Vier saam met ons… ons {Gemaak vir Verhodings) Vertalings is VANDAG beskikbaar!!!!
Die internet is‘n wonderlike ding! Nie‘n dag gaan verby dat ons God nie dank vir die ongeloflike geleentheid wat Hy vir ons gee om vroue reg oor die wereld te inspireer, aan te moedig en toe te rus om in God se Woord te kom met die klik van‘n muis. Dit is‘n voorreg wat ons nie liggies neem nie. Maar julle ouens, dit raak al hoe beter.
Daar is hierdie kosbare, kosbare vroue.
Vroue wat‘n gawe in tale het, en my genugtig het hulle hart.
En wilskraag.
En vasberadenheid
En‘n hele klomp onbaatsugtige liefde.
Hulle werk hard by hulle werke, by die skool en in hulle huise gedurende die dag, en dan vertaal hulle ons LiefGodGrootliks (LoveGodGreatly) studies in die aande. Wat in die wereld. Wanneer niemand kyk nie, maak hulle die woorde lewendig, en om dit te doen, sit hulle die gereedskap in die hande van vroue wat nooit anders toegang tot die Bybelstudie materiaal in hulle eie taal gehad het nie. Dit is koninkryk werk, my vriendinne, oorweldigend, pragtige agter-die-skerms koninkryk werk en ek glo heelhartig dat eendag sal die hemel‘n bietjie anders lyk as gevolg van hoe God hierdie getroue vroue gebruik het.
Soooo. Sonder verdere uitstel, is ons verheug om agt {Gemaak vir Verhoudings / Made for Community} vertalings aan te kondig.!!
Afrikaans.
Czech.
Hollands.
Frans.
Duits.
Italiaans.
Malagasy.
Spans.
‘n Groot DANKIE aan die ongelooflike vroue wat hierdie vertalings moontlik gemaak het. Ons is life vir julle, ons is deur julle geinspireer, en ons dank God vir jou …. Oor en oor en oor.
Kan u – of ken u iemand – wat kan baat vind by ons {GRATIS} hulpbronne van ons {Gemaak vir Verhoudings / Made for Community} studie, in een van die tale hierbo gelys? “ Click“ eenvoudig op die skakel hieronder om toegang te kry na{Gemaak vir Verhoudings} Leesplan en Studiegids vir die AGT vertalings wat aangebieid word vir hierdie studie.
http://www.lovegodgreatly.com/made-community-translations/
Vir die Afrikaan Studiegids en Leesplan gaan na Studies toe.
Sing tot eer van die Here, almal op aarde!. Verkondig elke dag sy reddingsdade!
Vertel die nasis van sy mag, al die volke van sy magtige dade
1 Kronieke 16:23-24
Oh God, mag U glorie die hele wêreld vul!
By Sy voete,
DAAR IS NOG TYD om by ons aan te sluit vir ons Aanlyn Bybelstudie {Gemaak vir Verhoudings}, maar moenie te lank wag nie …. Ons studie begin MAANDAG! Kry‘n paar vriendinne en registreer vandag. Dit sal nie dieselfde wees sonder u nie!