Die Hart Daaragter

Die Hart Daaragter

Het jy al ooit iemand geken wat regtig goed is daarmee om betekenisvolle en goed deurdagte geskenke aan ander te gee? Dit is hulle wat jou maande gelede hoor sê het dat jy van ‘n sekere soort koffie hou, of dat ‘n pragtige smaraggroen serp by ‘n sekere boetiek jou oog gevang het. As dit tyd word vir ‘n spesiale geleentheid, kan jy nie wag om te sien wat hulle gevind het om as geskenk te gee nie, want jy weet dat dit uit die hart kom.

Wanneer ons die verhaal van Kain en Abel in Genesis 4:1-16 lees, sien ons hoe hulle albei ‘n offer voor die Here gebring het, maar ons sien twee verskillende reaksies van God: God het Abel se offer aangeneem, maar nie Kain s’n nie.

Abel het geweet wat God die meeste sou behaag en Hy het die beste gekies wat hy aan God kon bied. Sy offer was ‘n bewys dat hy geweet het wat God die graagste wou hê en sy offer het dit weerspieël.

Kain se offer het gewys dat daar iets anders in sy hart aangegaan het teenoor God. Dit sou nie saak gemaak het wat Kain as offer gebring het nie, die probleem was nie dat God nie gelukkig was met die offer nie. Hy het nie ‘n diereoffer meer nodig as enige iets anders op hierdie aarde waarmee ons na Hom toe kan kom nie. Hy is God! Hy is die Skepper van alles.

Wat God mishaag en teleurgestel het, was die hart agter die offergawe. Die aanbod was slegs ‘n eksterne toonbeeld en aanduiding van wat intern in Kain en Abel se harte aangegaan het.

Hosea 6:6 sê, “Want ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.”

God wil nie ons mees oordadige vertoon van offers en opofferings hê nie. Hy hou van gehoorsaamheid, maar as ons die regte ding met die verkeerde hart doen, wanneer ons net genoeg doen om die blokkies van godsdienstige optrede af te merk, is dit geensins vir God behaaglik nie. Hy smag na die hart agter dit alles, die hartsreaksie wat vir Hom wys dat ons Hom liefhet en wil doen wat Hom die meeste behaag en eer.

Hy is op soek na ‘n suiwer en getroue hart wat voor Hom kom met ‘n gees van nederigheid en berou. Hy is op soek na wat eg en opreg is, nie roetine en outomaties nie, Hy wil getrouheid hê, nie net vir die skyn nie.

As ons ‘n hartshouding het wat eerbiedig en nederig is, sê ons vir die Here, “Dit is ‘n eer om te doen wat U die beste behaag, want U is alles waardig wat ek het om te bied en soveel meer.”

Ons praat God se liefdestaal wanneer ons voor Hom kom met mooi, getroue, suiwer en nederige harte. Dit is wat God behaag.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse