FILIPPENSE INLEIDING

Deur Angela | Oktober 27, 2017 | Filippense

Welkom by ons studie van die boek Filippense. Filippense is eintlik ‘n brief wat geskryf is aan die Christene in Filippi, ‘n plek wat Paulus op sy tweede sendingreis besoek het. Interessant genoeg is dit vernoem na Filippus van Macedonië, die vader van Alexander die Grote.

Hierdie brief het ‘n baie informele toon, wat die indruk gee dat Paulus na aan die mense daar was. Dit is duidelik dat hierdie gelowiges ‘n spesiale plek in sy hart het.

Filippense is vir baie mense ‘n gunsteling boek, vanweë die klem op vreugde, gekombineerd met ‘n opheffende en bemoedigende toon. Dit is verstommend, aangesien Paulus dit geskryf het terwyl hy in die tronk was. Hierdie vier hoofstukke wys vir ons dat die krag van die Here die vermoë het om ons te laat uitstyg bo ons omstandighede, en om vreugde, tevredenheid en liefde vir ander te ervaar. Praat van vreugde, het jy ooit die lied, “I’ve got the joy, joy, joy, joy, down in my heart…” gesing? Dit is ‘n Sondagskoolliedjie, en wanneer ek Filippense lees, kom hierdie lied in my gedagtes op.

Vreugde is ‘n oorheersende tema in hierdie brief. Aangesien Paulus dit sowat 17 keer noem, is dit iets wat ons aandag verdien. Hoe is dit moontlik om diepe vreugde te hê, te midde van oorweldigende smart en lyding? Paulus is nie net vir ons ‘n goeie voorbeeld nie, maar hy wys ons ook die antwoord. Filippense het 104 verse en Jesus word direk of indirek, 51 keer genoem. Dit sê baie oor wat die fundamentele tema van hierdie boek is. Op die ou end sal Paulus ons leer dat Jesus groter as vreugde is: Hy is die Outeur van ons vreugde.

Sonder Jesus is daar geen redding nie, en dus geen blywende vreugde nie. Sonder Jesus is daar geen manier om ons omstandighede te bowe te kom nie, om mense lief te hê wat moeilik is om lief te hê nie, om te versoen, te vergewe en om goddelike lewens te leef nie.

Augustine het gesê: “Waar jou plesier is, daar is jou skat; Waar jou skat is, daar is jou hart; Waar jou hart is, daar is jou geluk. ”

Kom ons maak ons ​​Bybels oop en streef daarna om ons Verlosser beter te ken, en die vreugde wat Hy bied aan diegene wat Hom volg.

“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.”

Johannes 15:11

________________________________

Vriende, sluit by Maandag by ons aan, soos ons deur die boek van Filippense lees.

Soek u ons Filippense studie: U sal dit hier kry

Wil u ‘n Fasiliteerder word: Vind al die inligting hier.

Soek u ons Filippense vertalings. U sal hulle hier kry

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse