Gebroke & Verlos Inleiding

Gebroke & Verlos Inleiding

deur Angela | Maart 10, 2017
inleiding

Gebroke

Dit beteken om beskadig te wees, of nie meer in ‘n behoorlike werkende toestand te wees nie. Jy sien dit in siekte wat ‘n energieke en lewendige liggaam verwoes. Jy sien dit in families waar huwelike verbrokkel. Jy sien dit in verhoudings wat ly as gevolg van opsetlike, of selfs onopsetlike wonde. Gebrokenheid word geïdentifiseer in trane en dood, in lyding en hartseer, in skade en verval. Dit lei dikwels tot woede of hebsug, in selfsug of alleenheid, of selfs in wanhoop.

Gebrokenheid is oral rondom ons. Maak nie saak hoe hard ons probeer nie, ons kan dit nooit ontvlug nie, want ons dra almal gebrokenheid in ons.

En dit is alles weens sonde.

In C.S. Lewis se boek, The Lion, The Witch, and the Wardrobe, verander ‘n bose heks dié met wie sy ontevrede is, in standbeelde van klip. Haar slagoffers is lewendig, maar hulle kan niks doen nie. Hulle moet gered word. Dit is wat sonde aan ons harte gedoen het. Harte wat vroeër vir die liefde van God geklop het, het so hard geword dat hulle God nie waarlik kan liefhê nie. Sonde het ‘n wig gedryf tussen die mens en God en tussen mens en mens. Die verskil is dat ‘n heks dit nie aan ons gedoen het nie. Ons het dit aan onsself gedoen.

Soos ‘n tronkbewaarder, het sonde ons vasgemaak in kettings en ons met ‘n stempel van skuld gemerk wat ons nie kan breek of verwyder nie. Sonde is geheel en al donkerheid, afskuwelikheid en boosheid. Alles op aarde is gevange geneem deur hierdie vloek en dit verwoes alles wat dit aanraak.

Regdeur die Skrif lees ons verhale van gebroke mense. Van Adam tot die apostel Paulus, was op hulle eie sonder hoop. Maar die skoonheid van God se Woord is dat dit nie net ‘n verhaal van tragedie is nie. Reg deur die Bybel is ook die grootste verhaal van verlossing geweef.

Verlos

Maar God!

Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.

Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings,

 saam met Christus lewend gemaak.

 Uit genade is julle gered!

Efesiërs 2:4-5

In God is daar altyd goeie nuus. Hy het nie Sy skepping in sonde gelos nie. Hy het nie die gebrokenheid van Sy mense geïgnoreer nie.

In die weke wat voorlê gaan ons die goedheid van God sien, deurdat Hy nie vir Sara vergeet het tydens haar jare van onvrugbaarheid nie. Ons sal sien hoe Hy vir Naomi sorg wanneer sy verlies en eensaamheid moet hanteer. Kom sien ons groot God wat vir Moses moed gegee het, vir Paulus ware ywer, en vir die vrou wat egbreuk gepleeg het, vergifnis en die kans op ‘n nuwe lewe.

Terwyl ons die genade en goedheid van God in hierdie verhale sien, is hulle net tydelike hulp. Die kwessie van ons gebrokenheid strek verder as ons fisiese en geestelike welsyn. Al die mense wat ons gaan bestudeer – en ons ook ingesluit – het harte en siele wat redding nodig het; ondersins gaan ons gebrokenheid nooit eindig nie. In God se werk van vernuwing, ervaar ons liefde, vreugde, tevredenheid en vryheid deur Jesus Christus. Ons sal sien dat die antwoord op al ons gebrokenheid, maak nie saak wat dit is nie, Christus self is.

Regdeur die Ou Testament vind ons God se belofte dat ‘n Redder gaan kom –  ‘n Verlosser wie se opoffering, die ketting van sonde gaan breek, en wie se bloed die hart van klip sal smelt. Terwyl gebrokenheid – in die sin waarin ons dit hier op aarde sien – nie langer ‘n deel van ons realiteit in die hemel sal wees nie, sal ons die bewys van Christus se gebrokenheid vir ons op ‘n daaglikse basis sien. Sy hande, Sy voete en Sy sy sal vir altyd die letsels dra van daardie verskriklike dood wat Hy vir ons deurgegaan het. Die bewys van ons verlossing sal vir altyd voor ons wees, en ons sal verjeug wees!

Neem jou gunsteling koeldrank of tee of koffie, maak jou Bybel oop, en laat ons saam verjeug met die gebrokenes en verlosdes van God.

 _______________________________________________

 Sluit by ons aan 13 Maart 2017 vir ons nuwe studie Gebroke & Verlos.

banner-1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse