Elke Goeie Ding

deur Jen Thorn | Januarie 26, 2018 | Jakobus

Soos die Kersseisoen op ‘n einde kom, vind ek vandag se verse besonder gepas. Die Kersversierings is afgehaal en die geskenke weggepak. Die Nuwejaar is hier, en met dit kom ons Nuwejaarsvoornemens.

Baie van ons Nuwejaarsvoornemens is elke jaar dieselfde. Ons wil meer gesond wees, ons wil meer gedissiplineerd wees, en ons wil meer produktief wees. En dus maak ons planne, lysies, lees boeke en stel ons alarms om ons vroeër wakker te maak.

Maar hoeveel van ons het op ons lys van voornemens: om baie meer dankbaar te wees vir alles wat ons het?

“Moenie julleself mislei nie…” Deur dit te sê, leer Jakobus vir ons dat ons geneig is om ‘n leuen te glo oor die goeie dinge in ons lewens. Ons glo dat dit ons reg is (geregtigheid), of dat ons dit verdien (verdienste). Maar hierdie eerste paar woorde dien as ‘n waarskuwing, ‘n tik op die vingers, wat ons daaraan herinner dat ELKE goeie ding in ons lewens ‘n geskenk van God is.

Wat Jakobus doen is om ons te herinner aan die goedheid en oorvloedigige vrygewigheid van God. 

Die vrygewigheid van God kan vir baie van ons ‘n moeilike begrip wees om te verstaan. As ons vir iemand ‘n geskenk gee, of iets goeds vir iemand doen, is dit ons menslike natuur om iets terug te verwag. Ons mag dalk nie so dink nie, maar as ons nie ‘n “dankie,” ‘n glimlag, of ‘n entoesiastiese ontvanger het nie, kan ons ergerlik of teleurgesteld voel, of twee keer dink voordat ons weer iets mooi vir daardie persoon doen. Ons wil ‘n bietjie erkenning ontvang, selfs al is dit net glimlag.

Maar God, in Sy goedheid en vrygewigheid, is nie soos ons nie. Sy vrygewigheid is aanhoudend en is beter as enige iets wat ons verdien. Hy sit nie op Sy troon en wag vir ons erkenning nie. Hy is nie een dag goed of vrygewig en verander dan sy gedagtes die volgende dag nie. Sy vrygewigheid hang ook nie af van ons reaksie nie. Soos Jakobus sê, daar is “geen verandering of verduistering” in God nie.

God kan nie beter word nie, want hy is alreeds perfek en omdat Hy perfek is, kan hy nie verander om sleg te word nie.
A.W. Pink

So wat is al hierdie goeie dinge wat God oor ons uitstort? Vriendin, as dit in jou lewe is, dan is dit ‘n geskenk aan jou van God af.

Elke goeie nagrus, elke stukkie kos wat jy eet, elke veilige rit in jou motor, die vars lug, elke hartklop wat jou lewendig hou, elke goeie boek, jou huis, jou gade, die geleentheid om jou naels te verf of kuns te doen, elke geleentheid om jou kinders te onderrig, elke geleentheid om berou te hê, die Woord van God… ons kan bladsye vul met al die goeie dinge in ons lewens.

Hierdie is waarlik goeie geskenke. Maar Sy mees vrygewige en kosbare geskenk is Jesus Christus. Hy is die onverdienstelike welwillendheid van God teenoor ons sondaars. Jesus is ‘n geskenk wat die gewete skoonmaak, die gedagtes vernuwe, die hart transformeer en ons siele bly maak. 

Die Christen se reaksie op God se vrygewige goedheid moet diepgaande en blywende dankbaarheid wees.

Ongelukkig lyk ons reaksie op God se goeie geskenke soos die rol van die oë, afsydigheid, veragting, en selfs ontevredenheid. Wanneer ons niks maak van die geskenk nie, maak ons niks van die Gewer. Wanneer ons iets vat wat God nie vir ons bedoel het nie, of as ons in ontevredenheid sit en wens dat God vir ons ander geskenke gegee het, vertel ons vir God dat Hy nie goed of vrygewig is nie. Maar ‘n vreugdevolle gesindheid prys ons vrygewige God.

Danksegging maak ons sensitief vir al die goeie dinge in ons lewens en help ons om ons oë te fokus op die gewer van hierdie goeie dinge. Dankbaarheid maak dat ons daardie dinge met sorg hanteer en hulle nie as vanselfsprekend aanvaar nie.

Laat hierdie die jaar wees waar ons die goeie geskenke raaksien wat God elke dag in ons lewens plaas en mag ons reageer met harte vol van dankbaarheid.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

Kom ons Praat: Was God goed teenoor jou? Kan jy al die kere opnoem? Hoe kan jy vandag dankbaarheid wys vir elke geskenk?

______________________________________________

Word ’n Fasiliteerder

Dit is LGG se visie om kleiner groepe te hê, elk met hulle eie fasiliteerder, sodat die vrouens ‘n nouer gemeenskap kan vorm wat saam uit die Bybel leer en mekaar ondersteun, eerder as om net een groot groep met honderde lede te hê. Sal jy dit oorweeg om ‘n fasiliteerder van ‘n LGG groep te word? ‘n Fasiliteerder kan weekliks ontmoet met haar LGG Bybelstudiegroep in haar huis of by die kerk, of sy kan ‘n private groep hê op Facebook, WhatsApp, of met e-mail, waar sy dan daagliks tydens die LGG studies die versies en haar SOAP deel met haar groep. Daar is baie hulpbronne en ondersteuning beskikbaar vir fasiliteerders.

Sal jy dit biddend oorweeg om deel te word van hierdie ongelooflike bediening wat God vir ons gegee het, deur ons te help?

Indien julle belangstel, stuur asseblief vir ons ’n epos by [email protected]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse