Die Bron van Alle Vertroosting – Psalms 119:73-80- Week 4

Die Bron van Alle Vertroosting – Psalms 119:73-80- Week 4

deur Joy Forney | Jul 6, 2015 | Love God Greatly Posts, Psalms 119

Hello Dames,

Groete hier uit Uganda. My hart is vol soos ek vandag met julle deel.

klik hier vir die video. 

Vandag is ons in verse Psalms 119:73-80 en daar is so baie rykdom in hierdie verse. Ek sal hulle nie almal kan dek nie, so ek gaan net oor ‘n paar gesels.

Verse 76-77 sê dit: “Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde, soos U my beloof het. Ontferm U oor my, dat ek kan lewe, want ek verlustig my in u wet.”

Die Psalmdigter roep uit na God vir sy guns. Soos ons gesien het in vers 75, hy het God se geregtigheid besit vir sy ellende – wat ‘n groot aangeleentheid is – en vra nou God vir Sy genade

God se troue liefde is 'n vertroosting. Dit is DIE vertroosting {vers 76}. Soos die Matthew Henry kommentaar sê: " Barmhartige siele haal al hulle troos van 'n genadige God, as die fontein van alle geluk en vreugde."

Ek is lief vir daardie woord vertroosting!

Dan gaan dit aan.. “Want ek verlustig my in u wet.” God se woord word ‘n genot – ‘n vertroosting tot ons siele.

So laat ek jou vra:

Waarheen draai jy vir vertroosting? Gee dit vir jou ewige en ware satisfaksie? Of soos Dr Phil sou sê. “Hoe werk dit vir jou?”

My uitdaging vir die week is dit: Draai jou hart terug na die Here en Sy troue liefde. Vra vir Hom vir sy geseënde genade en ondervind Sy troue liefde soos jy lees en mediteer op Sy Woord.

Met Liefde van Uganda,


Week 4 Uitdaging:
Draai jou hart terug na die Here en Sy troue liefde. Vra vir Hom vir sy geseënde genade en ondervind Sy troue liefde soos jy lees en mediteer op Sy Woord.

Week 4 Memoriseer Vers:

Week 4 Leesplan:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse