Dit Is Nie Te Laat Nie

Dit Is Nie Te Laat Nie

Deur Whitney | September 6, 2017

Ek het sy ken in my een hand vasgehou, en hom gevra om in my oë te kyk.

God is steeds lief vir jou, my seun. Hy sal nooit, ooit ophou om jou lief te hê nie.

Hierdie seun van my sukkel om dit te onthou. Sy sonde is altyd met hom – daardie doring in die vlees wat die potensiaal het om sy grootste gawe te wees wanneer dit op God se wyse gekanaliseer word. Maar o wee, daardie fyn lyn. Somtyds neem dit slegs ‘n fraksie van ‘n sekonde vir sy passies om van die spoor af te gaan en hom op ‘n pad te neem wat hy wens hy nooit op was nie.

Ek ook, my seun. Ek ook.

Maar o, hoe lief is hy vir Jesus. Dit is dieselfde kind wat ek een aand, in die middel van die nag, huilend gevind het – nie omdat hy siek of bang was nie – maar wenend, omdat hy nie daaroor kon kom oor wat Jesus vir hom gedoen het aan die kruis nie. Jesus het vir hom gegee, die een wat so liefhet en so passievol leef, maar voel asof hy dit so dikwels verkeerd doen.

Jy moet weet dat ek verstaan, my seun. Dit is nie net jy nie…

Hy moet hoor dat God nie volmaaktheid soek nie. Hy wil ‘n hart hê wat ten volle oorgegee is. Jesus het nie net vir die moordenaars en die diewe gekom nie. Hy het gekom vir die trotse, die skinderaar, die geldliefhebber en vir elke laaste versteekte gedagte en motief wat ons hare laat rys by die gedagte dat iemand dit sal uitvind. Hy het gekom vir diegene wat dink dat hulle Hom net van ver af nodig het; vir diegene wat gedink het deur hard genoeg te probeer, kon hulle dit op hulle eie doen.

Jy kan ophou om te probeer, my seun.  

In plaas daarvan… rus in HomOnthou dat dit nie gaan oor die perfekte verbloeming nie. Dit gaan oor om ons behoefte aan Sy perfekte oplossing bloot te stel. Ons kan soek en probeer en op ‘n miljoen ander plekke kyk, maar niks sal ooit tevrede stel soos Jesus nie. Hy het lief soos niemand anders nie, Hy vergewe soos niemand anders nie, Hy voorsien vrede en hoop en vreugde en vryheid soos niemand anders nie. Geen meer uitputting omdat jy dinge op jou eie kragte probeer doen nie, my seun. Kom nader en rus in die omhelsing van die Een wat dit reeds alles gedoen het.

Luister my seun, dit is nie te laat nie.

Moet nie waag om na daardie leuens te luister nie. Jesus se genade verander dít wat die wêreld té gebroke noem. Sy genade stroom oor en maak die growwe rande glad en kanaliseer ons dorings tot groot doeleindes en nederige diens vir Hom… as ons Hom net toelaat. Sy krag rus die swakke toe en versterk die vermoeide vir die taak. God gebruik die mees onwaarskynlike, want ons verhale openbaar Sy glorie.

So my seun, verander jou trots na lofprysing.

Dit sal nooit oor prestasie gaan nie. Inteendeel, laat jou lewe gekenmerk word deur lofprysing vir die Een wat jou uit die donkerte geroep het na Sy wonderlike lig toe. Daardie Lam is waardig – Vriend vir sondaars; die Een wat jou gered het en jou louter; die Een wat nooit, ooit verander nie. Neem Sy ongelooflike genade met ope arms aan, en maak Hom dan die held van jou verhaal.

“Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel, al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie. Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus.” – 1 Timoteus 1:12-14

Vriendin, nou is dit jou beurt.

Dit is nie te laat nie. O nee. Om die waarheid te sê, jy begin nou net…

By Sy voete,

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse