Die Krag van God se Woord

Die Krag van God se Woord

Julie McIlhatton

Het jy al ooit ‘n boek gelees en aan die einde van die bladsy besef dat jy nie regtig gekonsentreer het nie en dat jy niks kan onthou en jy sal dit moet oorlees nie? Dit het ongelooflik baie met my gebeur terwyl ek vir eksamens studeer het. Dit kan werklik moeilik wees om gefokus te bly, selfs al weet jy dat dít wat jy lees belangrik gaan wees. Somtyds kan dit gebeur wanneer ons die Bybel lees. Ons lees, maar ons wil nie graag hoor wat dit sê nie, en ons verwag ook nie dat dit enige impak op ons gaan hê nie!

Ons kan so maklik in ‘n gesindheid verval dat om die Bybel te lees, ‘n taak is om op ons doen-lysie te sit en ons is ywerig om net die takie af te merk as gedoen vir die dag. Vergewe ons asseblief, Here. Hierdie is egter nie die geval in vandag se verse uit Nehemia nie. God se mense het vir ‘n lang tyd nie God se Woord gehoor nie. Hulle het almal bymekaar gekom om dit te lees: mans, vroue en kinders wat oud genoeg was. Van dagbreek tot 12 uur in die middag het die priester Esra, Moses se wetboeke aan die mense voorgelees. Die mense was gretig om die boek van die wet te hoor. Verlede somer het ek Christelike biografieë met my kinders gelees en ons het een oor Broer Andrew van Open Doors gelees. Hy het agter die ystergordyn gereis na verskillende lande in Oos-Europa en Bybels gebring na plekke waar dit op daardie tydstip verban was.

Hy het ook baie Christene tydens sy reise bemoedig. Die reaksie van God se mense in Nehemia, hulle gretigheid om iemand te hoor wat God se Woord lees, wat gemaak het dat hulle vir so lank gestaan en luister het, het my herinner aan die Christene wat Broer Andrew ontmoet het. Beide het ‘n honger gehad om meer van God uit sy Woord te leer. Dit is ‘n oproep vir ons. Het ons ‘n honger om God dieper te ken? In Nehemia, terwyl God se mense sy Woord gehoor het, het dit hulle genoop tot aanbidding. Die Leviete het die mense geleer: “Die Leviete het uit die boek, uit die wet van God, voorgelees en dit uitgelê. Hulle het die betekenis weergegee sodat die mense kon verstaan wat gelees word” (Nehemia 8:9). Terwyl ek hierdie gelees het, het dit my getref hoe dit ooreenstem met ons kerkdienste vandag (behalwe om van dagbreek to 12 uur in die middag te staan!)

Kerk moet ‘n plek wees waar God se Woord gelees en verduidelik word, insig gegee word en God se mense se begrip vermeerder. Bid vir jou kerkleiers soos hulle streef daarna om dit te doen en bid vir jou eie hart om te hoor en vir jou eie begrip om te groei. Terwyl die mense God se Woord gehoor het, het dit veroorsaak dat hule geweën het. Waarom? Hulle weet dat hulle nie gehoorsaam was aan God nie en hulle het berou gehad. Trane het teen hulle wange afgerol. Somtyds kan God se Woord sterk emosies veroorsaak. Trane van hartseer val wanneer ons besef dat ons nie naby is wat ons geroep is om te wees nie en ons bekeer ons. Die wet is gegee om ons te wys op ons behoefte aan ‘n Verlosser. Die priesters het daardie dag as ‘n heilige dag verklaar—’n dag vir feesviering en vreugde as gevolg van alles wat God gedoen het. Dit het die mense daaraan herinner dat, alhoewel hulle nie getrou was nie, God was getrou. Ons vreugde is in Hom en alles wat Hy vir ons gedoen het. Die vreugde van die Here is ons krag, want ons kan op Hom staatmaak en in Hom rus.

Die mense kon jubel, want hulle bekering het gelei tot God se vergifnis. Ons ken ook hierdie vreugde. Jesus het ons vrygemaak. As gevolg van Jesus kan ons vreugde hê ongeag ons foute in die verlede, ons huidige omstandighede of onsekerhede oor die toekoms. Hy vergewe ons verlede, verander ons hede en voorsien ‘n wonderlike en seker hoop vir die toekoms. Die Bybel help ons om God beter te ken, om Hom meer lief te hê en om deur sy groot liefde verander te word, wat veroorsaak dat ons anders leef. Bietjie vir bietjie word ons meer soos Christus. Wanneer jy jou Bybel neem om dit te lees, maak jou hart stil en onthou Wie se Woord jy lees. Neem tyd om te bid, en vra God vir ‘n gretigheid om te hoor wat Hy vir jou sê.

Week 4 Uitdaging:

Hierdie week begin ons om te bestudeer hoe die mense hul harte en aanbidding van God vernuwe het. Neem tyd om na te dink oor die toestand van jou hart. Is daar enige sonde wat jy moet bely en van wegdraai? Is daar ‘n patroon of gewoonte wat jou aandag aflei om tyd saam met God deur te bring? Het jy jou skedule te veel oorlaai? Vra God om te openbaar hoe jy kan groei in jou verhouding met Hom.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Julie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs