DIE VREUGDE VAN ONS VERLOSSING

DIE VREUGDE VAN ONS VERLOSSING

deur Jen Thorn | Okt 21, 2016

week-7-vrydag

s7d5

William Tyndale was ‘n geleerde wat die Bybel vertaal het in ‘n vroeë vorm van moderne Engels. Hy was baie uitgesproke oor sy sienings, en veral passievol oor die goeie nuus van die evangelie.

Tyndale het gesê, “Evangelion (dit wat ons die evangelie noem) is ‘n Griekse woord en dit beteken goeie, opgeruimde, blye en vreugdevolle tydings, wat ‘n man se hart blymaak en hom laat sing, dans, en spring van vreugde.”

Hy het geglo dat die vrye genade en totale vergifnis wat ons in Christus het, die basis is vir al ons vreugde en troos. Dit is die fondament van ons vrede en tevredenheid. Dit is wat ons harte bly en ons wese blymoedig moet maak.

Het ons hierdie soort geluk?

Baie van ons, myself ingesluit, moet oortuig wees wanneer ons bepeins oor wat Christus alles vir ons gedoen het, en die toekoms wat vir ons wag, en nietemin wandel ons in hierdie lewe deur te kla, ontevrede, ongelukkig en neerslagtig te wees.

Vir wat in die wêreld hoef ons oor somber te wees?

Ons Huidige Vreugde

Almal van ons sal moeilike dae en vermoeiende seisoene ervaar. Selfs nou kan ons lyding rondom ons sien, naby en persoonlik en ver weg in ander lande. Selfs in hierdie moeilike omstandighede maak die werk van Jesus dit vir ons moontlik om vreugdevol te wees. Die vergifnis wat ons in Jesus het, verseker dat God aan ons kant is; dat Hy met ons sal wees in elke liewe besonderheid van die lewe. Ons siele is veilig en terwyl ons nie altyd die goeie in ons donkerheid kan sien nie, is ons belowe dat al ons oomblikke gebruik word vir ons voordeel. God kan nie sy beloftes verbreek nie.

Ons Toekomstige Vreugde

Die hoop van vreugde gaan verder as hierdie wêreld. Diegene wat die geskenk van vergifnis het, ontvang ook die geskenk van aanneming wat met ‘n erfporsie kom. Ons sal, sonder twyfel, vir Jesus van aangesig tot aangesig sien, en dit sal ‘n glorieryke dag wees! Dan sal ons vreugde volkome wees. Alle struikelblokke en sonde, alle lyding en rou sal nie meer daar wees nie! In die plek daarvan sal daar ‘n vreugde wees wat so suiwer is dat ons ons oor God sal verwonder en Hom sal lofprys.

Ons moet leer om ‘n bietjie meer op ons toekoms te fokus, want dit sal die manier hoe ons vandag leef beïnvloed. Selfs al voel ek asof my moegheid meer is as wat ek kan hanteer, kan ek dit deur hierdie dag maak, wetende alles wat ek nou het en wat ek sal ontvang in die toekoms.

Onder al die lyding en probleme kan ons ‘n kragtige vreugde hê, want die straf vir ons sonde is verwyder en ons verhouding met God is perfek herstel.

Jesus is ons vreugde, maar ons sal hierdie vreugde nie baie ervaar as ons dit nie verstaan nie. Hoe meer ons alles verstaan wat Jesus vir ons gedoen het en alles wat ons in hom het, hoe meer vreugdevol sal ons wees

Die geloof van Christus is die geloof van VREUGDE. Christus het gekom om ons sondes weg te neem, om ons vloek weg te neem, om ons kettings los te maak, om ons tronk oop te maak, om ons skuld te kanselleer; kortom, om vir ons die olie van vreugde te gee vir rou, die kledingstuk van lofprysing vir swaarmoedigheid. Is dit nie vreugde nie? Waar kan ons vreugde vind wat so waar, so diep, so rein en so blywend is? Daar is elke element van vreugde; diepe, ekstatiese, bevredigende, heiligmakende vreugde in die evangelie van Christus.
– Octavius Winslow

Kyk Na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse