Ek Wil ‘n Heilige Lewe Hê

 

Ek Wil ‘n Heilige Lewe Hê

Deur Angela / 20 April 2020 / Gee Hoop Mini-Reeks

Dit weet ek: God is goed, selfs wanneer die lewe druk.

As ek die draaiboek van my lewe die afgelope paar weke sou skryf, sou dit ‘n mengsel wees van komedie, drama en hartseer. Selfs te midde van die gekheid, weet ek dat God met my is, my help, en dit is genoeg. In die laaste paar weke het ek geleer om groter deernis te hê met diegene wie se toekoms weens die omstandighede in hulle lewens onseker is. Ek het geleer om my hart uit te bid en dan vorentoe te beweeg in die rigting wat God lei. Ek het geleer om op ‘n dieper vlak te vertrou en ‘n paar dinge wat buite my beheer is te laat gaan en nie toe te gee aan vrees nie. Ek weet nie wat in my toekoms of die toekoms van my geliefdes hier op aarde lê nie, maar ek weet wat ons bestemming is. Ek weet die hemel is eg en dat God liefde is. Deur op hierdie twee eenvoudige waarhede te konsentreer, het my gehelp om nie bang te wees nie en my in my geloof versterk. Ek weet dat my redding verseker is as gevolg van Jesus

Die volgende paar weke gaan moeilik wees vir my gesin, veral vir my man wat ‘n Ongevalle-dokter is. Ons bid vir almal wat in die voorste linies van hierdie pandemie veg. Ons weet dat God met ons is. Ek weet dat Hy ons liefhet. Hy het belowe in Deuteronomium 31:6 dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Hy roep ons om sterk en dapper te wees, maak nie saak wat vir ons in die toekoms lê nie. ⠀⠀

Ek wil nie ‘n maklike lewe hê nie, ek wil ‘n heilige lewe hê. As hartseer, pyn en moeite my meer na sy beeld vorm, is dit reg met my. Ek wil meer van Jesus hê en minder van hierdie wêreld.

Al was die afgelope paar weke moeilik, was dit ook goed. Ek het gesien hoe God se hand op sinryke maniere in my lewe beweeg. Ek het dit geniet om minder afleidings, minder aktiwiteite en minder ‘besig-wees’ te hê.  Meer uitstappies saam met my dogters in die park, rustiger oomblikke met my ouers en meer betekenisvolle gesprekke met my vriende. ⠀⠀

Ek sien uit daarna dat hierdie COVID-19-pandemie verby is, maar ek wil nie hê dat my lewe moet terugkeer na hoe dit vroeër was nie. Ek het toegelaat dat die afgod van ‘besig-wees’ my die afgelope paar jaar van te veel beroof. Ek weet my dae is afgemeet en ek wil dit op ‘n verstandige manier spandeer. Hierdie pandemie het my gehelp om te sien wat werklik belangrik is in die lewe en daarvoor is ek dankbaar.

Angela Perritt,

Stigter en direkteur van Love God Greatly – Texas, Verenigde State van Amerika

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse