse verlede!” (Miga 5:2)

 

“Blindes sal kan sien,

dowes sal kan hoor,

lammes sal kan rondspring soos takbokke,

stommes sal kan sing.

Strome water sal uit die woestyn uit bars”

daar sal riviere loop in die droë wêreld.  (Jesaja 35:5-6)

 

“Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!

Jou koning sal na jou toe kom.

Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar,

hy is nederig en hy ry op ‘n donkie,

op die hingsvul van ‘n donkie.” (Sagaria 9:9)

 

En tog het jare verloop, en nog steeds geen verskyning nie.

Dan, op ‘n dag daag ‘n gewone man op. Hierdie man doen sommige van die dinge op Simon se lys, maar dit is sekerlik nie die man op wie sy mense al soveel jare gewag het nie. Hierdie man was … teleurstellend gewoon.

Sy, aan die ander kant, het geen gememoriseerde lys nie. In haar gebrokenheid het sy geweet wat sy nodig het, en sy het geweet wat sy was … ‘n sondaar wat ‘n Verlosser nodig het.

Sy het herken wie Jesus was omdat sy Hom deur geloofsoë gesien het.

Die een man het geen liefde in sy hart nie, die ander man se hart was vol liefde.

Die een man het minagting vir haar gehad toe hy na haar kyk, die ander het medelye gehad.

Die toestand van ons harte beïnvloed hoe ons mekaar sien.

Die toestand van ons harte beïnvloed ook hoe ons God sien.

Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk, so sien jy jouself in wat jy dink. Spreuke 27:19

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. Matteus 6:21

Simon, die Fariseër, het gelyk asof hy sy hele lewe in orde gehad het. Hy het reg gelyk, hy het reg opgetree. Maar die buitekant van sy lewe het nie die binnekant van sy hart weerspieël nie.

Sy het daarenteen glad nie gelyk soos ‘n vrou met ‘n rein hart nie. As ander na haar kyk, sou die woord “rein” nie die eerste woord wees wat in hulle gedagtes sou kom nie… behalwe vir Jesus.

Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike. 1 Samuel 16:7

 Miskien wil jy, soos ek, Jesus vandag ‘n bietjie beter sien … laat ons saam ons Verlosser met rein harte nader, deur ons trots, ons sondes, ons kwalifikasielys neer te werp en om te sien wie Jesus is, hoe Hy gekom het en die wonderlike werk wat Hy het namens ons gedoen het.

Jesus is die enigste een wat ons sondebevlekte harte kan suiwer. Mag ons almal na Hom toe kom soos die gebroke vrou in Lukas 7… met trane van dankbaarheid vir sy buitensporige liefde, genade en verlossing. Slegs dan sal ons Jesus werklik kan sien vir wie Hy is … ons liefdevolle, deernisvolle Verlosser.

Liewe Heer, skep ‘n rein hart in my en breek my hart vir dit wat U hart breek. Maak my oë oop, sodat ek die wêreld en my sonde kan sien soos U dit sien. Help my om U duideliker in my lewe te sien en ander lief te hê soos U my roep om te doen. Ek gee my lewe, my wil … alles aan U. In Jesus se naam, amen.

 Hê God Groots Lief

 

Week 4 Uitdaging: Om rein van hart te wees, begin met belydenis. Wat verhinder jou groei as Christen? Waarvan hou jy meer van as God? Kom voor die Here en bely eerlik die redes waarom jy nie rein is in jou liefde vir Hom nie. Roep tot God om hulp en soek ‘n hernude vuur in jou hart vir Hom.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse