Die Wyse Man Dien

Die Wyse Man Dien

Deur Jen Thorne | Januarie 27, 2017

week-1-vrydag

wk01d05

As jy saam met ons hierdie studie doen, kan ons aflei dat jy graag ‘n wyse persoon wil wees. Jy wil hê dat wysheid so ‘n groot deel van jou moet wees dat dit uit jou lewe uitstort deur jou gedagtes, woorde en dade.

Ek sal ook aanneem dat as jy menslik is, dan faal jy daagliks op hierdie gebied. Hoe dikwels het ons in woede of ongeduld gepraat of soos ‘n dwaas opgetree? Hoe dikwels het ons nagelaat om Goddelike raad te vra? En hoe dikwels het ons voluit geïgnoreer wat die Bybel vir ons vertel die waarheid is? Dit alles demonstreer ‘n gebrek aan wysheid.

Sulke mislukkings en dwaasheid kan ons lei tot wanhoop, maar in plaas daarvan om rond te swoel in skuldgevoel, kom ons bely en loof Jesus dat Hy die toorn van God om ons onthalwe aanvaar het. Kom ons staan op, stof onsself af, en jubel dat vandag ‘n nuwe dag is om in regverdigheid te wandel en wysheid te leer.

Die fokus was hierdie week op die bron van wysheid en daarom eindig ons hierdie week deur te kyk na die einde van Spreuke 15.

Volgens vers 32, is ‘n teken van ‘n wyse persoon is dat sy teregwysing goed hanteer. Sy weet dat dit deur teregwysing is dat sy leer en verander en groei.

Gee jou aandag aan ‘n wyse mens,

en hy kry meer wysheid,

leer ‘n regverdige,

en sy kennis vermeerder.

Spreuke 9:9

Diegene wat weier om tereggewys te word, beide deur die heilige skrif en deur Goddelike raadgewing, wys dat hulle hoogmoedige harte het. Maar ironies genoeg, wys dit dat hulle hulself haat (v32). Hulle gee meer om om in hulle eie oë reg te wees, in plaas van reg in die oë van God. Deur nie wysheid lief te hê nie, deur nie liefdevolle teregwysing te aanvaar nie (ten spyte van die feit dat dit met tye pynlik is), is ‘n soort sielsmisbruik.

Dit is hoekom die dien van die Here die begin van wysheid is. Dit is ‘n eerbied en respek vir God wat die manier hoe ons praat en leef verander. Om God te dien veroorsaak ‘n diepe liefde vir die heilige geskrif. Wat ‘n verskil maak dit wanneer ons besef dat ons ‘n boek vashou waaarin die wysheid van God vir ons opgeteken is.

‘n Liefde vir die heilige geskrifte beteken nie net dat ons ons verheug daarin nie, maar dat ons ook aan hulle voorskrifte gehoorsaam is. Dié wat die Here dien is meer in ontsag van God as mense, hulle het Sy wyses meer lief as hulle eie wyses en hulle is gewillig om vir Sy onthalwe te ly, in plaas daarvan om vir hulle onthalwe gemaklik te wees.

En is dit nie op die ou end diegene wat nederig is tot die Woord en die pad van God, diegene wat die Here dien, wat verhoog sal word nie (Matt. 23:12)?

Wysheid begin met die dien van die Here, wat beteken dat ons dit ons missie moet maak om dit in ons harte te kweek. Dit is nie iets wat ons bymekaarskraap nie, maar iets wat ontwikkel deur geloof soos ons ‘n Bybelse visie van God en onsself ontwikkel. Lees die Woord, glo die God wat daarin geopenbaar is, ontvang die beloftes en gehoorsaam die bevele daarin. Hier groei die dien van die Here.

Jesaja 11:2-3 som die resultaat van hierdie diens pragtig op.

En die Gees van die Here sal op hom rus:

die Gees wat wysheid en insig gee,

die Gees wat raad en sterkte gee,

die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here

Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here.

Kyk na Jesus,
022916_1515_nGeestelike3.png

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse