Die Strewe Na Sukses En Wat My Werklik Definieer

Deur Whitney Daugherty| Julie 18, 2018 | Waarheid Oorwin

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” – Johannes 15:5

Ek is gewoonlik baie tevrede met my lewe.

Dis net totdat ek die maer meisie op die voorblad van ‘n tydskrif sien.

Of as ek hoor van iemand wat in die winter ‘n vakansie by die see geniet.

Of wanneer ek deur die katalogus van ‘n meubelwinkel blaai terwyl ek op my gekrapte banke sit.

Of wanneer die swem seisoen begin.

Dis verskriklik hoe maklik ons ​​onsself kan oortuig dat ons meer wil wees, meer wil hê en meer wil doen. Ons word gebombardeer met die leuen dat ons wêreldse sukses ons definieer. En ons begin veral hierdie leuen glo wanneer ons toelaat dat die tydelike dinge van hierdie wêreld in kruip in die plek waar Jesus eintlik moet woon.

Die wêreld is blink en vol glans, vol van allerhande dinge wat daagliks kompeteer vir ons aandag. Sonder om te dink, word ons toestand van tevredenheid gedryf deur die getal op die skaal, die grootte van ons huis, die sukses in ons beroep en die stand van ons verhoudings. Ons draai ons oë na die wêreld en laat toe dat tydskrifte, die media en die sukses van ander ons verwagtinge verander en ons buie beïnvloed.

En ons word dikwels in die steek gelaat.

Om uitnemendheid na te streef in alle dinge, is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Die probleem kom in wanneer ons die strewe na wêreldse sukses verhef bo ons posisie in Christus.

Die strewe na wêreldse sukses kan onnodige mededinging skep.

Dit kan onbereikbare perfeksie bevorder,

selfsugtige ontevredenheid skep,

en kan ons op vernietigende paaie lei.

Die ergste van alles is dat die strewe om alles te hê in hierdie wêreld, kan veroorsaak dat ons sukses meer dien as vir Jesus.

____________________________

Iemand het gesê wat jy sien, is wat jy word.

As ons gaan wegdraai van die leuen dat wêreldse sukses ons definieer, moet ons onsself dissiplineer om Christus te bemin en ons ware identiteit in Hom te vind.

“ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry” Filippense 3: 8

Prakties beteken dit:

Ons leer om Christus deur Sy Woord te bemin. Die Bybel is ‘n ongelooflike liefdesverhaal gevul met verlossende waarhede en herinneringe aan God se genade en getrouheid in ons lewens. Deur tyd in God se Woord te spandeer, verdiep ons ons begrip van wie God is, wie ons is en dit herinner ons daaraan dat ons sonder Hom niks kan doen nie (Joh. 15: 5).

Ons leer om Christus te bemin deur ‘n hart van dankbaarheid te kweek. Wanneer ons tyd spandeer om God se medelydende hand van voorsiening in ons lewens te erken, is ons minder geneig om te hardloop agter dit wat die wêreld definieer as sukses. Ware tevredenheid is nooit ver van die een wat erken dat elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk van Bo kom nie. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. (Jakobus 1:17). Ons liggame, ons bankrekeninge en ons aardse posisies mag met verloop van tyd verander, maar prys die Here dat Hy gister, vandag en vir ewig dieselfde is!

Het jy die leuen geglo dat jou wêreldse sukses jou definieer?

Neem ‘n diep asemteug vriendin, en bevry jouself van ‘n verwagting van optrede en prestasie in ‘n wêreld wat jou nooit kan bevredig nie.

Vir seker, bied jou werk as aanbidding aan die Here. Streef uitnemendheid na in die invloedsfere waar Hy jou geplaas het. Wees ‘n goeie rentmeester van wat God jou gegee het om sy Koninkryksdoeleindes op die aarde te bevorder vir sy glorie! Maar onthou dat blywende vrugte nie kom deur in jou eie krag te streef nie, maar deur in Hom te bly. Sy genade het dit alreeds gedoen.

Maak nie saak hoe die wêreld jou definieer nie, rus in die waarheid dat as kind van God jou identiteit reeds mooi en stewig in Hom geanker is.

By sy voete,

 

 

 

* Kom ons gesels: As kind van God, wat sê Efesiërs 1 oor jou ware identiteit in Christus? Hoe kan jy hierdie waarhede hierdie week onthou?

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse