Die onvoorwaardelike aanvaarding van die evangelie- Galasiërs Week 2

Die onvoorwaardelike aanvaarding van die evangelie- Galasiërs Week 2

deur Joy Forney | Sep 14, 2015 | Galasiërs, Love God Greatly

Hierdie week soos ons praat oor verskillende kulture en hul implikasies op die evangelie, het ek gedink dit kan net pret wees om ‘n bietjie te kyk hoe lyk die kerk hier in Uganda. Dit is net ‘n klein kykie aangesien ek my gasheer se kultuur wil respekteer, maar hier gaan ons:

Klik hier as jy nie die video kan sien nie.

Ek het al in baie plekke regoor die wêreld gewoon. In die VSA, het ek gewoon in ‘n groot stad Chicago tot die klein dorpie Tennessee. Ek het skool gegaan vir ‘n jaar in Engeland met kamermaats van Kanada, Roemenië, en Duitsland. Ek het gewoon in Indonesië, die noordelike deel van Alaska en woon nou in Uganda, Oos-Afrika, saam met spanmaats van Nederland, Swede, Engeland, Skotland, Switserland, en nog baie meer.

Dinge lyk baie anders van kultuur tot kultuur: aanbidding style, wat is aanvaarbaar kleredrag, gepaste gedrag, en so gaan die lys aan en aan.

Ek het al baie gesprekke gehad oor wat reg is en wat nie reg is in Christelike kringe nie. Sommige dink dit is geen groot ding om wyn en bier saam met aandete te hê nie, en ander sal snak op daardie vooruitsig terwyl hulle geen probleem het om hulle sigaret aan te steek nie. Sommige sou geskok wees om my te sien ‘n spel kaart te speel, en tot sal ander my spot oor die broek wat ek dra. Flieks kyk, liedere sing teen kore, dromme teen orrel, KJV teen ESV en gaan die lys aan en aan.

Ek gaan nie daarop ingaan of hierdie dinge reg of verkeerd is, goed of sleg is, nie (ons sal heeldag hier wees), Maar in plaas daarvan wil ek die bespreking bring tot waar Paulus dit gebring het – die belangrike bespreking van prestasie teenoor onoorwaardelike aanvaarding van die evangelie.

Want laat ons eerlik wees , soms is moralistiese gedrag soveel makliker en eenvoudiger as wat God ons eintlik na toe roep: om te vertrou in Sy voltooide werk.

Maar die werklike implikasie van die evangelie is dat dit lei tot kulturele vryheid en kulturele eenheid. En dit is waarmee die Joodse Christene gesukkel het in die vroeë kerk ..

In vandag se gedeelte, die aanvaarding van Titus deur Joodse gelowiges illustreer ” dat ‘n individu word geestelik skoon en aanvaar deur Christus, en nie deur enige dade of rituele nie. Ons moet aanhou om hierdie waarheid vir onsself en mekaar te herhaal , net soos die Nuwe Testament het. “- Tim Keller, Galasiërs Vir U

Met ander woorde, dit is nie wat ons doen of nie doen nie, maar wat Christus vir ons gedoen het.

Ons moet ons kulturele Christenskap ondersoek en dit toets teen die evangelie. Gee ons toe aan die reel volg? Het ons begin om te vertrou op ons prestasie telling vir redding?

"Tensy jou motief om God se wet te gehoorsaam die genade-dankbhaarheid motief van die evangelie is, is jy in slawerny. Die evangelie bied vryheid, kultureel, en emosioneel. Die 'ander evangelie' vernietig albei  – Tim Keller

 Vandag se uitdaging:

1. Sit vandag en al die wee met hierdie verse en hierdie gedagtes. Ondersoek jou eie kultuur: is daar enige "regte" gedrag wat jy geleer is en onwetend hierdie bygevoeg as verwagtinge.

2. Indien wel, neem tyd met die Here om te bid en vra Hom om jou te wys hoe om alleen te vertrou op die krag van die evangelie.

Hierdie week se Leesplan:


Dan en slegs, sal jy in staat wees om hierdie week se memoriseer vers te bid “ek is saam met Christus gekruisig en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Galasiërs 2:19-20.

Hierdie week se memoriseer vers:


Met Liefde van Uganda,


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse