Die Seun Van God – Maria

Donderdag – Die Seun van God – Maria

deur Angela | Desember 13, 2018 | Verlosser – Die Belofte Vervul

“Die engel antwoord haar: ‘Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.'” Lukas 1:35

In gister se verse het Maria uitgevind wat God vir haar lewe beplan het – sy sou aan die Messias geboorte gee! In vandag se verse ontdek sy hoe dit sal gebeur: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.”

Maria kon verskonings gemaak het om nie gehoorsaam te wees aan wat vir haar vertel is nie, maar sy het nie. Haar antwoord was: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.”

Kom ons kyk vir ‘n oomblik hoe merkwaardig Maria se antwoord is. Dit moes meer vertroue in die Here gevat het as wat ons sou dink. Maria stem in om ‘n swangerskap te ontvang wat suspisieus gaan wees, en dít in ‘n kultuur wat die doodstraf vir egbreuk toegepas het. Maria was ‘n maagd wat aan Josef verloof was. In die oë van die wêreld sou sy hierdie baba buite-egtelik gehad het, omdat hulle nog nie getroud was nie.

Maria se reaksie was om haarself aan God as sy gewillige dienaar oor te gee. Sy het die genade van God beleef (Lukas 1:30) en die Woord van God geglo en daarom was sy gereed om deur die Gees gebruik te word om die wil van God te bereik. Haar antwoord is ‘n aanduiding van hoe baie Maria God vertrou het. Wat ‘n voorbeeld vir ons om te volg!

Liewe Heer, help my om voorbereid te wees vir elke goeie werk. Ek weet U het planne vir my. Ek weet dat sommige van hulle heeltemal buite my gemaksone sal wees en onverwags sal wees. Help my om in elke situasie met gehoorsaamheid aan U te reageer. Amen.

Mini uitdaging: Vier Jesus vandag deur ander op ‘n spesiale – maar eenvoudige manier te bedien. Soms is die eenvoudigste vieringe en die kleinste besonderhede, die mooiste herinneringe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse