Die Doel in Beproewings

Die Doel in Beproewings

Ebos Aifuobhokhan

Een van die redes waarom ek lief is vir die Bybel is die ryk woordeskat. Die manier waarop die Bybel woorde gebruik, lyk dalk lukraak vir die blote oog, maar dit is so doelgerig en ontsagwekkend vir studente van die Bybel. Kom ons kyk na die eerste sin van vers 9.

“… Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, …”

Vanaf vers 1 sien ons God se oordeel oor diegene wat weier om gehoorsaam te wees en volgens sy weg te lewe. As ons vandag rondkyk na ons samelewing, sien ons mense wat in ongehoorsaamheid leef en ver van God, selfs in die kerk. Dit is mense wie se lippediens een ding sê en hul optrede ‘n ander. Dit kan moeilik wees om te midde van hierdie tipe kultuur te leef. Maar Petrus bied bemoediging aan beide sy gehoor en ook aan ons vandag. Dit maak nie saak wat ons buite sien gebeur nie, ons Vader weet hoe om die GODDELIKE van hulle beproewinge te red.

Let op ‘n sleutelwoord in hierdie vers: GODDELIK. Dit is belangrik om te weet wat hierdie woord beteken. Diegene wat goddelik is, is dié wat aan Jesus oorgegee is. Hulle is die wat nee sê vir die najaag van die dinge van die wêreld, en ja sê om Christus na te jaag, ongeag die prys wat hul moet betaal.

Dit beteken nie dat as jy in Christus is, dan sal alles in die lewe maklik wees, en jy hoef nie swaarkry vir lank te verduur nie. Nee! Dit beteken dat ons vol vertroue kan wees dat die Heilige Gees getrou saam met ons deur beproewings sal wandel. Hy sal ons herinner wat waar is van ons Hemelse Vader en ons help om te volhard. Ons weet ook dat ons eendag ten volle gered sal word wanneer Jesus terugkeer en alles nuut maak. As ons hierdie dinge weet, kan ons vol vertroue wees dat, ongeag wat vandag gebeur, die vermelding van oorloë en werklike oorloë, vervolging en beproewings meer as wat jy kan tel, DIE HERE WEET HOE OM DIE GODVRESENDES VAN HULLE BEPROEWINGS TE RED.

Dit maak nie saak hoe warm die vuur gaan word, of hoe veragtelik ons wêreld raak nie, hou vas aan God. Skyn soos ‘n lig waar jy ook al is.

Ons is nie bedoel om beproewings op ons eie deur te maak nie. Hy reinig ons totdat ons as goud uitkom, totdat dit wat waarlik Syne is oorbly en sonde en die strikke van hierdie wêreld wegbrand. Geen beproewing of vervolging word vermors nie. God het ‘n doel met hulle almal. Die vervolging van die apostels het gelei tot die verspreiding van die Evangelie aan die hele wêreld. As hulle nie vervolg was nie, sou hulle almal in Jerusalem gebly het. Maar toe vervolging begin, het die boodskap van Jesus na die hele wêreld versprei. Wat sinloos of verwarrend in jou lewe mag lyk, gebruik God om sy grootse doelwitte te bereik.

Wees standvastig in sy beskerming. God kan vertrou word. Hy weet wat Hy doen, en Hy sal nie misluk nie.

Kyk wat sê 1 Korintiërs 10:13:

Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

Selfs in beproewings moet ons nie die Woord van God, gebed en gemeenskap met die broeders opsyskuif nie. Dit het ‘n manier om ons te bemoedig en te herinner aan die beloftes en getrouheid van God. Wees standvastig in sy beskerming. God kan vertrou word. Hy weet wat Hy doen, en Hy sal nie misluk nie.

Die vrede van die Here bly rus in en op jou.

Ebos

Week 6 Uitdaging

Kies een area in jou lewe waar jy met ongeduld wag vir verandering of antwoorde. Gee dit aan God en erken sy perfekte tydsberekening. Elke keer as jy voel hoe jou ongeduld toeneem, herinner jouself aan 2 Petrus 3:9 en doen ‘n kort gebed en vertrou dit aan Hom toe.

Week 6 Leesplan

Week 6 Memoriseervers

 

Ebos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse