Geseënd is die Sagmoediges

Geseënd is die Sagmoediges

Deur: Jen / 25 November 2019 / Saligsprekinge

Sagmoedigheid is nie ‘n woord wat ons baie dikwels gebruik nie. Baie mense glo dat sagmoedigheid swakheid beteken. Dit is nie waar nie. Dit beteken ook nie ruggraatloosheid of besluiteloosheid nie. Dit beteken nie om beleefd of skugter of selfs van nature vriendelik en minsaam te wees nie.

Wat is sagmoedigheid? Matthew Henry sê dat sagmoedigheid “’n stilheid van gees is wat ons woede kalmeer en ons nederigheid verdiep. Dit is ‘n tipe sagtheid en selfbeheersing selfs wanneer die hart vuurwarm is en dit vereis krag.” ‘n Swak persoon kan nie sagmoedig wees nie.

Daar is twee basiese plekke waar ons sagmoedigheid moet aanleer.

  1. TEENOOR GOD

As ons sagmoedig is sal ons uit God se Woord wil leer. Ons sal die harde woorde aanvaar net soos ons die maklike woorde aanvaar. Ons sal ook gewillig wees om onsself aan God se voorsienigheid onderwerp. Dit beteken dat ons ons emosies opsy sal skuif en vertrou dat God se weë beter is. Ons sal onderbrekinge sien as iets wat beter is as wat ons beplan het. Ons sal ons kinders se onderonsies sien as geleenthede wat deur God beskik is vir ons om hulle in liefde te leer en om geduld te beoefen. Sagmoedigheid sal veroorsaak dat ons God meer sal wil gehoorsaam as wat ons na ons eie selfsugtige begeertes wil luister. Sagmoedigheid leer ons om te rus in God se vrede en Hom te volg met gehoorsame geloof.

  1. TEENOOR ANDER

Sagmoedigheid het ook ‘n groot effek op die manier hoe ons interaksie het met ander mense. Dit leer ons om met onsself te praat, om op te tree as iemand wat dink voordat sy praat en reageer. Sagmoedigheid dink eerste aan ander. ‘n Sagmoedige persoon sal waghou oor hulle tonge (Jakobus 3:4), “selfs wanneer die hart warm is.” ‘n Sagmoedige persoon sal “twee keer dink voordat [hulle] een keer praat” (Matthew Henry). Selfbeheersing is ‘n groot deel van sagmoedigheid.

Daar word gesê dat sagmoedigheid krag onder beheer is. Maar ek dink ‘n beter manier is om te sê dat sagmoedigheid krag is wat ‘n persoon in staat stel om te ly, eerder as om te sondig.

In plaas van om aanstoot te neem oor wat ‘n vriend gesê het, kan ons hulle die voordeel van die twyfel gee en dit van ons rue laat afrol. Sagmoedigheid help ons om te onthou dat daar tye was wat ons ander aanstoot gegee het en sonder Christus, sou ons altyd teenoor God oortree.

“Die werk van sagmoedigheid is om die gees te kalmeer sodat die innerlike vrede nie versteur word deur ‘n uiterlike aanhitsing nie.”  Matthew Henry

Daar sal ‘n dag kom wanneer hierdie aarde nie meer sal bestaan nie en God ‘n nuwe aarde sal maak. Dit is die sagmoediges wat die aarde sal ontvang. Sagmoedigheid is ‘n vrug van die gees en diegene wat sagmoedig is, vertoon die krag van ‘n veranderde hart in hulle lewens. Ons kan nie sagmoedig wees sonder die Here se hulp nie. Dit is te moeilik, en daarom, wanneer ons sagmoedigheid aanleer, kan ons verseker wees dat God in ons werk.

Kyk na Jesus,

Week 2 Uitdaging: Sagmoedigheid is ‘n tipe sagtheid. Waar kom jy sagtheid tekort? Maak dit hierdie week ‘n prioriteit om met sagmoedigheid met ander te praat, veral in oomblikke van ergernis en frustrasie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse